VSA swartlys Gupta-broers

Mike Pompeo, die VSA se minister van buitelandse sake.

Suid-Afrika se minister van justisie sê hy het kennis geneem van die VSA se besluit om sanksies teen Ajay Gupta, sy broers, Atul en Rajesh, asook Salim Essa in te stel.

Die Amerikaanse departement van finansies se kantoor vir buitelandse batebeheer (OFOC) het dié stap Donderdag laat aangekondig. Dit is gedoen weens hul “betrokkenheid by korrupte bedrywighede met staatsamptenare en amptenare van staatsbeheerde instellings vir hul eie persoonlike gewin”, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Michael Pompeo, gesê.

“Ná vandag se optrede word enige eiendom, of belang in eiendom in enige Amerikaanse jurisdiksie, verbied. Amerikaners word in die algemeen ook verbied om sake te doen met verbode persone, asook entiteite wat deur hulle besit of beheer word.”

Pompeo het voorts gesê die optrede dui op die VSA se deurlopende verbintenis tot deursigtigheid, verantwoordbaarheid en regspleging wêreldwyd.

“Ons loof die rol wat Suid-Afrikaanse burgerlike aktiviste, fluitjieblasers en ondersoekende joernaliste gespeel het om die soeklig te laat val op die Gupta-netwerk se uitlokking van misdaad in staatsdepartemente, asook ander korrupsie. Dit het beleggers afgeskrik en Suid-Afrika se ekonomiese groei belemmer.”

Die VSA sê hy steun die Suid-Afrikaanse regering se pogings, ook dié deur sy regbank, kommissies van ondersoek en wetstoepassingsagentskappe, om die voorvalle van beweerde korrupsie te ondersoek en betrokkenes te vervolg.

Pompeo het gesê suksesvolle vervolgings is belangrik om ʼn toekoms van verantwoordbare regering te verseker, waar ekonomiese geleenthede vir alle Suid-Afrikaners geskep word.

Ajay en Atul Gupta. (Foto: ANA)

Suid-Afrika se minister van justisie, Ronald Lamola, het die VSA se optrede verwelkom en sê die lande het ʼn lang geskiedenis van samewerking.

“Die belang van geregtigheid mag nooit gekniehalter word deur enige grens nie en mense moet sien dat geregtigheid geskied sonder vrees of vooroordeel,” het Lamola gesê.

Die Gupta-broers word nou verbind met bewerings van staatskaping in Suid-Afrika. Essa, een van die omstrede familie se luitenante, het na bewering ʼn sentrale rol in die familie se sakenetwerk gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

A-nee-a ·

Die mate van skelmgeit van die Guptas ken geen einde nie!

Sarel ·

Die enigste wat ons dalk nooit sal sien nie is vervolging van die skuldiges. Want dit word net nooit in SA gedoen nie

Da_eYe ·

Skelm truuk van Trump administrasie om aandag af te lei van sy korrupte phone call na die Ukraine en hangende impeachment. Wil nou maak asof hy ‘n voorste vegter is van korrupsie. Stel geensins belang in RSA se dinge…. derde wereld land in sy oe :-(

Andrea van Vuren ·

Suid-Afrika kan by VSA leer. Kyk net hoe vinnig het hulle opgetree. Ons moes eers geswig het onder hul korrupsie voordat iets gedoen is.

Haai nooit ·

Skande dat die VSA teen hulle optree, maar hier waar hulle geplunder het, kom hulle skotvry daarvan af

Gert van Wierdapark ·

Pateties dat die a en see regering nie lankal dieselfde met die Gupta’s gedoen het nie!

dennis jones ·

ons moet nie Naspers se rol vergeet nie ,wie gaan hulle laat antwoord,hulle het geheul met die Guptas om invloed by Zuma te kry, die ANN7 nuus kanaal is jare lank gedra teen n verlies deur Naspers,die skynheilige spul

wilma ·

ekonomiese geleenthede vi alles Suid Afrikaners. Dan bedoel die VSA tog seker blankes ook ne SA Regerings Amptenare

Magda ·

Moo iman – nou nog net Sanksies teen Suid Afrikaanse mense wat korrupsie pleeg en met ONS belasting geld oorsese transaksies doen. KOM VSA – SANKSIES TEEN SUID AFRIKA INSTEL – Ek is dan 100% oortuig dat vervolging WEL sal plaas vind.

Niklaas ·

Daai Gupta boeties is seker nie so gepla nie. Hul hoef nooit weer te werk nie met die miljoene wat uit SA geskep is. Kan rustig in weelde woon in Dubai sonder bekommernisse. Dankie aan oom Zuma

Andrea van Vuren ·

Oom Zuma en sy seuntjie trek een van die dae by hulle in.

Lynette ·

Ek wat gebeur hier met hulle .. mmmm niks. Wat ‘n skande.

Leon ·

Sien hulle wat dom en stupid. Hulle moes vir kuifie elke maand ‘n miljoen Dollar gegee het soos wat hulle met Jakob gemaak het. dan sou hy hulle beskerm het.

Landie ·

Die Zondo kommissie kos belasting betalers ‘n klomp geld. Maar ek het my bedenkinge of enige vervolging sal plaasvind oor alles wat daar ontbloot word. So weereens betaal ons vir die gelag.

Winx ·

Burgerlike organisasies, fluitjieblasers en ondersoekende joernaliste…. ek salueer julle. Jul is meer kragtig en kry meer uitgerig en ontbloot meer as al die SA wetstoepassings en vervolgingsinstansies gekombineerd. Dit is al menslike hoop wat daar nog is. Mag jul beskerm en geseën word in jul daaglikse take om aan te hou veg vir die eerlike en goeie.

Carl Jordaan ·

Waarom is hulle toegelaat om die land uit te vlug. Waarom is hulle passpoorte nie ingetrek nie? Het iemand n stewige fooitjie gekry om die deur oop te maak? Wie het almal hierby gebaat? Hoort daar nie n paar van ons eie amptenare aangekla word vir die mense se ontvlugting nie? Erger nog, is daar nie dalk poltieke druk gewees om hulle te laat gaan nie, want dalk kon hulle teen korrupte poltici getuig.

Da_eYe ·

Skelm truuk van Trump om aandag af te lei van sy korrupte phone call na Ukraine en hangende impeachment. Wil nou maak asof hy ‘n voorste korrupsie vegter is. Stel geensins belnag in RSA se dinge… derde werld land in sy oe :-(

Martin ·

Ek wag om te hoor wanneer gaan ander lande ook begin sanksies instel teen hulle

ChrisE ·

Wat se waansinnigheidswaansin van die VSA en die SA regime. Wie het die VSA aangestel as die moraliteit en etiek polisie van die wêreld. Wat hulle met hul “constructive engagement” doen is veel erger as die miljarde wat die Guptas gedoen het. Ons regime draai hul rug op die weste en die VSA maar prys en heul met die muishonde van die wêreld. Kan het niet gelofen. Bisar.

Boerseun ·

Ai dalk as die staats kaping deur gevoer was,was ons almal beter af,nou is ons in die lewende dooie Ramaphosa se hande.

marous ·

Weet Pompeo dat die twee genooi is om te plunder deur dieselfde spul wat nog steeds in die parlement sit ?

VSA ·

Solidariteit se besoeke aan die VSA werp vrugte af. Gaan voort daarmee.

Johanna Botha ·

En die ANC doen niks in SA om hulle te vervolg of die geld terugtekry nie …anc is lamsakke !

Linda ·

Dis n skande dat niks in Suid-Afrika teen die Guptas gefoen is nie, behalwe bankrekeninge gesluit ens, nou tree Amerika in en doen die regte ding !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.