ʼn Vermeende aanvaller is Woensdag vroegoggend doodgeskiet toe hy en vermoedelik nog vyf makkers op ʼn plaas in die Kirkwood-omgewing in die Oos-Kaap toegeslaan het. Die plaaseienaar en sy seun is tydens die aanval ernstig beseer.
Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê vyf gewapende mans het na wat verneem word omstreeks 02:30 die plaas betree. Die verdagtes was met een vuurwapen en messe gewapen. Hulle het die eienaar van die plaas en sy familie oorval.
“ʼn Struweling het tussen die eienaar en die aanvallers uitgebreek. Een van die verdagtes is in die proses doodgeskiet en een is gewond,” sê Nkohli.
Die res van die aanvallers het in ʼn silwerkleurige Toyota Avanza gevlug.
“Die polisie het vinnig gereageer en kort ná die aanval drie van die verdagtes in hegtenis geneem. Hulle het ook die Avanza in die Kariega-gebied opgespoor en daarop beslag gelê.”
Die eienaar, sy seun en die beseerde aanvaller is op die toneel vir hul beserings behandel.
Die polisie se gespesialiseerde eenhede en lugmag is tans besig om die res van die aanvallers te probeer opspoor.
Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het bevestig die plaaseienaar is tydens die aanval ernstig beseer en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Hy is tans in ʼn kritieke toestand en moes ʼn noodoperasie ondergaan.
Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord. Die drie verdagtes wat vasgetrek is, sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Kirkwood verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Nou gaan die pa en seun verseker aangekla word vir moord. Ai ai ai
Good. I don’t get why any criminal should be hospitalised.
Hope the father will be okay though.
Dit is reg so stuk vir stuk veg die boere terug. Sterkte aan die Pa in die Hospitaal!!!
Nog ‘n aanval afgeweer dis al hoe die skelms gaan leer om boere uit te los. Goed gedaan hoop julle word gou gesond
Ek haal my hoed af vir dapper mense wat opstaan teen geweld en moordenaars op hulle neuse laat kyk. As die regering en polisie nie hulle werk wil doen, laat dit dan oor die mense om hulle self te beskerm. Sterkte aan die familie wat aangeval is en vir enige toekomstige aanvaller, lig loop, julle tyd loop uit.