Tweede brand rig selfs meer skade aan

Strukturele ingenieurs en forensiese kenners behoort die perseel binnekort te besoek. (Foto: Stad Kaapstad)

Die brand by die parlement is eindelik in bedwang gebring, amper twee dae nadat dit uitgebreek en verwoestende skade aangerig het.

Die parlement het Dinsdagoggend bevestig die brand is geblus, nadat dit laat Maandagmiddag opnuut op die gebou se dak opgevlam het. “Die brand is gistermiddag aangevuur deur sterk suidoostewinde en dit was nodig om swaargewig brandbestrydingstoerusting, ook vanuit die lug, in te span. Brandbestryders het tot middernag gewerk om die brand te blus,” het Moloto Mothapo, parlementêre woordvoerder, Dinsdag gesê.

“ʼn Afname in windsterkte het brandbestryders ook in ʼn gunstige posisie geplaas om die vlamme te blus.”

Brandbestrydingstoerusting is gevolglik aan die toneel onttrek en slegs ses van die tien brandweerwaens is tans op die toneel. “Ons hoop dat selfs meer voertuie deur die loop van die oggend onttrek sal word,” sê Mothapo. Brandbestryders gaan steeds op die toneel bly om ʼn oog oor verskeie dele van die gebou te hou.

Lugfoto’s wat Maandag geplaas is, wys die grootskaalse skade wat reeds aan die parlementêre gebou aangerig is. Die deel van die gebou wat die Nasionale Vergadering huisves, was toe reeds heeltemal in die brand verwoes.

Die tweede brand het egter nóg meer skade aangerig, sê Mothapo, en nog verdiepings, wat deel van parlementslede se kantore uitmaak, is heeltemal verwoes. Die dak van die gebou waar die tweede brand uitgebreek het, is ook in puin gelê.

“Met dié dat die vuur nou geblus is, verwag ons dat die werk van onder meer die ingenieurs, wat gister opgedaag het om die skade te bepaal, binnekort sal begin. Ons wil brandbestryders weereens bedank vir die fantastiese werk wat hulle gedoen het om die brand in bedwang te bring.”

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Marius ·

Nog ‘n geskiedkundige landmerk daarmee heen en biljoene rande gaan dit nie tot ere kan herstel nie.

efjy ·

Hoekom is die “swaargewig toerusting, asook uit die lug nie van die begin af gebruik nie? Of was dit nie nodig nie?

Samuel ·

Dit is ‘n tragedie, maar dit skep gulde geleentheid vir nabye familie en vriende van kaders om hulself te verryk ten koste van die belastingbetaler. Die miljarde wat nodig is vir die herstelwerk gaan ook nie na die projek gekanaliseer word voor van die geld verdwyn nie. Tydlyn? Tien jaar +.

Truthful ·

Stroop die hele gebou….so jammer…hierdie hele ding het .n hengse storie wat ons gaan skok..maar dan sal ons weer genees en nog geboue gaan afbrand en nog en nog en dan sal ons dit maar net aanvaar want dis Africa

annie ·

Hoe gaan die woord ‘parlement’ voortaan gebruik word, siende dat SA nou nie een het nie? En waar gaan dit setel? Soos sake nou staan is ons parlementslede ‘homeless’. Die DA in die Kaap kan dalk charity bewys met die beskikbaarstelling van die ou stadsaal, nog ‘n koloniale baken. Een van die ou sirkustente van Wilkie kan opgeslaan word. Die bedrywighede binne sal nie veel verskil nie met baie narre en gewaagde toertjies wat ‘n vangmat benodig en die alomteenwoordige olifant in die kamer…

Politikus ·

Kan nie help om te wonder of hierdie dalk rondte twee van die “insurrection” van Julie 2021 was nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die afgebrande parlement van die ANC se Mzansi National Democratic Society Useless Animal Farm is nou ‘n wonderlike toeriste besienswaardigheid. Dink net aan al die buitelandse valuta van die toerisme wat voorspoed vir al SA se mense gaan meebring!

Wie is die wagters op die mure om te verseker dat die Uniegebou nie ook binnekort tot ashoop verval nie?

Visentjips ·

…wonder oor die veiligheid en infrastruktuur by die Unie-gebou in Pretoria, die Hoëgeregshof, die Museums ens.

Richard ·

Nee wat. Dis tyd dat die parlement maar na Tshwane toe gaan. Ons hier in die Kaap kan doen sonder die gespuis.

koos ·

Vraag is eerder: gaan ons die parlement mis? Dis dieselfde onbevoegde gespuis wat zuma in die kussings gehou het.

My siening ·

Daar is nou meer mense betrokke volgens polisie, begin sommer met die zumas wat dit opgesteek het op twitter, aan hits van misdaad is moet gestraf word!

Strandloper ·

As jy in Rome is doen jy dit soos die Romeine. In Afrika brand jy alles voor die voet af.

Susan ·

Wat ‘n tragedie! Dit is nie net ‘n gebou nie, dis een van Kaapstad se praggeboue wat nog altyd deur vorige regering se ministers en parlementslede met respek en ontsag behandel is. Ongelukkig is dit nie meer die geval nie, selfs voor die brand het die huidige parlementslede daar binne tekere gegaan asof dit die binnekant van ‘n sirkustent is. Dink aan die kere wat hulle met aggressie aan mekaar gestamp en gestoot het, en selfs met skoene en al op die mooi houtbanke geklim het!? Hierdie gebou sal nooit weer dieselfde wees nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.