Vlieëniers oorweeg staking weens krisis by SAL

Argieffoto

Die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (Saapa) dreig om te staak – vir die eerste keer in 80 jaar – om verandering by die beleërde staatslugdiens teweeg te bring.

Kapt. Grant Back, voorsitter van Saapa, het in ʼn verklaring gesê onlangse verwikkelinge by SAL, waaronder die aanstelling van die operasionele bestuurder as tussentydse hoof, is rede tot groot kommer ons onrustigheid.

Back het gesê terwyl SAL onder uitgaande hoof Vuyani Jarana wel vordering gemaak het, bly die mees kritieke kwessies onopgelos. Die redery is gevolglik basies wanfunksioneel.
“Die eenvoudige waarheid is dat SAL nie gaan oorleef tensy kritiese operasionele en tegniese tekortkominge dadelik deur ʼn bevoegde span leiers gepak word nie.

Die vereniging sê SAL benodig ʼn leier met die nodige ervaring en finansiële vernuf om ʼn groot lugredery te bestuur en “ongelukkig is me. (Zuks) Ramasia nie daardie persoon nie”.

Ramasia is ná Jarana se bedanking as waarnemende hoof van SAL aangestel.

Volgens Back is verskeie lede van die huidige bestuurspan voor Jarana aangestel en is dit dieselfde span wat die redery is sy huidige onhoudbare posisie ingestuur het.

Die vereniging het reeds aan die raad geskryf om sy teleurstelling met Ramasia se aanstelling en die behoud van SAL se onderpresterende raad te kenne te gee. Hulle vergader vandeesweek om die krisis te bespreek.

Back sê die vereniging praat ook met sy lede om op gepaste optrede te besluit. Die moontlikheid van ʼn staking word nie uitgesluit nie.

“SAL-vlieëniers gaan nie terugsit terwyl die kringloop van agteruitgang toegelaat word om voort te duur nie. Soos ander vakbonde, moet ons ʼn streep trek en regmaak om op te tree.

“Ons sal ʼn besluit oor optrede nie ligtelik neem nie. Ons bedoeling is nie om verdere probleme by die lugredery te skep nie; dit is om die verdere vermorsing van belastingbetalers se geld stop te sit en SAL uiteindelik op ʼn pad na herstel te plaas,” sê Back.

Back sê die vereniging het dit ook duidelik aan die raad en die regering gemaak dat hy nie gaan toelaat dat vlieëniers die sondaars word, soos wat in die tyd van Dudu Myeni, die voormalige voorsitter van SAL se raad, gebeur het nie.

“Die vlieëniers by SAL vervul ʼn belangrike rol by die lugredery en SAL se sukses is vir ons uiters belangrik. Ons is bereid om te baklei vir die toekoms van dié lugdiens waaraan baie van ons ons beroepslewens gewy het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jacobus Krynauw ·

Iemand moes lankal voet neergesit het. Ek keur die vlieëniers se optrede goed. Dit is heel waarskynlik die enigste regdenkende mense in die organisasie.

George in Bloem ·

Hoe gouer Eksdom en die bodemlose geldput SAL verkoop of geprivatiseer word hoe gouer kan hulle omgedraai word en lewensvatbaar en winsgewend word maar dit sal die unies nooit toelaat nie want dan sal al die luigatte,korruptes en kansvatters sonder werk wees. Dit gaan tans heeltemal te lekker in die twee sirkusse met die spul narre in beheer.

Carl Jordaan ·

Kan die twee instansies nog gered word? Kan die belastingbetaler, nog bekostig om geld in n bodemlose put, te gooi. N saak is nooit so sleg, dat dit nie nog slegter kan gaan nie. Verkeerde aanstellings wys daarop dat daar nie begrip is vir hoe wanfunksioneel die SAL is nie.

P G Slabbert ·

Ook baie lank geneem vir hul om werklik agter te kom , wat aangaan waar hul werksaam is .

Arie ·

Ramaposa het sowaar nog niks reg gedoen nie, het bietjie meer van hom verwag maar my eerste instinkte was tog reg

Johan ·

Solank onervare mense slegs weens politieke redes aangestel word, sal die staatsinstellings al hoe meer agteruit gaan. My simpatie is dus by die vlieëniers….

Johanna Botha ·

Minste weet die vlieeniers wat hulle doen , nie soos die poletieke aanstellings wat niks van niks weet nie ! Ek sou ook by nou staak want wat het jy om te verloor …die plek is bankrot en in n groot gemors ! Hoe hulle nog n vliegtuig kan diens sonder fondse verstaan ek nie.

Vryheid ·

Die staat probeer die lyk van SAL “resus” met politieke aanstellings

Frm ·

Ai dit moet erg wees vir die vlieeniers wat al jare vir sal vlieg. Ek dink ons kan gerus meer simpatie met hulle he. Ons dink altyd net aan die vermorsing van geld maar hoe baie keer dink of bid ons vir die werknemers wat hierdie situasie elke dag ervaar. Dit geld vir eskom,sal, denel die hele lot wat besig os om onder te gaan agv gierige mense. sterkte julle ouens en bly op die grond totdat hulle vir julle n beter toekoms kan waarborg.

Bert ·

Dit gaan al baie jare baie sleg met sie SAL, eintlik bankrot.
So dis logies om te aanvaar dat elkeen wat daar werk en sy sout werd is lankal soek vir ander werk.
So die wat nog daar is kon nie ander werk kry nie!
Nou moet daar gestaak word, maak tog in hemelsnaam die plek toe wat in ‘n bodemlose put ontaard het vir die belastingbetaler.

Barry ·

Twee dinge
As die vlieeniers staak is sa in teorie toe
Tweedens ek het ongelooflike simpatie met die vlieeniers en hoop hulle gaan soek werk by ander lugdienste
Daar is n reuse tekort aan goed opgeleide vlieeniers deur die wereld
Ek vlieg al die afgelope 17 jaar nie met sa en al my vriende ook nie
Van die derde neste lugdiens in die wereld tot n afrika lugdiens net soos die res van sa n afrika staat reeds is

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Hierdie koei se spene is al rou.
.
.

marous ·

Sonder vlieeniers is hulle geskroef . Nou sal die spul totaal grond toe val .

anton ·

Stem saam jou Barry.
Party vlieeniers sal elders beslis werk kry maar party sal nie want hulle kan nie vlieg nie!!!
Ek vlieg ook al 14 jaar nie meer met SAL nie. Sal ook nie eers gratis nie.

Barry ·

Ek stem saam met jou maar ek praat nie van affirmative action vlieeniers nie
Ek praat van bekwame opgeleide loodse wat sa een tyd van die beste in die wereld gehad het.
Het n jaar gelede met n saa loods gepraat
Wil maar nie sy kommentaar oor die affirmative action vlieeniers hier plaas nie
Ek het gegoogle daar is in die volgende 20 jaar oor die 440 duisend loodse nodig .
n Goeie vlieenier sal nooit sonder werk wees
Een van my baie goeie vriende se seun is n vlieenier en hy het soveel werksgeleenthede deur die wereld.
Singapore en Emirates neem alle SA vlieeniers wie hulle kan kry

Jeremia ·

Hierdie vlieëniers het my simpatie – net soos ander opgeleide en ervare mense wat waarlik hul werk wil en kan doen, maar in ‘n wanfunksionele werksopset en instelling vasgevang sit.
Dit is baie stresvol en die sielkundige asook finansiële implikasies is oneindig.

Kallie ·

‘n Vliënier wat stess ervaar moet liewer op die grond bly.

John ·

Jarana het ‘n vreemde bestuurstyl gevolg. Wat het hy vir die personeel beloof dat almal nou skielik so aan sy lippe hang? Tot die vlieèniers wil harakiri as hy nie terugkeer nie. Waar was Jarana voorheen? By ‘n skatryk onderneming wat hierdie selfde mense wat so vir hom opkom in die botter geplaas het? Dit duidelik dat hy wou maak soos hy wil en geld gooi waarheen hy wil en die geld moes vloei. Gordhan was in die pad van windstroom na Dubai.

KrokodilBotha ·

Rerig, is daar nou alweer probleme met ons SAL !! Passasiers kan nie meer verniet vlieg nie, ons sal nou kaartjies moet koop. SAL kort bietjie geldjies. Ai , die goeie ou dae.

Anoniem ·

SAL, SAUK en Eskom is almal op die randjie van die afgrond. My persoonlike opinie is dat ten minste een van hulle eers oor die randjie van die afgrond sal moet tuimel alvorens die regering genoegsaam gaan skrik om (hopelik!) wakker te skrik. En dit gaan nie Eskom wees nie…

Ore ·

Wat my kwel is die onderhoud of liewer die gebrek daaraan agv bestuur,besluitneming en finansies.Hoe veilig gaan dit wees om SAL te vlieg? Ek dink dit is wat die vlieeniers kwel

Maggie Pringle ·

Die arme werkers wat reeds vanaf 18 jariges by SAL aangesluit ( so 45 jaar gelede)het ,toe SAL nog onder goeie bestuur was, toe daar nog trots en dissipline was. Hulle wag eintlik net om op pensioen te gaan. Hulle is nou al jare ongelukkig oor die situasie. die wat kon het ander werk gekry. Maar daar is die wat nie ander werk kan bekom nie oor hulle ouderdom en BEE. laat die vleeniers staak. Dan is dit die einde. Dit moet verskriklik wees om onder sulke onsekere omstandighede te werk.

Jimmy ·

Die skrif was reeds 20 jaar gelede aan die muur. Werkers wat dit nou eers besef moet maar die gevolge dra. Hopelik sal die jonges dit besef en vinnig spore maak.

Gert van Wierdapark ·

Nie geweet SAL is nog in die Lug nie! Vlieg-vlieg my storie is uit!!

Israel ·

Staak is die regte ding, so moet die land ook staak om tax te betaal!!!n Kort skande is beter as n lang verdriet

Kallie ·

Korrek. Blykbaar gaan pensioenfondse nou ook baie belasting betaal om die staat se pot aan die kook te hou. Mense se pensioene sal dus al hoe minder word. Almal wat bydra tot pensioenfondse behoort nou te staak om die regering tot orde te roep. So nie, gaan ons later krepeer.

KrokodilBotha ·

Jy is reg Kallie. Kan MM nie n berig plaas oor die pensioen diewe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.