Volg Theuns Jordaan se gedenkdiens regstreeks

Theuns Jordaan, die geliefde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, se gedenkdiens vind Vrydag in die kerkgebou van die Moreletapark NG gemeente in Pretoria plaas.

Daar sal tydens ʼn intieme diens hulde gebring word aan die sanger. Sy naaste musiekvriende soos Bok van Blerk, Ricus Nel en Dozi sal huldeblyke en sangitems lewer. Kisdraers sluit onder andere Kurt Darren, Steve Hofmeyr en Bobby van Jaarsveld in.

Kunstenaars soos David Kramer, Anton Goosen en Valiant Swart sal nie die gedenkdiens bywoon nie, maar videoboodskappe van dié kunstenaars, wat naby aan Jordaan was gedurende sy sangloopbaan, sal vertoon word.

Ds. Pieter Badenhorst sal die diens waarneem. Die verrigtinge begin om 11:00.

Volg die gedenkdiens hier:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

Rus in vrede Theuns. Ons het ‘n groot Afrikaanse ikoon verloor. Sal altyd in ons harte en gedagtes wees. Sterkte aan sy familie en vriende, mag ons Hemelse Vader julle vertroos in hierdie moeilke tyd.

Yolandie ·

Dit was ‘n pragtige diens. Rus in Vrede Theuns. Thank you for the music.

Elmarie ·

Jy was ‘n roeper, deur die winters met ‘n hart vol drome, het jy jou stem oor al die vlaktes gegooi, soos bloed, agter slot en grendel, met ‘n honger hart, in ‘n vreemde stad het jy die son gaan vang om hom beautiful in Beaufort Wes te hang, net voor die storm kom blom die Namibsroos dan skeur die maan jou weg en sê ons maar so long Skipskop, Skipskop ons sê vir jou goodbye! Gaan vind jou weet en waarheid jou twee hanne vingers en voete is nou stil! Skimme teen die muur ons harte brand ‘n koue vuur, praat is te laat dis skaakmat soos jou asem is dit verby in ons harte sal jy bly!

Deur Marlene vd Walt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.