Twee SA’ners in Israel-Palestina-konflik dood

Israeliese gevegsvoertuie op die grens tussen Israel en Gaza. (Foto: Jack Guez/ AFP)

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het bevestig dat hulle in kennis gestel is dat twee SA’ners dood is in die voortslepende konflik tussen Israel en Palestina.

“Ons is besig om die identiteit van die oorledenes te bevestig. Dit wil op hierdie stadium lyk of een van die oorledenes ʼn Israelse ID-nommer het, so die slagoffer het moontlik dubbele burgerskap gehad,” het Clayson Monyela, woordvoerder van Dirco, aan Maroela Media gesê.

Israel is sedert die naweek in ʼn oorlog met Palestina gewikkel nadat die Hamas-terreurgroep ʼn verrassingsaanval op Israel geloods het. Meer as 1 200 mense in Israel en 1 500 in Gaza het die afgelope week in die konflik omgekom.

Verskeie Suid-Afrikaners is skynbaar ook in die konflik vasgevang.

“Ons wil graag ons medelye aan die familie en geliefdes van die slagoffers betuig,” het Monyela gesê. “Ons konsulate in Tel Aviv [in Israel] en Ramallah [in Palestina] bied tans ondersteuning aan die families van die Suid-Afrikaanse burgers in Israel.”

Maroela Media het vroeër die week berig dat Suid-Afrikaners in ʼn dorp honderde kilometer van die gevegte af, hul huise aan vlugtelinge van grensdorpe oopmaak. Een van dié Suid-Afrikaners het Vrydag weer gesê vlugtelinge kom steeds in sy dorp aan, hoewel dit al minder word. Inwoners van dié dorp, waarvan die naam weens veiligheidsredes weerhou word, beleef nie tans eerstehands enige gevegte nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Dit word maar net weer duidelik dat daar groot verskille tussen rasse, godsdienste en ideologie is en dat dit mense dryf’en aanspoor tot aksie. Sulke dryfvere in ingebed. Selfs in SA bestaan groot verskille tusen volke en rasse en godsdienste. Christene het feitlik afgesien van sendingwerk. Die Nuwe Orde wil almal tot eenheid dwing vir ‘n Babelse staat met een geloof en opset soos teen dit waarteen die Vader standpunt inneem en optree. Wie sal wen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.