Tshwane-metro se begroting moet volhoubaarheid verseker

(Foto: @CityTshwane/Twitter)

Die Vryheidsfront Plus sê die goedkeuring van die Tshwane-metro se aansuiweringbegroting vir die 2022/’23-finansiële jaar – wat met stampe en stote gepaard gegaan het – is ʼn groot oorwinning vir die koalisieregering.

“Daar kan nou op basiese dienslewering en die metro se finansiële volhoubaarheid gefokus word,” het Awie Erasmus, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metro gesê.

Erasmus sê R50 miljoen is in die aansuiweringsbegroting bewillig om debiteure-invordering te doen om sodoende die debiteurelas te verminder.

“Die stap sal ook help om die metro se finansies te stabiliseer.

“Die party verwelkom ook besparings van Covid-19-uitgawes, die vermindering van donasies en die skryfbehoeftebegroting wat met R3 miljoen gesny is.”

Maroela Media het vroeër berig dat die metro vroeër vandeesmaand gesukkel het om die begroting goedgekeur te kry, wat die risiko verhoog het dat die metro onder administrasie geplaas word.

Cilliers Brink, burgemeester van die Tshwane-metro, het toe gesê daar is doelbewuste pogings om toestande te skep vir die Tshwane-metro om onder administrasie geplaas te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

M ·

Mnr Celliers …. …. baie geluk met u uitstekende optrede tot nou toe…. Dit is, binne die gegewe tyds-raamwerk, uitmuntend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.