Video: Vragmotor ploeg deur parkeerterrein

Die vragmotor het vanaf die M41 tot in die parkeerterrein van die sentrum gejaag. (Foto: Netcare 911)

Groot skade is aangerig toe ʼn vragmotor deur ʼn parkeerterrein van ʼn winkelsentrum langs die M41 in Mount Edgecombe in KwaZulu-Natal geploeg het.

Minstens drie mense is beseer, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die vragmotorbestuurder het Donderdag omstreeks 18:30 beheer oor die vragmotor – met ʼn vol vrag – verloor en met minstens 20 voertuie in die Flanders Mall se parkeerterrein gebots.

Die vragmotor het eindelik langs ʼn muur van die sentrum tot stilstand gekom.

By hul aankoms op die toneel was een van die voertuie onder die vragmotor vasgepen en paramedici kon aanvanklik nie vasstel of daar enige insittendes is nie. Nooddienswerkers sou die voertuie begin skuif sodra die toneel veilig verklaar is.

Die vragmotorbestuurder en die insittendes van twee van die voertuie is lig beseer. Hulle is na nabygeleë hospitale geneem, het Herbst gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nettie ·

Nou wonder ek wie se versekering gaan betaal: die voertuig-eienaar(s) s’n, die vervoermaatskappy (aan wie die vragmotor behoort) s’n of die inkopiesentrum s’n?

Rooi Jan ·

Moenie komkommer nie die versekeraars sal dit tussen hulle so uitwerk dat die onderskeie eienaars soveel moontlik bybetaal en tussen die versekeraars sal hulle so min moontlik betaal. Hulle sal die voertuie en ander eiendom skade so goedkoop (lees swak) moontlik herstel.

Santie ·

Ek net bly alaml is okay en niemand is ernstig beseer nie.

Jaco ·

Santie, die berig staaf dat drie mense wel beseer is, die ernstigheid van die beserings word wel nie vermeld nie, so dit mag dalk ernstig wees…

Anne ·

Die polisie ondersoek altyd so insident, maar hoor ons ooit wat het daarvan gekom? Bitter selde.

Penellope Jones ·

Wat op aarde is aan die gang met vragmotors en ongelukke?

Waar is die fout – by die bestuurder – is hulle moeg, oorwerk?

by die onderhoud van die vragmotor, – word vragmotors deeglik en gereeld gediens?

by die gehoorsaamheid van verkeersreels – word dit nougeset nagekom of maar geignoreer, is daar nie respek vir ander padgebruikers nie??

Erens is iets verkeerd want daar gaan feitlik nie ‘n dag om dat ‘n vragmotor erens in een of ander ongeluk is nie.
Dieselfde geld vir taxis.

Yankee ·

Agbare Jones, dieselfde geld vir enige ander vooertuig. Verbeel ek my of ploeg laasgenoemde ook in alles vas!!

Penellope Jones ·

@Yankee : Hoofsaak by hierdie berig is die vragmotor wat in ‘n parkeerterrein ingeploeg het, iets wat mens nie baie van hoor of lees nie en wat sommige vrae by mens laat opkom.

Rooi Jan ·

Jong Penellope vir my wil dit voorkom dat die ANC se veldtog van wetteloosheid begin nou sy vrugte pluk. Gister het n jong heer ander voertuie by n kruising onwettig verbygesteek. Toe ek hom daarop wys begin hy op my skreeu dat ek n rasis is wat swart mense niks gun nie. Ek het toe maar vir die jong dame langs hom gesê dat sy maar moet dink of sy kinders saam met die jong man wil hê want in my opinie gaan hy vroeër of later hulle almal se dood veroorsaak op die pad met sy wettelose gedrag.

SYLVIA ·

dis net altyd vir my verstommend dat daar iemand was wat gereed gestaan het om ‘n video te maak? …

Santie ·

Jaco in die laaste deel van die berig staan daar lig beseer .

Diertjie ·

Gisteraand ry ons menlyn toe met die N 1. Die wind het erg gewaai in Pretoria. Dat ons 110 km/ph ry en van daai groot trokke laat dit lyk of ons stilstaan so jaag hulle.

Leon ·

Die probleem metvragmotors is, die bestuurders is 100% onbevoeg om agter die stuurwiel te sit maar die regering gee nie ‘n bloue duit om nie. Die bestuurders word opgelei om ‘n ligte motor voeruig te bestuur maar word ‘n swaarvoertuig lisensie uitgereik.
Ek het twee keer weermag bestuursopleiding gedoen op swaar voeruie. Ek kan met sekerheid sê die vagmotor bestuurders het nie ‘n koeking clue hoe om vragmotors te bestuur. Hulle is ‘n ongeluk wat plek soek om te gebeur. Dieselfde met busse. Jy het ekstra swaar voertuig opleiding nodig om ‘n bus te bestuur.

Pieterd ·

Leon, Regtig? Jy kan met sekerheid sê alle vragmotorbestuurders is onbekwaam? Sjoe, dalk moet jy verkeershoof gemaak word?
Ek reis baie en sien vragmotor bestuurders wat baie beleefd en bekwaam is. Net soos ek aggressiewe en onbekwame motorbestuurders sien, sien ek ook van hulle agter vragmotors se stuur. Maar gelukkig het ek nog nie een teegekom wat 100% onbevoeg is nie. En beslis ook nie 100% van hulle nie.
Ek is hulle dankbaar vir al die goedere wat ek in die winkels kan koop wat regoor die land vervoer word.

Muffin ·

Leon jy is nou regtig besig om n klomp nonsens kwyt te raak. Hoe kan jy se die bestuurders van vragmotors is 100% onbevoeg om n vragmotors te bestuur. Ek het vragmotors en bestuurders met wettige lisensies nou wil JY vur my vertel hulle is onbevoeg. Wonder of kan jy n motor bestuur.

Santie ·

Hi Sylvia die ongeluk is gevang op CCTV kameras en iemand het dit dan wel af geneem met hul foon van daar af jy sal sien op die video staan daar op die skerm waarvan hul dit afneem “Playback”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.