Tshwane-metro dien strafregtelike klagte teen EFF in

Die veelparty-koalisieregering in die Tshwane-metro het Dinsdag strafregtelike klagte teen EFF-raadslede ingedien.

Klagte van intimidasie, ontwrigting en kwaadwillige saakbeskadiging is aanhangig gemaak nadat EFF-raadslede, wat deel is van die veelparty-koalisieregering, aggressief en gewelddadig opgetree het tydens die spesiale raadsvergadering wat verlede Donderdag gehou is.

EFF-lede het die vergadering ontwrig deur raadseiendom te beskadig, elektroniese apparate uit te ruk en stoele rond te gooi.

“Die optrede van die EFF is onaanvaarbaar, aangesien geen party die reg het om die werk van die raad te ontwrig en inwoners die geleentheid te ontsê om die stad se begrotingsrede aan te hoor waarin ons ons planne uiteensit om dienslewering vir die jaar wat voorlê te bevorder nie,” het die veelparty-koalisieregering in ʼn verklaring gesê.

Grandi Theunissen, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metro, het gesê daar is klagte teen verskeie EFF-lede en die party se koukusleier, Obakeng Ramabodu, aanhangig gemaak.

Volgens Theunissen is daar ook klagte van aanranding, diefstal, intimidasie en die uiter van doodsdreigemente ingedien.

“Die klagte sluit ook in die verhaling van koste wat aangegaan is om die onwettige betoging in die strate rondom die Tshwane-metro se hoofkantoor te polisieer. Dit is aangesien die betoging beskou word as ʼn oortreding van ʼn hofbevel. Daar moes ook bykomende veiligheid verkry word binne die raadsaal vir die beskerming van raadslede en eiendom.”

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: EFF)

Die veelparty-koalisie sal ʼn verdere klag by die Menseregtekommissie (MRK) en die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) aanhangig maak.

“Die klag wat by die MRK ingedien sal word, omvat vermeende dreigemente van die EFF se nasionale leier, Julius Malema, om die Tshwane-metro ‘onregeerbaar’ te maak.

“Hy het glo gedreig om geweld onder sy lede aan te wakker, terwyl die klag by die OB sal handel oor die EFF se ondermyning van die demokrasie van Suid-Afrika.

“Die VF Plus sal nie langer die oproer en misdadige optrede van die EFF en sy leierskap duld nie.

“Daar sal op elke moontlike vlak teen sulke mense opgetree word. Dit sluit in dissiplinêre en siviele optrede om te verseker dat die demokraties verkose veelparty-koalisie sy mandaat kan uitvoer.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Andries ·

Hulle tjank demokrasie, maar hulle kan die woord nie spel nie of deswaardig (soos die stelsel vereis) optree nie.

Manney ·

Brake, Steal, Destroy, Intimidate, Us of Foul language by EFF but please do NOT urinate on a students belongings at the University of Stellenbosch.

Waarnemer ·

VF julle poep teen wind.Die regering beheer die polisie.die regbank sowel as die mmrk.so wat baat julle klagtes julle.Hulle gaan nie hulle boeties vervolg nie.

Di ·

Wat ander kan jy verwag van hierdie patetiese spul! Mens kan jy sien wie hulle leier is! EFF is by BAIE meer onderduimse dinge besig on die land onregeerbaar te maak

Marius ·

Dit gebeur oral, selfs in die parlement, en hul kom nog altyd weg daarmee. Klomp patete !!!!

Burgermeester ·

Dit is mense soos die EEF wat parlementêre verrigtinge na ‘n sirkus laat lyk. Wanneer gaan die klomp besef dat hulle vir die burgers werk, en nie ons vir hulle nie … klomp ‘spanners’.

Henri ·

Hoekom kan die EFF nog twiet op Twitter, maar Donald Trump se rekening is gesluit? Lê ‘n klag van aanhitsing van geweld by Twitter om hulle rekeninge te sluit en maak hulle sodoende stiller en stiller en stiller. Die media gee die EFF gratis dekking om hulle anargie aan te blaas.

Nie Verbaas ·

En waar was Cele se nuttelose trawante terwyl alles gebeur het? By Kentucky? Niks sal aan EFF gedoen word nie want niemand het die ruggraat om die pateties vandalis Malema en kie in die bek te ruk nie, nê Ramaphosa?

piet ·

Om te dink dat 11% van die stemgeregtigdes vir die EFF stem. Om dit in perspektief te stel, dis die helfte van die DA se stemme en die EFF groei steeds. Reeds die 3 de grootste politieke party in die land. Mind blowing.

Witbaard ·

EFF is soos n stout kind wat “tantrums” gooi as hy nie sy sin kry nie. Toonbeeld van hulle onvolwassenheid.

Althes ·

Dankie dat jul ñ strafregtelike klagte ingedien het. Suid-Afrika het genoeg probleme as om nog kinderagtige anargiste toe te laat om te maak wat hul wil.

Hettie ·

Die hele regstelsel is bang vir Julius en alle sake teen hom se uitslag is gewoonlik ” uitspraak voorbehou ” tot dit nie meer van belang is nie !!

marbacca ·

Die EFF is meer terroriste organisasie as politieke party en hoort waarlik nie in ons regeringsaparatus nie…

Jakes ·

Ek sal graag vir Malema maniere wil leer maar selfs dit is totaal onmoontlik. Hoekom moet daar mense wees wat n totale gebrek aan n IK het en dan nog n sogenaamde ondersteuners basis het.

Papsak ·

Ag daar word tog niks aan EFF EN SY KADERS gedoen nie MLEMMA dink mos hy onaantasbaar se wat hy wil doen wat hy wil almal bang vir hom gemors

Samuel ·

Malema is onaantasbaar. Vriend van top ANC politici. My persoonlike opinie is dat tot in die howe is mense bang vir die Malema.

Harley Davidson ·

Daar sal niks van kom almal in sa is nie gelyk onder die wet nie ‘n voorbeeld is Zuma,malema,ndlosi wat het van hulle aanranding en diefstal sake geword?

Heinrich ·

Reg so, hierdie terroriste het geen respek vir beskaafde beginsels nie.

Manie ·

Dis al waarvoor die EFF goed is, om alles om te krap, hulle het nog nie 1 goeie ding sedert hul ontstaan kon doen nie.

Blikkies ·

Die EFF was nog nooit en sal ook nooit ‘n politieke party wees nie en hulle is en was ook nog nooit ‘n werkers unie nie. Hulle is net ‘n armsalige kriminele bende en bloedsuiers wat verban moet word! Die EFF het nog niks van waarde of enige iets positief toegevoeg aan sy eie lede, of mense of die land nie. Die ANC laat toe dat hierdie misdaad bende die land se mense teister en enige wette oortree net soos hulle wil sonder vervolging. Niemand gaan die skurke stop nie.

Blikkies ·

So goed jy probeer redeneer met ‘n leë dop. Daar gaan nie eers ligte aan daar bo nie, wat nog van iemand daar wees.

Gert ·

Ek sou net wil weet daar was baie meer amptenare as eff skollies. Groei ‘n ruggraat en foeter die klomp moeilikheid makers goed op en as dit aanhoudend gebeur gaan hulle die nonsens stop. Die eff was tjoepstil vir ‘n tyd nadat hulle pak gekry het by Brackenfell

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.