Veiligheidswag maak alarm oor pasgebore baba

Die ingang na die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Soweto. (Foto: Thabiso Makelo/Panoramio)

ʼn Wakker veiligheidswag van Soweto het vandeesweek voorkom dat twee babas moontlik deur die verkeerde ouerpare grootgemaak word nadat een van die pasgebore babas saam met die verkeerde ouer uit die hospitaal ontslaan is.

Gesondheidswerkers by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal het Dinsdag ʼn 35-jarige ma uit die hospitaal ontslaan, min wetende dat hulle die verkeerde baba saam met haar huis toe stuur.

Motalatale Modiba, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê dié ma het die vorige dag [Maandag 17 April] geboorte gegee en is Dinsdag saam met haar baba ontslaan.

ʼn Veiligheidswag by die hospitaal het egter opgemerk dat die babaseuntjie se naamkaartjie nie ooreenstem met die ma se naam nie en dit dadelik onder verpleegpersoneel, wat nie die standaardbedryfsprosedure gevolg het nie, se aandag gebring.

Die ma is egter steeds met die baba huis toe.

“Ná verdere ondersoek het dit geblyk dat die ma wat ontslaan, wel met die verkeerde baba huis toe is,” sê Modiba.

“Die ma en baba is op dieselfde dag, enkele ure nadat sy ontslaan is, by haar huis gaan haal en weer hospitaal toe geneem. ʼn Ondersoek van die baba is gedoen voor hy met sy biologiese ma herenig is.”

Volgens die departement was die 31-jarige biologiese ma van die baba nog in die hospitaal toe haar kind saam met die verkeerde familie huis toe gestuur is.

“Albei families ontvang traumaberading om hulle te help om die voorval te verwerk,” sê Modiba.

“Die onderskeie families het ook ingestem tot DNS-toetse om die saak af te sluit.”

Die departement erken ook dat hospitaalpersoneel nie die korrekte prosedure gevolg het toe die ma en die baba ontslaan is nie.

Die departement het onderneem om stappe oor die nalatigheid te doen.

“Ons is dankbaar vir die veiligheidswag se paraatheid, anders kon die situasie veel erger gewees het,” sê Nomantu Nkomo-Ralehoko, Gautengse LUR vir gesondheid.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief wat vir die families veroorsaak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Janice ·

So as hulle nie die standaard prosedure in die geval gevolg het nie, is daar 100% kans laat dit die norm is. Hoeveel ander pasgebore babas is al saam met die verkeerde ouers huis toe gestuur waarvan niemand bewus is nie?

Magda G ·

Die personeel het seker weer net gesit en niks doen nie. Waar is die dae toe alle info deeglik nagegaan is. Dankie aan die beampte at die fout gesien het

Cherokee ·

Eintlik bloot logiese werk, dink ek.
Hy moes natuurlik seker maak dat die ma en baba se name ooreenkom, wat nie die geval was.

De Bok ·

Cherokee, jy is reg. Ongelukkig is daar in vandag se tyd so min mense wat hulle normale pligte nakom, dat ons nou maar die mense prys wat bloot hulle werk doen.

Johanna ·

Mooi so. Die wag doen toe verpleegsters se werk. Dit gaan daagliks so dat verpleegsters swak is

Marina ·

Ek het in 2010 in n plaaslike hospitaal in Limpopo verpleeg (verpligte gemeenskap jaar) en ons het 80% van die tyd nie eens naambandjies gehad nie. En toe ruil een ma haar pasgebore babadogterjie met n seuntjie om net voor sy huis toe gaan… Gelukkig kom die ander ma dit agter toe sy uit die badkamer uit kom en maak alarm. Die babas het by die mammas in gedeelde kamers geslaap. In daardie gemeenskap het die mans seuntjies verkies. Ons het heelwat weesbabas (almal dogtertjies) en weggooi-babas versorg totdat daar vir hulle plek in kinderhuise gevind kon word. Ai, mens raak lief vir daardie babatjies!

Cherokee ·

‘Ai, mens raak lief vir daardie babatjies!’
Jy skep liefde Marina, vir jou ook, met daardie mooi woorde.

Sokrates ·

“Ons vra om verskoning vir die “ongerief” wat vir die families veroorsaak is..” Ongerief? Asof n koppie tee per ongeluk omgestamp is? Nee, dis eerder n hoogste vlak van professionele nalatigheid en uiterse skending van respek en menseregte wat hier plaasgevind het. Dis waarvoor verantwoordelikheid geneem moet word.

Andrè ·

En dit is die lot van die mense met die “wonderlike”NHS

Suzette ·

Swak? Onnosel verby. Maak die sekuriteits wag Hospitaal bestuurder

SomeOne ·

laat ons ons doodlag, hoeveel babas is nie al aan die verkeerde ma gegee nie, verskeie verpleeg personeel, kan maar net lag vir hul vermoëns

Cherokee ·

‘Albei families ontvang traumaberading..’
siestog! Wat traumabehandeling is weet ek nie,want dit is ‘n uitvindsel wat nie bestaan het in my grootword jare. As daar so iets was, sou die onderwysers behandeling moes ontvang het.

Anonymouse ·

Sjoe. Net omdat dit nie daai tyd bestaan het nie, beteken nie dat dit nie nodig is nie. Ek kan nie verstaan hoekom ons almal altyd dink daar is ‘n trofeetjie vir ons aan die einde van ons lewens as ons ekstra tough was nie. Ons het op ‘n stadium vrouens as hekse ook verbrand, en lobotomies beoefen, en niemand dink vandag dit was ‘n goeie ding nie.

Johann ·

Welkom in die huidige RSA waar chaos en onbesonne onbekwaamheid deel is van die standaard disfunksionele land.

Euodia ·

Wat ‘n oplettende veiligligheidswag! Hy verdien ‘n bonus!! Is daar nog van sy kaliber iewers? Miskien moet hy ‘n “joppie” kry in die regering.

Nettie ·

‘n Veiligheidswag het die verpleegsters se werk verrig? Miskien moet hy bevordering ontvang, en hulle moet dalk weer vir opleiding gestuur word?

Sterkte aan die twee mammas. Dis erg genoeg om ‘n nuwe mamma te wees, om nog so iets deur te gaan kan nie maklik wees nie.

Andries ·

Die departement het onderneem om stappe oor die nalatigheid te doen.EK WONDER OF DIT SAL GEBEUR

Lillian ·

Hoeveel ander het dit al mee gebeur want lbs weet mos niemand volg prosedures nie, almalaak nes hul wil in die staatsdiens

Petrus ·

1.Die veiligheidsbeampte verdien ‘n trofee.
2.Mits die oortreders krimineel vervolg word, gaan dit ongetwyfeld herhaal word.
!!Dit gaan oor menselewens.

Harley Davidson ·

Dit is lagwekkend hoe die bevoegdheid verslegtende het ek glo Baragwanath hospitaal en die mense wat daar behandel was was beter daaraan toe in die apartheid era.

Di ·

DIT is die gevolge van onbevoegde, lui mense at in poste aangestel word. Meeste van hulle sit net daar en wag vir die volgende salaris dis hoekom die diens so pateties is

Ronél ·

Skrikwekkend en onvergeeflik, geen verskoning sal dit regverdig nie.

Kobus ·

Dis vreemd dat die twee ma’s nie agtergekom het dat hul babas verskil nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.