Transnet-werkers by ontspoorde trein aangeval

(Argieffoto: Transnet)

Transnet moes Vrydag sy werkers onttrek aan ʼn toneel naby Ulundi in KwaZulu-Natal waar ʼn trein ontspoor het, omdat werkers se lewens in gevaar was.

Lede van ʼn gemeenskapsforum het handgemeen geraak weens ʼn geskil wat hulle met Transnet het oor die lewering van toerusting om die ontspoorde trein te herstel. Intussen bly twee van Transnet se spoorlyne gesluit.

Die trein met uitvoersteenkool het Dinsdagoggend tussen die Bloubank- en Nhlazetshe-stasie, naby Ulundi in KwaZulu-Natal ontspoor. Die trein was onderweg na Richardsbaai.

Transnet het die Ulundi-sakeforum genader om die spoorwegmaatskappy van ʼn lys van toerusting en masjinerie te voorsien wat die forum na die toneel kan onplooi om te help met herstelwerk en hoeveel dit sal kos om van hierdie toerusting gebruik te maak.

“Die sakeforum het egter aangedring op direkte kontrakte met Transnet voordat hulle die lys en toerusting wou lewer. Toe Transnet weier, het lede van die forum hul tot geweld gewend, insluitend aanranding van Transnet se werkers, blokkering van paaie en selfs die afvuur van ʼn wapen,” het Transnet in ʼn verklaring gesê.

Die ontsporing kom juis te midde van dreigemente teen Transnet en ontwrigting van sy bedrywighede deur ontevrede groepe wat sakegeleenthede najaag. “Die polisie is tans op die toneel en Transnet het ook sy veiligheidspersoneel en openbare orde- eenheid op die perseel ontplooi.”

Die staatsinstelling sê hy gaan ook kriminele klagte van geweld, peuter met noodsaaklike infrastruktuur en uitbuiting by die polisie aanhanging maak.

Om die impak van die ontsporing te bolwerk sê Transnet hy sal kritieke vragte soos chemikalieë via die hoofspoorlyn tussen Durban en Gauteng vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Waar is Transnet.se toerusting & Kundigheid dan sat hulle die Plasslike Sakeforum miet nader…of verstasn ek verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.