Wag sterf toe hy Pta-kabeldiewe wil stuit

Die Njala 132KV substasie. (Foto: City of Tshwane/Twitter)

ʼn Veiligheidswag wat probeer keer het dat kabels by die Njala 132KV-substasie in Tshwane gesteel word, is deur die boewe doodgeskiet.

Die diefstal van die kabels het duisende inwoners van Pretoria in duisternis gedompel.

Themba Fosi, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste by die Tshwane-metro, het Woensdag bevestig dat ʼn 29-jarige wag by dié substasie dood is.

Na verneem word was daar ʼn skietery tussen die wag en die kabeldiewe voordat hulle met sowat 100 m se kabels weggekom het.

“Die polisie ondersoek die saak verder en sal mettertyd meer inligting oor die voorval bekend maak,” sê Fosi.

Hy het namens die stad sy innige meegevoel met die slagoffer se geliefdes betuig.

Die kabels is Woensdagoggend vroeg gebuit en het beteken dat groot dele van Tshwane, veral die ooste van Pretoria, sonder krag sit. Gegewe die reuseskade wat aangerig is, sal herstelwerk waarskynlik geruime tyd duur.

Die voorval beklemtoon presies hoe groot die probleem met kabeldiefstal en die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur in Tshwane – en ook landwyd – is.

“Dit is hoog tyd dat ons regering substasies nasionale sleutelpunte maak sodat dit beveilig kan word om deurlopend krag aan gemeenskappe te verskaf,” sê Fosi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kokerboom ·

Hierdie is waaragtig ‘n oorlogsverklaring. Die boewe moet elimineer word uit samelewing
Hoekom is gemeenskap so traag in optrede?

Pietertjie ·

Daarvoor is tronke vir miljoene kriminele nodig, wetstoepassers inkluis.

Johan Tredoux ·

n Goeie daad word nooit ongestraf gelaat nie. Don’t be the hero. Only fight for yourself.

KatjieDeKat ·

There’s people who consider it their work to fight. They’re called mercenaries. Maybe the government should hire some to keep our electrical grid safe. Of course it will have to be the taxpayer paying for it, the government won’t. But i’m sure that’s one thing we won’t mind paying for. Afduimpie nie van my, jy’s geregtig op jou opinie.

Johan Tredoux ·

Baie dankie vir die kommentaar. Kan dalk net werk. Hulle is mense met n ander gedagtegang as die gewone persoon. En oor die af-duimpies…Ek tel hulle.

Kokerboom ·

Ek dink dis uiters onverantwoordelik om te verwag dat een wag ‘n klomp van die ekonomiese boewe moet aanvat! Wag moet observeer en per radio/foon ‘n bystandstaakmag inlig wat boewe verwyder!

MJLS ·

Dis tyd dat Ramagrappa en Celegrappa hulle poste verlaat. Hulle het SA in ‘n moordmekka inregeer.

Sterkte aan die wag se naasbestaandes.

Prof ·

Kabel diefstal vererger. Trokke word daagliks uitgebrand. Misdaad is aan die orde van die dag. Die regering beskou dit nie as ‘n probleem nie. Solank alles agteruit gaan is hulle gelukkig

Chopper ·

Vandat hulle artikel 16 uit die strafproses wet uitgeskryf het maak al wat krimineel is wat hy wil, want daar is geen erge gevolge meer vir enige misdade nie.

Perdeby ·

Dit is hoog tyd dat ons regering substasies nasionale sleutelpunte maak sodat dit beveilig kan word om deurlopend krag aan gemeenskappe te verskaf,” sê Fosi. DIT WAS IN DIE OU REGGERING SLEUTELPUNTE GEWEES, WANT EK was in die SAPD en ons moes dit elke uur besoek het, net soos die Ambassades elke een moes elke uur besoek geword het.

KatjieDeKat ·

Een ding wat jy moet verstaan, ons lewe nou op n ander planeet. Dis letterlik hoe groot die verskil is tussen Toe en Nou. Sad but true.

Di ·

Kriminele en anargie het hierdie land verwoes. Die huidige regering is die oorsaak dat dit handuit geruk het en moet die blaam vat hiervoor. Ons as landsburgers sal self moet opstaan teen hierdie sabotasies want die ANC Kaders gooi ‘n blinde oog vir al die misdaad wat plaasvind.

Althes ·

My innige simpatie aan die wag se familie. Hy was iemand se seun, se broer, se kêrel, dalk nog ñ pa wie vir sy gesin sorg.
Die regering het sy burgers lank gelede al gefaal. Hul gee eenvoudig nie om nie.
Ons Suid-Afrikaners moet elke dag ñ stryd voer omdat misdaad buite beheer is.

miche ·

Gaan jul dié wag darem ook ‘n Staatsbegrafnis gee, ANC? Gaan jul sý familie ook darem bystaan ná die verskriklike gebeurtenis en trauma?
Of gaan hy en ander wagte wat hul lewens alreeds verloor het (of nog gaan verloor ) net as statistiek beskou word?

Theuns ·

Hierdie opregte Suid Afrikaner is VERMOOR omdat cadre ramaposa en sy gespuis wetsgehoorsames arresteer as hul hulself verdedig. Ktiminele het egter die reg om te moor sonder waarskuwing
Skiet op sig is al oplossing en GEEN arrestasie of saak teen mense wat onwettige betreders doodskiet nie.
Skiet op sig indien op verbode terrein en stop die terrotiste se heerskappy en moordtog.
Red die land van die wurggreep vdn die cadre kriminele

Pietertjie ·

Lyk my daar’s ‘n kompetisie tussen kabeldiewe en trokbranders oor wie eerste die staatskapers kan verbysteek. En SAPS kyk toe, terwyl TMPD werk aan omkoop-ompaaie.
Iets maak my dink dat die veiligheidswag aan ‘n privaat-maatskappy verbonde was.

Minnie ·

Skokkend en baie baie hartseer.
Ons land is in groot moeilikheid en ons leiers doen niks nie.
My innige simpatie aan die wag se familie.

etienne ·

neem n man se lewe, n man met n vrou en kinders, en dit vir 100m kabel. Ek is spaakloos, hierdie land is in anargie. Die kriminele element is totaal buite beheer, en die regering is planloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.