Vloedrampkomitee in ongeluk ná oorsigbesoek aan KZN

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Lede van die ad hoc-komitee vir vloedrampverligting is Sondagaand in ʼn motorongeluk betrokke nadat hulle ʼn besoek aan een van die KwaZulu-Natalse munisipaliteite afgelê het oor die stand van sake ná die verwoestende vloede.

Die parlement het in ʼn verklaring namens die medevoorsitters van die ad hoc-komitee, Cedrick Frolick en Jomo Nyambi, gesê die komiteelede se voertuig het glo teen ʼn dier gebots wat die pad onverwags oorgesteek het.

“Geen lede van die afvaardiging of ondersteuningspersoneel het enige ernstige beserings weens die voorval opgedoen nie,” lui die verklaring.

Die ongeluk het op die N2 noordwaarts by Umtentweni in Port Shepstone plaasgevind.

Die ad hoc-komitee het die dag by die Ray Nkonyeni- plaaslike munisipaliteit deurgebring en verskeie skole besoek, asook die skade aan die Mthavuna-pompstasie en die N2-Umgababa-padinfrastruktuur ondersoek.

Die komitee het Saterdag die KwaDukuza- plaaslike munisipaliteit besoek met die oog daarop om self te sien watse uitdagings die provinsie se plaaslike regeringsdepartemente ondervind in hul pogings om beskadigde paaie en geboue ná die vloede te herbou.

Die medevoorsitters het vroeër onderneem om met die nasionale regering samesprekings te voer oor die toekenning van hulpfondse vir KwaZulu-Natal om onder meer broodnodige infrastruktuur te herstel.

Dit is nog nie duidelik of die komiteelede Maandag hul besoeke aan die plaaslike munisipaliteite ná die ongeluk gaan voortsit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Nou wonder ek net van waar is hierdie komitee en uit hoeveel lede bestaan hulle en wat eord hulle betaal? Dis al amper 2 maande na die voorstromings en nou eers word daar net gaan kyk! Hoe lank voordeat daar regtig iets gaan gebeur? Die lot gaan seker hulle tyd vat want hoe langer hulle vat hoe meer word hulle betaal. Te duiwel met die mense wat regtig gersak is deur die nie instandhouding van die stormwaterstels en wat hul huise en geliefdes verloor het. Nog ‘n soustrein klomp kaders!!!

Janice ·

Ek sal graag wil weet hoe vinnig het hulle gejaag om in die ongeluk betrokke te wees? As dit die pad is waaraan ek dink, is daardie stuk pad altyd met mense en diere besaai en die spoedgrens is 80km/h. Dankbaar hulle het nie ‘n persoon raakgery nie.

Swerwer ·

Ag gende is die “Lede van die ad hoc-komitee” nou beter of verhewe bo al die ander padgebruikers. Diere wat oor ‘n pad loop in die nag kom oral voor en nooit kraai daar ‘n haan oor die noodlotige ongelukke wat plaasvind nie want in die eerste plek is die eienaar van die betrokke dier nerens te vind nie en behoort die dier aan niemand. Die dier wat oor die pad geloop het hou beslis nie verband met die vloede nie. Waarom moet alles altyd stertjies kry en opgeblaas word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.