Video: Honderde ekstra vragmotors stroom na Richardsbaai

Een van die terminale by Transnet se Richardsbaai-hawe. (Foto: Transnet)

Honderde ekstra vragmotors stroom na die Richardsbaai-hawe in KwaZulu-Natal nadat ʼn trein verlede week naby Ulundi ontspoor en twee spoorlyne gedeeltelik gesluit moes word.

Die trein met uitvoersteenkool het verlede Dinsdag tussen die Bloubank- en Nhlazetshe-stasie ontspoor.

Sedertdien moes daar toenemend op padvervoer staatgemaak word om uitvoerkommoditeite tot by die hawe te bring.

Transnet en die Umhlathuze-munisipaliteit se gebeurlikheidsplanne om die groot getal vragmotors wat na Richardsbaai stroom te hanteer, het Dinsdagaand ingeskop, sê Thandeka Ngwenya, woordvoerder van Transnet.

Dit behels onder meer die herleiding van vragmotors op die N2. Vragmotors word ook uit die stad en ander geraakte gebiede na die hawe herlei sodat hulle die hawegebied deur die hek aan die westekant kan binnekom en weer aan die oostekant kan verlaat.

Vragmotors word met ʼn kleurkode gemerk ingevolge waarvan hulle toegelaat word om die hawe binne te gaan. Die stelsel word in samewerking met die haweowerheid en vragmaatskappye bestuur.

Bykomende beweegruimte binne die haweterminaal is in bedryf gestel en vragmotors word van openbare paaie na dié vergaderplekke geneem waar vrag ook afgelaai kan word.

Transnet het reeds sy aflaaikapasiteit verhoog om die opeenhopings vinniger weg te werk.

Vragmotors wat vrag vervoer na skepe wat reeds in die hawe is of wat binne die volgende sewe dae verwag word, sal voorkeur kry.

“Transnet werk saam met klante om doeltreffendheid by die hawe te verseker en terselfdertyd die veiligheid van sy werkers en die gemeenskap te prioritiseer,” sê Ngwenya.

Die Richardsbaai-hawe huisves verskeie terminaaloperateurs wat spesialiseer in die in- en uitvoer van grootmaatkommoditeite via Transnet se spoornetwerk, asook per pad.

Herstel- en opruimingswerk aan die spoorlyn waar die trein ontspoor het, is verlede week vertraag nadat Transnet sy werkers Vrydag weens veiligheidsredes onttrek het. Lede van ʼn gemeenskapsforum het handgemeen geraak weens ʼn geskil met Transnet oor die lewering van toerusting om die ontspoorde trein te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kokerboom ·

Dis net ongelooflik hoe die huidige regering ons land totaal verwoes

Republikein in die Wes Kaap ·

Die paaie word nou voos gery. Meer ongelukke. Meer sterftes. Maar geld moet gemaak word.

Jacobus ·

Hoe lank gaan hierdie paaie hou dan is hulle ook vrot gery?

Antie Sarie ·

Uitvoer steenkool? Maar ons het glo tekort by eksdom?

Hendrik ·

Die land het nie ‘n steenkool tekort nie maar kan nie krag lewer agv die tekort aan vermoee om die kragstasies te onderhou en die bou. Dit is natuurlik sterk gekoppel aan AA, BEE en kader ontplooing.

Nie Verbaas ·

Transnet, is die werkers terug om die spoorlyn te herstel of word daar nou om gerieflikheidshalwe gesloer sodat sindikate met trokke voordeel daaruit kan geniet? Wat het die gemeenskap in elk geval te doen met verkryging van die toerusting wat benodig word? Is die persona wat die gemeenskap aanhits al opgespoor en aangekla? Nee, ANC is mos te slapgat.

Delia ·

So wie het die baksteen op die spoor gesit sodat trein kan ontspoor en die trokmaatskappy baie geld kan verdien en wie wil nie vir Transnet sien floreer en WAARHEEN gaan ons steenkool.

Hennie ·

‘n Week later en die spoorlyn is nog nie herstel nie? Useless verby!

Dana ·

Die aantal vragmotors op die nasionale paaie is skrikwekkend. Ek het verlede week op die N3, Natal toe gery en in my lelwe nog nie soveel vragmotors op die pad gesien nie. Hul verontagsaam totaal die verbod om in die regterbaan te ry en met al die padwerke by Pietermaritzburg, is die pad ‘n riller.

Spotty ·

As ons hierdie uitvoer steenkool kan gebruik dan sal daar geen breakdowns of loadsheding wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.