Verkeersbeampte dood ná taxi hom sleep

(Foto: SA Polisie)

ʼn Taxibestuurder is op aanklag van moord in hegtenis geneem nadat ʼn verkeersbeampte omgery en vir etlike meters ver gesleep is.

Die 46-jarige Deon Sampson was deel van ʼn polisie-operasie waartydens ʼn padblokkade in Khayelitsha in die Wes-Kaap gehou is.

“Sampson het omstreeks 21:45 ʼn taxi se lisensieskyfie nagegaan toe die bestuurder skielik begin ry het. Sampson is omgery en vir sowat 200 m ver gesleep,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, gesê. Sampson is op die toneel dood.

Ander wetstoepassingebeamptes het die taxi agternagesit, maar die bestuurder het geweier om stil te hou. Daar is ook skote op die taxi afgevuur en die bestuurder is uiteindelik in Oscar Mpetha-weg voorgekeer.

Die taxibestuurder was glo onder die invloed van alkohol. “Dit is egter geen verskoning nie en wat met Sampson gebeur het, is afgryslik. Ek doen ʼn beroep op die SAPD om die ondersoek te bespoedig sodat geregtigheid sy gang kan gaan.”

Smith het sy medelye met Sampson se vrou, drie kinders, sy familie en kollegas betuig. “Dit maak baie seer wanneer ons een van ons eie verloor en selfs nog meer wanneer dit in onbegryplike omstandighede soos gisteraand is.”

Die verdagte sal Dinsdag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Laat ek maar ook net my medelye met Sampson se vrou, drie kinders, sy familie en kollegas betuig. Enige ander se goed gaan te sterk wees vir MM. Taxis have now become a law unto themselves…..hulle doen net wat hulle wil, waaneer hulle wil!

Peetjie ·

Omdat die taxi’s weg kom met alle padreëls wat nie gehoorsaam word nie…

Anel ·

Nou waar sou hy drank gekry het om dronk te kon bestuur? Is hierdie nie maar net ‘n bewys dat kopdoek se reëls geen uitwerking het op die mense nie. Almal koop maar onwettig, of dit nou sigarette of drank is. En die groot verloorders is die boere en hul werkers! Vir hoe lank nog?

Sarel ·

Viorbeeld van Wetteloosheid word deu die Nasionale Regering gestel. Luister.mooi hy gaan borg kry en die feit dat hy onder die invloed was sal dien vir versagting.
Mnr. Rhamaphose en Cele julle verbod op drank verkope kon nie die man en Vader se lewr red nie.
Wat ‘ n tragedie.

Stella ·

My inigge simpatie met Mnr Sampson se vrou, kinders, familie en kollegas. Di taxibestuurder is dronk. Dus het hy drank onwettiglik bekom. Sluit hom asb so vêr weg dat hy verrot in n sel. Maak van di gamoors n voorbeeld. Hy het opsetlik n kosbare gesinsman se lewe geneem

C-Monster ·

Verstaan nie hoe daardie Taxi drywer lewendig uit die taxi gekom het nie . ..

Persheks Adri ·

Wys jou net WEER hoe die regering nie kan dink nie en hul mag 110% vol gelaai word! Boonop dronk en jaag weg. Hoop die regering besef hulle het bloed op hulle hande oor hul crap besluite! Haal hulle van die pad af!!!

Innige simpatie aan die familie in die moeilike tyd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.