Vakbonde skop teen afleggings by SAL

Argieffoto van ‘n Cosatu-betoging deur lede van Numsa

Die vakbond vir metaalwerkers in Suid-Afrika (Numsa) en die Suid-Afrikaanse vereniging vir kajuitpersoneel (SACCA) sê hulle sal nie afleggings by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) aanvaar nie.

In ʼn gesamentlike verklaring sê Numsa en SACCA daar is nie vooraf met hulle beraadslaag oor afleggings nie, want daar is tot op hede nog geen sakereddingsplan vir die lugredery uitgereik nie. Hulle beskou dit as ʼn klaaglike mislukking aan die kant van die sakereddingspraktisyns.

Die lugdiens se sakereddingspraktisyns het ʼn voorstel ingedien om die arbeidsmag van die SAL in sy geheel te ontbind. Vakbonde asook werknemers wat nie aan ʼn vakbond behoort nie, het nou tot 24 April om die ooreenkoms te aanvaar.

Die lugredery is diep in skuld gedompel en reeds in Desember in sakeredding geplaas. Die regering het boonop verlede week die lugredery se aansoek om R10 miljard bykomende befondsing afgekeur. Die SAL se finansiële penarie is daarbenewens vererger deur die gevolge van die Covid-19-pandemie. Analiste sê nou dit laat sakepraktisyns met geen ander keuse as om die SAL te laat likwideer of werknemers af te dank nie.

Die vakbonde sê hulle is glad nie geken in die ontwikkeling van ʼn sakereddingsplan nie. “Nou word ʼn gesamentlike ooreenkoms aan ons voorgehou wat heeltemal strydig is met pogings om die SAL te red. Dit is teen dié agtergrond wat ons die voorstel verwerp,” sê die vakbonde.

SACCA en Numsa sê hulle is tans in gesprek met die regering en aandeelhouers in die lugredery en is oortuig die SAL kan en sal gered word. “Ons sien dus geen nut daarin om werkers aan hierdie gruwelike planne bloot te stel as daar nie eens ʼn sakereddingsplan is nie.”

Intussen het die DA ʼn beroep op sakeredders gedoen om die SAL te laat likwideer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gemaskerde Sopbeen

Beste NUMSA en SACCA. Ek het diepe begrip en empatie met al die mense wie werk gaan verloor en die slegte gevolge daarvan. My vraag aan julle is dit. Het julle enige konstruktiewe en werkbare alternatief anders as dat publiek ‘n bankrot SAL moet finansier?

Nie Verbaas

Vakbonde, waar was julle toe ANC SAL wanbestuur het? Vanaf 2011 het SAL teen n verlies geloop. Hoekom is daar nie toe al ingegryp om julle lede te beskerm nie?

Frans

Die vakbonde verstaan nie die funksionering van ‘n besigheid nie.Die SAL het selfs onder gunstige omstandighede gesukkel om mededingend te wees in ‘n uiters kompeterende mark.Hulle besef nie dat die SAL nie in ‘n sentrale ‘hub’ geleë is nie soos bv in Europa of Amerika en dat daar strawwe mededinge
op alle winsgewende roetes is nie.

Tog dring hul steeds op verhogings aan en verstaan nie dat die SAL bankrot is nie.

Anoniem

Dit is jammer dat mense nou hul werk gaan kwyt wees maar dink daaraan dat SAL nie die enigste is nie. Duisende ander werkers gaan ook hulle werk verloor en ek is waarskynlik ook een van hulle, maar ongelukkig is dit die verloop van die lewe en ek se dit want pensioen het ek nie ek sal maar ook aangewese moet wees op sassa. Die mense moenie nou dat unies vir hul voorskryf nie. SAL bied jou nou die geleentheid om n skeidingspakket te kry. Kom ek vertel jou wat jare terug met my gebeur het. Ek het vir n… Lees meer »

Strandloper

Voel so jammer vir almal. Dalk net dalk moes hul daar aan gedink het met die vorige verkiesing…