Vyf kinders sterf toe motor brand

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Verskaf)

Vyf kinders is Sondagaand in ʼn botsing naby Vredefort in die Vrystaat dood toe die motor waarin hulle gereis het aan die brand geraak het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die motor en ʼn vragmotor het Sondag om 19:24 op die R721 vermoedelik gebots.

Die vragmotor het glo teen die agterkant van die motor vasgery.

Die voertuig met ses insittendes het glo langs die pad gestaan toe die vragmotor dit getref en dit in vlamme uitgebars het.

Herbst sê by paramedici se aankoms op die toneel was die voertuig steeds aan die brand en vyf kinders tussen die ouderdom van tien en 18 jaar het verkool.

“Die geslag van die oorledenes kon nie bepaal word nie omdat hulle almal onherkenbaar verbrand het,” sê Herbst.

Die bestuurder van die motor het volgens paramedici geen beserings opgedoen nie.

Die vragmotorbestuurder was ook glo nêrens op die toneel te vinde nie. Dit is onduidelik of dié persoon al opgespoor is.

  • Maroela Media het ʼn navraag aan die Vrystaatse polisie gerig en wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Miena ·

Dit is baie hartseer . Maar HOE kan die bestuurder van die kar niks beserings opgedoen het nie – as die ander verkool het?, en dis glad nie skokkend om te hoor die vragmotor bestuurder het weggehardloop nie. Dis mos hoe dit gaan…

Agge nee ·

Dit is alles te danke aan ons nuwe motors wat deesdae plastiek tipe petroltenks het. In die ou motors was die tenks nog van staal en het nie van ‘n stamp sommer gebreek, al die petrol op een slag uitgestroom en nie sommer in vlamme uitgebars nie. Skrikwekkend om te dink, ons almal ry met ‘n tydbom van so om en by 35-50 liter petrol in ons motors.

Pietertjie ·

Dis tyd dat Suid-Afrika tot ‘n pandemie verklaar word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.