Die 52-jarige vrou wat vroeër vandeesweek na bewering ’n vuurwapen op lede van die EFF by die ingang van ʼn Clicks-winkel in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gerig het, sal na verwagting Donderdag in ’n hof verskyn.
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou sal in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn nadat sy Woensdag by die polisiestasie in Walmer van die rig van ’n vuurwapen aangekla is.
Volgens Naidu is die vrou op waarskuwing vrygelaat. Daar is ook op haar vuurwapen beslag gelê.
Maroela Media het vroeër berig die vrou was Dinsdag by die ingang van die Walmer Park-winkelsentrum se Clicks in ’n rusie met EFF-ondersteuners betrokke.
In ʼn video van die voorval wat wyd versprei word, kan daar gesien word hoe die vrou ʼn klein vuurwapen uitpluk voordat sy dit weer bêre en wegstap.
Die vrou en die betrokke EFF-ondersteuners is toe na die plaaslike polisiestasie geneem waar albei partye aangedui het dat hulle nie enige klagtes aanhangig gaan maak nie.
Lede van die EFF het egter die middag na die Walmer-polisiestasie teruggekeer waar hulle ’n klag van die rig van ’n vuurwapen teen die vrou aanhangig gemaak het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
29 Kommentare
So, sekere mense mag sommer net ‘n vuurwapen afvuur by een van hulle “partys” (en het nog glad nie die gevolge daarvan gedra nie), maar ‘n ouer vrou, wat na bewering deur ‘n EFF lid gestamp word, mag nie ‘n wettige vuurwapen rig ter selfverdediging nie? Kom ons kyk wat sê die wêreld hiervan. Pateties!
En die ou wat aan haar gestamp het tot in so maat dat sy gevoel het sy moet n pistool uithaal om haar lewe te beskerm? Omdat hy die EFF ondersteun kom hy natuurlik skotvry af. Maak my sommer naar!
Wel ek hoop sy maak n klag van intimidasie en victimisation teen die ouens. Op die video kan mens duidelik sien hoe hulle op haar afstorm ten spyte van dke sekuriteits wag wat hulle keer. Sy hou aan loop maar word gekoggel deur hulle. Dit is natuurlik aanvaarbaar.
Wil nou sien wat word van Malema oor die afvuur van ñ outomatiese wapen in die publiek
Ja nee natuurlik moet daar weereens voorbeeld van haar gemaak word. Maar ons moet maar versigtig wees in die omgewing van EFF ondersteuners. Hulle voel baie maklik geaffronteer, want net hulle mag dreig, brand, petolbomme gooi, breek en aanrand.