Vier lede van 8 SAI sterf in ongeluk naby Postmasburg

(Foto: Wikipedia)

Vier lede van 8 SA Infanteriebataljon (8 SAI) is Woensdag in ʼn ongeluk naby Postmasburg in die Noord-Kaap dood. Die tragedie het op dieselfde dag plaasgevind waarin drie lede van die vloot naby Kommetjie in die Wes-Kaap dood is toe ʼn golf hulle van ʼn duikboot afgeslaan het.

Volgens brig.genl. Andries Mokoena Mahapa, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), het ʼn nog ʼn Samil 50 gesleep wat ondiensbaar geraak het, toe die regtervoorband van die gesleepte voertuig gebars en albei voertuie laat rol het.

“Vier lede is uit die Samil geslinger waarna die voertuig bo-op hulle beland het. Al vier is op die toneel dood verklaar.”

Mahapa sê twee lede is kritiek beseer en na die Dr. Harry Surtie-hospitaal in Upington vir mediese behandeling gehaas.

“Nog nege lede het geringe beserings opgedoen en is ook na die hospitaal vir behandeling geneem.”

Die families van die oorledenes is in kennis gestel en militêre kapelane en maatskaplike werkers bied tans ondersteuning aan die families.

Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane, Thabang Makwetla, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, dr. Thobile Gamede, waarnemende sekretaris van verdediging, genl. Rudzani Maphwanya, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, en genl. Lawrence Mbatha, hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag, het hul innige meegevoel met die bedroefde families, vriende en kollegas betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

George ·

Goeie vraag TheSnake en het hulle by die spoed gehou tydens die sleep episode ??…Ek bevraag teken die opleiding wat vandag se soldate kry en as die drywers van die voertuie n B&O kursus gedoen het sou hulle geweet het hoe om op te tree

Republikein in die Wes Kaap ·

Een van die hordes generaals was seker die drywer.

Duck ·

Ai, wat gaan aan dat ons nou so bad luck is? Eers die vloot nou die weermag.

George ·

Stem saam Elizabeth en al was die bande se loopvlak miskien nie op standard gewees nie , rol jy nie n voertuig van dai grote as n band bars nie as jy hou by jou insleep spied..swak opleiding ????????????????

Johann ·

Absolute onbevoegdheid en verval van toerusting. En mense betaal met hul lewens hiervoor. ANC LEGACY!

Harley Davidson ·

Die personeel moet liewer uber as hulle iewers heen wil gaan dit sal baie veiliger vir hulle wees.

Schalk ·

Nog n resultaat van julle diefstal! Nog mense wat sterf agv van julle geld vraatsug. Wat n groot sukses verhaal is hierdie land nie?

Schalk ·

Eintlik is 13 te min. As jy in ag neem dat die insleep voertuig heel waarskynlik ook gaan ingee, iemand moet hulle terug stoot skroot werf toe.

Delia ·

Heel waarskynlik moes die SAMEL en die lede iewers wees en die SAMEL ook in vir herstel. Combined trip..dit is n tragiese voorval

Karoo ·

Hier naby ons word duisende weermag manne/dames opgelei, net om nooit weer gesien te word nie. Die voertuie is so onpadvaardig en horing oud maar emaand einde gaan almal in uniforem dorp toe vir groot aankoope en elke Saterdag aand hou die weermag groot makietie dat die klank oor al die vlakte trek.

JohanEtz ·

RIV
Topstruktuur is omtrent oorlaai. Hoeveel hoofde het die nuttelose weermag nodig?

Jack ·

So hartseer.Ek was ‘n trotse 8 Saaier in die vroeg negentigs voor 94.Die plek was ‘n sinoniem vir perfeksie en trots.Nou val die wiele ook maar daar af soos die SADF maar net nog ‘n grap vir die wêreld word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.