EFF lê toe wel klag teen vrou wat vuurwapen rig

Lede van die EFF is ná die voorval na die plaaslike polisiestasie geneem. (Foto: Twitter)

Lede van die EFF het strafregtelike klagte ingedien nadat ’n vrou Dinsdag na bewering ’n vuurwapen op hulle by die ingang van Clicks in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gerig het.

Dit volg nadat albei partye ná die voorval aanvanklik aangedui het dat hulle nie enige klagtes aanhangig gaan maak nie.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê lede van die EFF het Dinsdag omstreeks 15:00 na die Walmer-polisiestasie teruggekeer waar hulle ’n klag van die rig van ’n vuurwapen teen die vrou aanhangig gemaak het.

Maroela Media het vroeër berig polisiebeamptes is vroeër die dag na die Walmer Park-winkelsentrum in Walmer ontbied nadat die vrou by die ingang van die betrokke winkelsentrum se Clicks in ’n rusie met EFF-ondersteuners betrokke was.

Die vrou is ná die voorval na die plaaslike polisiestasie geneem. (Foto: Twitter)

In ʼn video van die voorval wat wyd versprei word, kan daar gesien word hoe die vrou ʼn klein vuurwapen uitpluk voordat sy dit weer bêre en wegstap.

Die vrou en die betrokke EFF-ondersteuners is toe na die plaaslike polisiestasie geneem waar albei partye aangedui het dat hulle nie enige klagtes aanhangig gaan maak nie.

ʼn Herrie woed sedert die naweek oor ʼn advertensie vir haarprodukte op Clicks se webwerf wat as rassisties teenoor swart mense bestempel is. Die advertensie is onttrek en die kleinhandelgroep het om verskoning daarvoor gevra.

Clicks het Dinsdag aangekondig dat hy TRESemmé-haarprodukte van sy winkels se rakke gaan verwyder en dat alle werknemers wat verantwoordelik was vir die publisering van die advertensie, geskors is. Alle Clicks-winkels sal Woensdag gesluit wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Werner ·

Ons sal haar nou moet bystaan want more is dit dalk jy. Ons sal ook nou sien of Afriforum iets vir ons beteken.Het ek dit nou mis maar volgens die berig is die vrou nou die vark in die verhaal.Volgens die video is haar lewe bedreig

Is jy seker? ·

Rig van ‘n vuurwapen is teen die wet. Perseel betree wat vuurwapens verbied is teen die wet.

Betogings sonder ‘n order is teen die wet. Wie gaan verloor?

Werner ·

Om iemand se lewe te bedreig en winkels af te brand en anargie te veroorsaak is terrorisme en ook teen die wet . Wanneer jy met n rasistiese regering sit wat net sekere volke se regte erken gaan jy met groter probleme sit as net die rig van n vuurwapen

Sobymykoolkop ·

Verstaan nie hoe jy by jou redenasie van afriforum uitkom nie. Afriforum beteken baie meer as wat jy ooit sal besef. Jy ooit ń lid?

Werner ·

Weet van baie gevalle wat hulle hulle nie aan gesteur het nie omdat nie belangrik genoeg was nie

Andre ·

Waarom Afriforum, het die mede inwoners nie ook ‘n plig nie?

Anoniem ·

Sou graag wou weet of die dame in Clicks inkopies wou doen, haar medikasie wou afhaal, of het sy net verby gestap. Volgens wat ek op die video kan sien, lyk dit of EFF lede doodeenvoudig, en om geen rede, skoor met haar gesoek het. Ek hoop nie sy staan terug nie. Gee hulle gas tannie!

Piet ·

Nee. Die vrou het eers die groep betogers afgeneem en toe die groepleier gekonfronteer. Dis toe dat die rusie ontstaan het. Haar voorafgaande optrede het ongelukkig die situasie ontketen.

Daleen ·

O so grootbek Malema mag vuurwapen in openbare plek skiet maar sy mag nie haarself verdedig nie. Kla HOM eers aan en die ene wat sy hande op haar gesit het. Hoop dis die een keer wat ons gaan saamstaan en gee haar alle hulp wat sy nodig gaan he om EFF weer op hulle neuse sal laat kyk. Kom Afriforum hier is nou ‘n lekker saak vir julle!

Aai ·

Die vraag is nogsteeds was haar lewe in gevaar nee.Sy het 5 wagte om haar gehad

Daleen ·

Ja wat niks gedoen het toe hy sy hande op haar gele het nie. MCH niemand kan oordeel nie want ons was nie in haar skoene nie. Hoekom is jy so gretig om dit uit te wys wil jy nie ook voor Clicks saam EFF “vreedsaam” ouer mense gaan intimideer nie want duidelik stem jy met hulle manier van dinge doen. :(

Aai ·

Nee stem glad nie saam met EFF verooreel dit ten sterkte ,dit veroorsaak net probleme hulle het haar uitgelok en sy het vir dit geval en dit is presies wat hulle wou gehad het.Sit die klank aan op video dan sal jy hoor wat hulle haar gevra het en toe val sy vir dit.

Werner ·

Moes sy eers gewag het dat hulle haar aanrand . Jy weet duidelik nie hoe dit werk nie daai wagte is nie aan jou kant nie was al voor hulle beroof dan doen hulle net mooi niks . Daarom Kyk maar na jouself

Werner ·

Beter as jy was in pol. n Mens kan sien jy weet nie veel nie art 49 het net te doen as n arrestatie uitgevoer word so hoekom verwys jy na art 49 . As jy mense wil beledig dink ek jy moet jou vergewis van jou feite voor jy jou naam met n plank slaan

Elsie ·

Werner watse werk dien jy vandag. Sien jy se jy was in die polisie, hoekom is jy weg daar?

gpsa ·

Niemand van ons hou van wat gebeur het nie, en het simpatie met die tannie. Nie een van ons hier stel lands wette op nie. Deur haar optrede goed te praat laat mense onder die wan indruk dat dit die regte opterde was. Mense moet weet dit is teen die wet sodat hulle nie so optree nie. Mense wat die optrede goedkeur moet gaan kyk wat se die wapenwet. Onkunde is ‘n gevaarlike ding, maar kom ons kyk wat se die hof.

Aai ·

Dankie Grant jy ken die vuurwapen wet goed help net vir Werner en Daleen wat dit nie ken jy is 100% reg.

Daleen ·

So jammer die wette in ons land is net op sekere mense van toepassing MCH…… Hoekom is die wapenwet nie op Malema van toepassing nie want dan moes hy nou in die tronk gesit het.

Werner ·

Dink jy en Grant moet eers weer seker maak aangesien jy MCH duidelik nie n idee het waarvan jy praat nie

Werner ·

In watter hof was jy wat uitspraak gelewer het dat sy nie reg opgetree het nie

Daleen ·

Duidelik Werner is daar mense wat dink soos ek en jy en dan is daar mense wat dink soos MCH en Grant. Each to his own al wat ek se die wet moet vir ALMAL geld….. So MCH en Grant julle kennis van die wapenwet beteken niks want die wet word aangepas om sekeres soos Malema te beskerm. My laaste woord oor die onderwerp.

Is jy seker? ·

Enige wapens word in winkelsentrums verbied. Wat wou die tannie maak? Ek vermy winkels sovêr moontlik met covid, maar die tante gaan “shop gun in hand”…

Hexadane ·

Ek is nie so seker van die stelling van jou nie. As daar nie n geen wapen toegelaat bordjie by die ingang hang of vertoon word nie is sy in haar volle reg om een te dra (versteek).
Ek weet nie wat die toelatings verbode is by die spesifieke wikel sentrum nie, maar ek weet van n paar wat nie sulke borde vertoon nie. die sentrum moet dan ook veilige bewaaring van jou vuurwapen kan bied aangesien jy jou vuurwapen nie in jou voertuig mag los nie. Dan ook hoekom het die sekuriteit nie die betoogers van die tanie weg gehou nie? Hulle kon die konflik vermy het deur die betoogers weg te hou en die tanie veilig uit die gebou uit vergesel het.

koos10 ·

Ek dra eerder my vuurwapen en het hom nie nodig nie, as wat ek hom nodig het en nie dra nie!

Alet ·

Hoe kom die rower in wat die bank of winkel beroof BINNE in die sentrum ?

gpsa ·

Mense behoort wapens te dra en hul self beskerm. Besef net rig van ‘n wapen moet nie lig opgeneem word nie.

fs ·

ek gaan ook met my wapen winkels toe – ek is vrou alleen en ‘n sagte teiken vir die idiote…. ek het ‘n geldige lisensie en ‘n geldige bevoegdheid sertifikaat en ek WEET hoe en wanner om my wapen te gebruik. Die tannie is in my mening ten volle geregtig om haar eie lewe te beskerm… daai outjie met die rooi hoed het sy hande op haar gelê en haar fisiese veiligheid bedreig!

Anon ·

#Is jy seker?

Mag die tannie haar wapen in haar voertuig los? Is jy bewus van al die kapings? Is jy bewus van al die misdaad? Wat wou sy doen? Regtig? Is jy verveeld dat jy sulke snert kwytraak? Wie is die EFF om mense te intimideer en dan mag niemand iets daaraan doen nie? Wie IS hulle om sagte teikens te treiter?

Sterretjie ·

Dan moet die Tannie maar klagtes indien van Crimen Injuria, Intimidasie en Aanranding want sy is gestamp.

Aai ·

Gee haar nogsteeds nie die reg om haar wapen te trek en te rig.Sy het nog baie om te leer.(verstaan my mooi ek staan nie op vir die EFF ek staan op vir die redelike man op straat)

Danie ·

En toe vertrap die Exclusively For Fools mekaar, en begin sommer te drup van vrees, toe baie klein tannie ‘n nog kleiner vuurwapen uithaal

Nie Verbaas ·

Clicks se hofbevel duidelik dat kliente nie verhoed mag word om besigheid te doen nie en polisie doen absoluut niks. Hoekom maak Clicks nie saak teen polisie nie?

Johann ·

Lyk amper na provokasie as mens die video bekyk.
Sal interessant wees om te sien hoe die reg die twee partye se teenwoordigheid by die plek en die intensie van die teenwoordigheid opsom in die saak.

Piet ·

Sy’t eerste die groepleier van die betogers gekonfronteer waarna die rusie uitgebreek het. Die antie was duidelik GV vir die situasie maar moes liewer nie aanleiding gegee het nie.

Sandra ·

Ek is verbaas dat die EFF dink dat hulle die wet nou kan gebruik om ‘n klag te le. Hulle is die mense wat teen ‘n hof interdik gaan wat se dat hulle nie Clicks se eiendom mag beskadig of klante mag belemmer om in te gaan nie, en hulle doen altwee. Nou skielik wil hulle he die wet moet hulle help.

Misky ·

Tannie, ek dink ek praat namens duisende SA’ners vandag en ek saluut jou en jy het gedoen wat ons almal graag wil doen. Die terroristiese papbroeke is nie gewoond om daardie kant van die vuurwapen te sien nie. Ons staan bankvas agter jou en ek weet die regte regshulp sal jou bystaan. Welgedaan en moenie laat hulle jou intimideer nie.

Plaaskind ·

Tipies hoe hul te werk gaan, agterbaks en altyd onskuldig tot die einde. Ek is al so naar vir al die drama.

Persheks Adri ·

Ai tannie ons staan agter tannie! Hulle het haar beslis uit getart! Hy sou nie eers aan my gevat het nie.

#Tsek EFF tsek man!

Anoniem ·

Laat die gereg sy gang gaan en eers alle inligting inwin. Alles is nie altyd so eenvoudig soos dit op die oogaf lyk nie.

Piet ·

Korrek, sy’t hulle eerste gekonfronteer volgens ander bronne wat ek gelees het.

Mariana ·

Maar hoekom het iemand iets anders verwag. Die EFF is die mees verontregte spul in SA. En onthou as hulle praat moet almal spring. Wat ‘n klug, die spul werk nie, hulle kyk net waar hulle chaos kan bring. En wat gaan geber met die petrolbomgooiers en vandale……..niks. Vraag is hoekom daar nooit iets met hulle gebeur nie. Nee neem ‘n ou vrou in hegtenis omdat sy wapen rondswaai. Malema vuur aanvalsgeweer in skare af maar loop vry rond. Waar is die geregtigheid, nee in die land is die gereg aan regte misdadigers se kant en mag daar onderskeid wees tussen wit en swart.

Pietertjie ·

Ek dog die EFF ontken hulle betrokkenheid by die Clicks-geweld…

Renier johannes ·

Waar is die polisie ? Eff kan doen wat hulle wil on aanvaarbaar.

Anoniem ·

Natuurlik sal hulle, hulle is mos die victims in alles wat hierdie wêreld bied!

ES ·

Maar wat van Malema wat met ‘n aanvalsgeweer in die openbaar SKIET. Sy het net haar wapen uitgehaal?

Esta ·

Wat dan van Clicks wat die EFF wou brand met werknemers wat nog binne was ? Is dit nie poging tot moord nie? Vra maar net…..

Fedup ·

What do you expect from a garden gnome?
Pathetic, useless and uhm, yeah i am sure ya all know what i mean.

AndrewL ·

Nou toe Juliaas. Aan die een kant sê jy dit was nie die EFF gewees wat Clicks aangeval het of mense intimideer het nie. Nou lê jul ‘n klag teen ‘n vrou wat haarself wettiglik beskerm het.

Jakes ·

Wys jou maar net daar is nog mense in SA wat hul man kan staan en dit nogal n dame.

Danie ·

Ja nou is sy in groot moeilikheid en dit nadat hulle haar herhaaldelik gekonfronteer het. Mense is opgewerk en moedeloos in hierdie land maar ons mense moet asseblief kophou. Jy kan alleenlik jou vuurwapen rig of n skiet wanneer jou lewe bedreig word. Haar lewe was nie bedreig nie. Sy was gewikkeld in n konfrontasie en was omring deur sekuriteit wat haar beskerm het dit is ooglopend maar toe word sy weggevoer deur haar emosies en haal haar wapen uit. Jy kan nie en jy mag nie.

Piet ·

Sy het eerste die groepleier gekonfronteer waarna die situasie hand uit geruk het.

Chappie ·

Malema en lede mag vuurwapens skiet in die openbaar, al is dit net in die lug in, Winkels word aan die brand gesteek en geplunder en almal loop nogsteeds vry rond?? Maar laat die dame nou wys dat sy haar lewe kan en gaan beskerm, o nee, dit mag nie gebeur nie!

Kattebol ·

Mooi so tannie, ek salueer jou dat jy op jou regte gestaan het. Hulle was ‘n oormag en jy het geen beskerming gehad nie. Die wagte het jou nie beskerm nie. Ek sou ook my vuurwapen gerig het om hulle van my lyf af te hou. In elk geval moet hulle toegesluit word vir oortreding van die sosiale distansie – covid wet. Sover ek weet is dit nog nie opgehef nie.

Mieke ·

Ag tog die arme vrou het baie bedreig gevoel! Mens kan haar regtig nie kwalik neem nie!!

Andre ·

Hulle is daar om ‘n ou dame in hegtenis te neem wat haarself beskerm. Waar was hulle om haar te beskerm?

Anon ·

Die malls moes in die eerste plek die EFF VERWYDER het en nie onskuldige mense in so ‘n posisie geplaas het nie! Dis ‘n skande dat Julius Malema alles en almal wil intimideer en daarmee wegkom!

4ntj13 ·

Sy was tydens die voorval deur polisie of sekuriteitsbeamptes begelei. Wie het hulle beskerm? Vir haar of die raseriges? Ek sou dink dat dit reeds nodig was, sê alles. Tog moet ek sê sy is nie behoorlik opgelei as sy ʼn vuurwapen as afskrikmiddel gebruik het terwyl sulke mense haar reeds beskerm, nie. Maar ek dink die raasbekke behoort ook vervolg te word omdat hulle oumense verhinder om mediese sorg te ontvang. Die polisie kan dit mos doen sonder dat sy hoef te gaan kla soos die EFF.

Piet ·

Betogers moet nie toegelaat word om binne geboue en winkelsentrums te betoog nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.