Uitspraak later vandag oor Roets se vlag-twiet

Ernst Roets buite die hof.

Uitspraak word later vandag in die gelykheidshof in Johannesburg verwag, waar AfriForum se hoof van beleid en aksie, Ernst Roets, op ʼn aanklag van minagting van die hof teregstaan.

Die Nelson Mandela-stigting het ʼn klag teen hom aanhangig gemaak, nadat Roets vroeër ʼn foto van die ou landsvlag op sosiale media geplaas het, kort nadat die gelykheidshof beslis het die vertoon daarvan – in sekere kontekste – kom neer op haatspraak.

“Het ek nou net haatspraak gepleeg?” het Roets se inskrywing saam met die foto op Twitter gelui.

Die NMS het die hof versoek om Roets tronkstraf op te lê.

“Die NMS voer aan dat hulle dié saak dryf om versoening te bevorder. Tog eis hulle nou dat ʼn burgerregteaktivis in die tronk gestop moet word oor ʼn twiet,” het Roets gesê. “Dié gedrag is nader aan fascisme as aan versoening. Daar is baie krisisse en pyn in hierdie land. Die NMS kies egter om dit te ignoreer en hom eerder op die onderdrukking van burgerlike vryhede toe te spits – boonop kwansuis in die naam van Nelson Mandela.”

Roets se verweer is dat hy bloot ʼn akademiese vraag as doktorale student gestel het. Die stigting glo egter dat die plasing onder die voorwendsel van akademiese debat gemaak is.

Die klag is teen Roets én AfriForum aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Francois ·

Wat reken julle gaan die hof se…?
Ek skat hy gaan ten minste beboet word.

Stefan Kruger ·

Beboet en gemeenskapswerk in Soweto skat ek.

En wat kry Malema vir sy haatspraak? Hoekom word hy nie ook beboet tesame met gemeenskapswerk in Orania?

Thinus ·

Die NMS is net so ‘n klug soos die HRC. Laasgenoemde moet hul naam verander van Human Rights Commision na African Rights Commision a.g.v. hulle bubbele standaarde want hulle vind omtrent elke blanke skuldig en spring vinnig op hul agterpote om sogenaamde rassisme te straf. As dit by Julius, Andile en ANC kom is hulle tjoepstil. Dit laat die vraag, is hulle nog relevant in Suid Afrika of net nog ‘n stomp ANC tool?

JohanL ·

Thinus is heeltemal reg. Ek het die (A/H)RC via e-pos in begin van die jaar oor hul bevindinge gevra in die Schweixer-Reneke juffrou se saak. Een of twee keer het die voorsitter van die Noordwes tak gereageer en aangedui “hulle is nog besig met die ondersoek”. Vanaf poging 3 en verder word my e-pos nie meer beantwoord nie en ek sien verder daar is NIKS oor die betrokke saak op hul webwerf nie. Dit bevestig jou kommentaar.

James ·

Maar Vader help ons. Malema kan se wat hy wil op sy twitter

Lana ·

As die hof volgens FEITE werk en NIE volgens POLITIEK – sal Roets ongetwyfeld skotvry uitstap.

Stuiwer ·

Om versoening te bevorder? Maar hulle verdeel net verder? Wat ‘n grap!

Hanna Hoekom ·

Die klomp stel nie in versoening belang nie. Hulle wil vergeld! Groot verskil.

Judge Dredd ·

Die regering/menseregte kommisie/Nelson Mandel Stigting het duidelik ‘n agenda om wit mense te onderdruk.
Dieselfde agenda word al hoe meer duidelik in howe toegepas wat al hoe meer sy onafhanklikheid verloor.
Die enigste manier om die situasie om te draai is vir wittes om hul oe oop te maak, saam te werk/mobiliseer en situasie tot op internasionale vlak te eskaleer.

Ek sal verbaas wees as die hof nie TEEN Roets beslis.

SjN ·

Daar is belangriker dinge wat aandag moet geniet in die howe.

Joubert ·

Vir almal wat sê: Maar Malema kan dit… en Malema kan dat… kom asb. by. Daar is nie iets soos regverdigheid en gelykheid op hierdie aarde nie. Daar is net mense wat die mag het, en mense wat nie die mag het nie. Versoening is ‘n pipedream. As jy nie domineer nie, word jy gedomineer. Ons het met die hulp van die politieke verraaiers van die 90’er jare ons mag weggegee. Ons moet nou weer planne maak om dit terug te kry, daar is nie ander alternatiewe nie. Die wat nie met my saamstem nie, julle is welkom om onder die ANC en kie voort te leef, maar ek wil nie.

Regs! ·

Jy is reg Joubert! Die mense moet ophou dink regverdigheid sal geskied in die land! Ek wil ook nie onder die anc vertrap word nie.

Pieter ·

Dit is ons eie skuld praat gaan ons niks help nie kom ons bly net vir twee dae by die huis dan sien ons wat gebeur ons kan dit nie eers doen nie so nou moet ons maar so aan karring en die anc en sy pelle los dat hulle maar met ons mors want dit is presies wat hulle doen

Fanie ·

Joubert, jy slaan die hammer op sy kop! Ek wil ook nie onder hierdie vrot eier reggeering leef nie. Hulle verdien nie my belasting geld nie. En ek will ook nie my land van geboorte op gee nie. Die leiers van die 90s het ons uit verkoop. Hulle kom beter planne gemaak het. Die reenboog nasie is en was ‘n grap. Kan nie glo dat soveel Afrikaners daar voor geval het nie. Ons kort grand, ons eie Afrikaner grond.

ap ·

geweet julle sal dit nie pos nie , kom ons bring die waarheid uit , land is in n gemors danksy anc malema , bflf , noem maar op

Anni ·

So by the way, Wat het geword van daai BLF se haar spraak aanval? En di haatspraak Wat di guidige vlag op my het? Ek het ni daarvoor gestem ni. Ek raak so gatvol vir hierdi land en Sy ander Wat kan maak Wat hul wil, Maar Ons mut stil Bly en aanvaar. As jul iemand sien met n landsvlag hemp, Weet dis ek.

Ellisras ·

Onskuldig. Ek sou graag vit die Nelson Mandela daai woord wou sê wat die verslaggewer vir Julius Malema gesê het. Maar ek mag seker nie.

Dr Phil ·

“There are two types of people in this world: those with loaded weapons – and those who dig…”
(Uit “The Good, The Bad and The Ugly”)

humor ·

Daar wag n groot ontnugtering op hierdie sg. nms. As hulle Roets tronkstraf gaan ople gaan net presies die teenoorgestelde gebeur. Daar sal n ontploffing in die groei van ledetal plaasvind.

D B ·

Ha ha ha ha, Roets het die saak gewen…nou gaan die poppe daans, want die vlag “wapper” nogsteeds hoog…

Jerry ·

Baie mooi vir jou Roetsie dat jy die saak gewen het, want het jy die netelige ou sakie verloor en n kriminele rekord gekry, dan was jy jou job nou kwyt by afriforum.

ap ·

hoekom volg hulle hom kry eerder die “engeltjies” wat by staatskaping genoem word , belastingbetalers het al 365 Mil aan dit ook betaal. Skande trump hulle was reg ….. tweede zim

humor ·

Iemand se sieklike oordrewe apatie jeens Afriforum en self persone is al lankal reeds vervelig. Vlug buiteland toe en gaan wees gelukkig. As dit moontlik is want dit blyk inherend te wees waarvan jy in geen omstandighede sal loskom nie.

jaco ·

waarom kan ons mense nie net stilbly en hulle lot aanvaar nie? sulke gedurige gekla en uittarting lei net later tot gevolgtrekkings wat sê “alle wit mense is mos so” en dan word ons almal gestraf. Moenie dink dit kan nie gebeur nie: in 1994 is 1 miljoen Tutsi’s, deel van n minderheidsgroep, in Rwanda deur die Hutu’s, die meerderheidsgroep, uitgemoor. alles binne net 1 maand
En onthou ook maar wat “beskaafde” Duitsers, wat na Bach en Beethoven geluister het, aan 6 miljoen Jode gedoen het.
My raad:
1. bly stil en aanvaar jou lot
2. Probeer self wegkom na n heenkome in n ander land
3. as jy nou moet praat, agiteer dat ons wit regte ingekort word en dat ons of gedwing word in n wit tuisland in, OF dat ons asseblief gedeporteer word na ons lande van herkoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.