VL eis terugvoer op memorandum; Cele besoek Horner-gesin

Bheki Cele, minister van polisie, ontmoet Brendin Horner se geliefdes. (Foto: Lirandzu Themba/Twitter)

Vrystaat Landbou (VL) sê die bestendigheid en veiligheid van landelike gemeenskappe is in belang van die hele land en hy sal dus voortgaan om sy lede aan te moedig om stappe te doen om hul eie veiligheid te verseker.

“Vrystaat Landbou veroordeel geweldsmisdaad in die algemeen, ook teen vroue en kinders, maar in besonder geweld teen boere en plaaswerkers.”

Die organisasie het Dinsdag ʼn memorandum aan die LUR’e vir onderskeidelik polisie, paaie en vervoer, asook landbou en landelike ontwikkeling oorhandig waarin hy eis dat deeglike ondersoek ingestel word na bewerings van korrupsie in polisiegeledere. Die bewerings word vervat in ʼn verslag wat reeds aan die Valke in die provinsie oorhandig is.

VL eis ook dat beslissend opgetree word teen groepe en verteenwoordigers van politieke partye wat veral boere as “gronddiewe en uitbuiters” teiken omdat dit geweld aanhits en rassehaat bevorder.

“Ons eis om binne sewe dae terugvoer te kry oor die stappe wat gedoen gaan word en diegene wat aanspreeklikheid gaan aanvaar om te verseker bogenoemde eise kry aandag,” lui die memorandum.

VL sê hy bly verbind tot bestendigheid en vreedsame naasbestaan tussen alle gemeenskappe sodat werksgeleenthede geskep kan word en landelike gemeenskappe kan groei.

In sy memorandum sê VL alle betogings moet ordelik en binne die raamwerk van die wet geskied en dat hy gemeenskappe se grondwetlike reg steun om vreedsaam te rou en te betoog.

“Die staat se nalatigheid met die hantering van landelike misdaad en veral diegene in die polisie wat daarby betrek word, het ʼn leemte geskep wat toegelaat het dat geweldsmisdaad ongebreideld voortduur. Ons erken dat gemeenskaplike erkenning en respek nodig is vir ʼn florerende en vreedsame Suid-Afrika,” lui die memorandum verder.

VL sê hy glo daar is ʼn direkte verband tussen veediefstal en intimidasie op plase, asook brandstigting en selfs moord.

Die organisasie sê die moord op Brendin Horner en die situasie by die Senekal-landdroshof wat daarop gevolg het, het die diepe wonde wat wetteloosheid en misdaad landwyd veroorsaak – maar veral in landelike gebiede – op die voorgrond geplaas.

Horner, ʼn 21-jarige plaasbestuurder, is voorverlede week wreed op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux vermoor. Twee vermeende veediewe, Sekwete Mahlamba en Sekola Matlaletsa, is kort ná die moord aangekeer. Chaos het Dinsdag by die hof uitgebreek waar hulle verskyn het, toe talle mense daarheen opgeruk het om hul misnoeë met die misdaadsituasie – en veral plaasaanvalle en -moorde – te kenne te gee.

Bheki Cele, minister van polisie, het die jong man se familie vandag besoek. Die ontmoeting het agter geslote deure plaasgevind.

Volgens Lirandzu Themba, Cele se woordvoerder, het die Horner-familie tydens die besoek gesê hulle hoop die gebaar beëindig die spanning wat die afgelope ruk in die gebied heers.

Cele het daarna met landbouorganisasies en boere vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sarel ·

Agter geslote deure is goed. Dit hou die Media en Netwerk24 daar uit.

Michael ·

Laasgenoemde het my nogal laasweek gebel en gevra of ek wil opteken – hulle mis my blykbaar. Grap van die jaar, die mense wat geld opdok vir daardie lae kwaliteit sensasie.

Trotse Boervrou ·

Dit is die skynheiligste gebaar wat ek nog ooit gesien het. Ek weerhou my eerder van enige verdere kommentaar. Sterkte aan die Horner gesin.

Michael ·

Daai kerel sal nooit ‘n voet in my huis sit sonder om in te breek in my afwesigheid nie.

Snowball ·

Nogal ook so gedink, sal vir hom jaag of die honde op hom sit; minister se agterent.

Pieter ·

Cele is n rassis- en komplot saam eff en anc, passop hulle probeer almal mak maak oor hulle alles gelos het tot nou. Boere en plaaswerkers wees op julle hoede, dit geld vir die normale opregte mens buite ook. (Die regering gee nie om nie en eff nog minder oor hulle mense.)

Werner ·

Sy besoek beteken niks.Dit is maar net vir die oorsese mense om vir hulle te wys dat hy ook kamstig vir die boere omgee.Maar hy laat toe dat boere onregverdig in tronke gehou word en geviktimiseer word.Dit is om van te walg

Cecilia ·

Stem 100% saam jou Werner. Die hele SAPS is 1 GROOT bedrogspul. Dis elke dag op d nuus vd hoogste gesag in d SAPS word ondersoek vir Miljoene Rande se bedrog en betaal n skamele R20k borg.
Die “boer” word aangehou en borgtog geweier op belaglike aanklagte en nog meer belaglike redes, maar d regte 16 x misdadiger en boere-moordenaar gaan seker R50 borg betaal om verder te moor en roof tot hy weer oor 10jr of so dalk gevang word.

Anne-Marie ·

hulle dink ons is dom….hulle will ‘n Dingaan op ons trek…almal paai en mooi praat..ons slaap oop oe

Persheks Adri ·

Cele jy sal tog jou wat verbeel om so in iemand se huis te staan. Die foto spreek boekdele en kyk na almal se gesigte… Fiets gesig eish julle weet mos. Intussen sit Andre steeds vir wat? Klomp snert man. Jy maak net ‘n voorbeeld van hom oor sy kleur. Jy sal nie eers jou pote in my erf sit nie dit belowe ek jou

Jax ·

Hy en sy makkers moet liewer nie naby my huis kom nie. Ek vertrou nie 2gesigte nie!
Sterkte aan gesin! Ek het werklik nie woorde vir julle nie. Ek bid vir julle!

Lourens CFG ·

As hy sê hy kom my besoek, sal ek niks sê tot hy voor my hek is nie, dan jaag ek hom weg soos die sleg wat hy is.
(Wonder wat die media sal berig, seker dat ek die en daai rassis is.) ;-()

david ·

As Cele my onder dieselfde omstandigdhede wou besoek sou ek in my hek bo-op my bakkie se enjinkap gesit het met my skietyster op my skoot–die enigste woorde wat hy van my sou hoor is: “keep moving and stay alive…”!

Annemarie ·

Het hy na al die ander vermoordes se families ook gegaan? Soos ons nou vermoor word sal dit al wees wat hy heeldag moet doen.

Spook ·

Die man in die netjiese pak lyk dan net soos die rakkers wat Brendin vermoor het. Ek sou hom sumier uit my huis gejaag het.

Fedup ·

This poor family should not have let the mad hatter onto their farm at all.

Cecilia ·

Ek wonder hvl lyfwagte was om Cele terwyl hy besoek by d Horner gesin afgele het? As d Staat dan dink ons land is so veilig hoekom het elke Minister 4 of 5 lyfwagte en 2 of 3 karre wat hulle vergesel. Skaf d lyfwagte af. Laat hulle d Boere se lyfwagte word.

Kakamiet ·

Ek sou hom wragtig nie in genooi het nie! Julle mense wat dink om hulle, wat die regerende anc is, gaan ooit tot ons redding kom en dinge regmaak? Julle maak n fout! Maak julle maar reg vir n burger oorlog, hier kom nog baie moeilikheid in die land vir ons, veral as ons soos eende sit en wag en verwag!

Hercules ·

definisie van ‘n huigelaar:

“hulle probeer om die waarheid te manipuleer, ‘n verleentheid te verberg of te vergoed vir ‘n swak redenasie; huigelaars ken die werklike waarheid, maar hulle is bang dat die bekendmaking daarvan negatiewe gevolge kan hê – dus mislei hulle ander mense; huigelaars ken en weet wat die waarheid is, maar maak dit nie openbaar nie”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.