Video: Ramaphosa, Europese leiers vergader oor krag, Rusland

Pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag saam met die eerste minister van Nederland, Mark Rutte, en die eerste minister van Denemarke, Mette Frederiksen. (Foto: MARCO LONGARI / AFP)

Slegs dae nadat pres. Cyril Ramaphosa vanaf sy vredesending na Rusland en Oekraïne teruggekeer het, het die president die eerste minister van Nederland en die eerste minister van Denemarke Dinsdag by die presidensiële gastehuis in Pretoria ontvang.

“Ek sien jy reis deesdae baie,” het Mark Rutte van Nederland vanoggend met sy aankoms aan sy gasheer gesê.

Rutte en Mette Frederiksen van Denemarke is tans op ’n staatsbesoek aan Suid-Afrika om oor onder meer hernubare energie te gesels. Suid-Afrika en Nederland het ook vanoggend van die geleentheid gebruik gemaak om ’n memorandum van verstandhouding oor samewerking oor groen waterstof te onderteken.

Rutte sê hy hoop Suid-Afrika kan leer uit die foute wat Nederland in die verlede begaan het wat hernubare energie betref.

Die Nederlandse eerste minister, Mark Rutte, en pres. Cyril Ramaphosa skud blad. (Foto: Marco Longari / AFP)

Rutte se administrasie het ’n sogenaamde Afrika-strategie opgestel oor “wat werk en wat nié werk nie” wanneer dit kom by hernubare energie en groen waterstof.

“Die mense in ons onderskeie lande moet verstaan dat dit nie net oor energie gaan nie, maar ook oor werksgeleenthede en geleenthede vir ekonomiese groei; nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland en Denemarke,” sê Rutte.

Pres. Cyril Ramaphosa saam met die eerste minister van Nederland, Mark Rutte, en die eerste minister van Denemarke, Mette Frederiksen. (Foto: MARCO LONGARI / AFP)

Frederiksen sê sy is bewus van Suid-Afrika se voortslepende energiekrisis.

“Julle beleef ook soos menige ander land probleme met werkloosheid. Ons het baie van dieselfde probleme weens klimaatsverandering.”

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Frederiksen sê die sogenaamde ou bedrywe in die energiesektor wat nou deur werkloosheid in die gesig gestaar word, moet besef dat daar nuwe geleenthede is – soos in hernubare energie.

“Maar ons kan dit net verseker indien ons saamwerk. Ons moet selfs sterker verhoudings en vennootskappe bou. En ons is bereid om dit op baie verskillende gebiede te doen. Dit is wat ons vandag vir julle wil sê,” het Frederiksen gesê.

’n Memorandum van verstandhouding oor samewerking oor groen waterstof word deur Nederland en Suid-Afrika onderteken. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Rusland, Oekraïne

Rutte en Frederiksen het vanoggend sowat ’n uur lank met Ramaphosa agter geslote deure oor “die weer” én Ramaphosa se onlangse vredesending gesels.

“Ons was baie gelukkig om meer oor jou onlangse besoek aan Kiëf en St. Petersburg te wete te kom. Maar ons moet daardie gesprek voortsit, want dit is belangrik. Ons het almal ’n rol te speel om die situasie te stabiliseer,” het Rutte aan Ramaphosa gesê.

Al drie staatshoofde het vanoggend die hoop te kenne gegee dat die konflik tussen Rusland en Oekraïne spoedig beëindig sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Laksman ·

Die dame het haar huiswerk goed gedoen voor sy SA besoek……..GEEN juwele ;)

Hans ·

Ai ai, sonkrag / hernubare energie word deur al die Europese lande as hiernamaals voorgehou, tog weet hulself dat dit buitensporig duur onvolhoubare krag is.
Kom met nuwe idees uit Europa en Vsa.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ramaphosa vry nou behoorlik in die bondel. Sy smile doen die ding in die weste.

Delia ·

Ek hoor oor die radio Denemarke is die skoonste land ter wereld. Dalk kan die 2 gesels oor hoe om rommel (daars baie hier) in hernubare energie te omskep

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Groot rede is die bevolkinggetal wat krimp. Net minder druk op die staat.

Nicky ·

Ou Rampie is net skynheilig, hy gaan niks doen wat hulle voorstel nie, dieKADERS WEET MOS ALLES

annie ·

En net toe die probleem oor die skippie en Putin se besoek opduik toe kom die EU met meta-geskenke om Cyril van Pledgia se hartsnare te streel. Omkoop klink na ‘n goeie beskrywing en wat meer is wat eis hulle in ruil vir die biljoene? Steenkool?

George ·

Hey Cyril, hiers n idee, dis mos so veilig. Kom jy en hulle kom bly op n plaas? Sonder julle veiligheids spanne.

CHRISTINE ·

Wel. Hy moes iets doen met die rand wat in net nog ‘n anc state of disaster verander het! Nou lyk dit beter.
Maar die Europeers is dan rassiste…..?????

Yvonne ·

Hy reis baie…die nuwe slogan is nie verniet .,” maak die pad oop nie”

Miss J ·

Rutte moes bly waar hy boere se lewe hel maak agv sy nuwe “klimaats verandering” reëls, boere gaan hulle plase verloor!!!
Gaan gerus en kyk na hoeveel maande is daar al opgte deur die boere.
Hier is n uitreksel daaroor
“Proposals and legislation to limit human impact on the nitrogen cycle by down-scaling industrial livestock production and reducing levels of crude protein in fodder”

JohanR ·

Dit was ook soe met Zuma en Mbeki….sodra dinge in Suid Afrika warm geword het, was daar skielik ‘n rede om ‘n maand oorsee te gaan spandeer. Dan word die probleem vir onse wonderlik ministers gelos om op te los. Dan bou een ‘n R37 draad heining, die ander een ‘n groot paal en vlag vir R22 miljoen, en nog ‘n ander een doen ‘n R900 miljoen deal met Tottenham Hotspur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.