Trokke dalk by Richardsbaai-hawe verbied

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Padvragvervoervereniging)

Vragmotors sal voortaan dalk nie toegelaat word om vrag by die Richardsbaai-hawe af te lewer nie weens die gevaar wat hierdie vragmotors vir openbare veiligheid op die paaie inhou.

Luidens ʼn kennisgewing wat deur Transnet uitgereik is, het opeenhopings op paaie “onbeheerbare vlakke” bereik wat padgebruikers se veiligheid “al maande lank” in gedrang bring.

Transnet het Vrydag gesê hy oorweeg dit om ʼn verbod op vragmotors in te stel om die paaie in die uMhlathuze- plaaslike munisipaliteit te help beveilig.

Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die Padvragvervoervereniging (RFA), sê egter in plaas daarvan om vragmotors te verhoed om vrag af te laai, moet introspeksie gedoen word oor die rede waarom opeenhopings op paaie onbeheerbare vlakke bereik het.

“Die antwoord is eenvoudig. Die spoornetwerk is toegelaat om in duie te stort en nou is die infrastruktuur heeltemal vervalle. Die skuld hiervoor lê volledig voor Transnet se deur.”

Volgens Kelly het Transnet die RFA meegedeel dat die hawe sukkel met verkeersopeenhopings weens ʼn swak bestuurstelsel, en hoewel ʼn besprekingstelsel vir vragmotors geïmplementeer is om orde te skep, neem dit nie al die vragmotors in ag wat deur die hawe beweeg nie.

“Gevolglik, selfs wanneer vragmotors bespreek is, oorskry die tempo waarteen dit op ʼn bepaalde tyd by die hawe aankom soms die tempo waarteen vragmotors [se dokumentasie] by die permitkantore verwerk word. Dit lei tot die opeenhoping van vragmotors buite die hawe se hekke op omliggende paaie en op die N2,” het Transnet gesê.

Die plaaslike munisipaliteit het ook voorheen sy kommer oor die situasie uitgespreek, aangesien hy nie die nodige infrastruktuur het om die magdom vragmotors te akkommodeer nie. Dit veroorsaak verdere logistieke probleme.

Hoewel dit nie ʼn uitgemaakte saak is dat vragmotors voorts verbied gaan word nie, sê Kelly dat hierdie besluit verreikende gevolge sal hê.

“Besighede wat staatmaak op vragmotors sal na ander hawens herlei word of sluit, versendingslyne sal elders heen gaan en inkomste vir die land sal kwyn. Wat sal die werksverliese wees?”

Volgens Kelly het Transnet in sy kennisgewing gesê dat belangegroepe voorstelle kan maak oor hoe die krisis opgelos kan word. Die organisasie het reeds aangedui dat hy ʼn dringende vergadering met sy kliënte en relevante belangegroepe gaan reël om die situasie te bespreek.

RFA se voorstel is dat die hawens en spoornetwerk in private beheer gesit word sodat dit “doeltreffend en volhoubaar” bestuur kan word.

“Die antwoord is private bestuur. Ordentlike mededinging is nodig om te verseker dat goedere deur en uit die land beweeg.”

Die Richardsbaai Transnet- haweterminaal het intussen onderneem om voort te gaan om alles in sy vermoë te doen om in die behoeftes van sy kliënte te voorsien sonder om die voorspoed van sy belangegroepe te belemmer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie Biebouw ·

So Transnet wil vragmotors verbied om aflewrings by hul Richardsbaai-hawe te doen? ‘n Hawe waarvan die bestaan afhanklik is van die vrag wat deurdie einste vragmotors afgelewer word?

Nee maar goed so, dit klink na die tipe kader logika wat van Transnet die dawerende sukses gemaak het, wat hy vandag is.

domheks ·

Hoeveel kaders het trokke wat steenkool vervoer. Sal graag wil weet …

SomeOne ·

alles net die cANCer se skuld, geen treine, geen trokke, geen kos, geen niks, nes die anc is daar niks vir niemand behalwe die reg gering wat alles in hul sakke gedruk het

Oosieoos ·

Beste nuus wat ek nog ontvang het kry net jul spoorstelsel wat julle vernietig het in orde

M ·

‘n Tou het 2 kante …..Die voordeel-kant is beslis dat die pragtige nuwe paaie nie meer uitmekaar-voos gery word deur ( meestal/soms ) oorlaaide Vragmotors nie.
Aan die ander-kant ( na die Rugby… ‘n sensitiewe woord vir gebruik nê? ) sal die Ekonomie daaronder swaarkry. Soos die mense in Engels sê : “Catch 22 situation” ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.