Werkers óók benadeel as hulp vir wittes geweier word

Magoebaskloof-hotel (Foto: Magoebaskloof-hotel/Instagram)

Deon Steyn, die eienaar van Magoebaskloof-hotel naby Tzaneen in Limpopo, sê sy werkers word net so hard getref deur die besluit om finansiële staatshulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) toe te ken op grond van ras.

Steyn het Sondag aan Maroela Media gesê hy het dadelik toe hy bewus geword het van die Toerisme Verligtingsfonds, aansoek gedoen en die dokumente noukeurig nagegaan wat hy ingedien het. “Ek het ʼn geoutomatiseerde boodskap ontvang dat die aansoek ontvang is, maar nie weer iets gehoor nie. Ek het later weer die aansoek ingedien, vir ingeval daar dalk ʼn tegniese fout ingesluip het.”

Steyn het gesê toe hy aanvanklik gehoor het dat hulp afgekeur gaan word indien die eienaar wit is, het hy gedink dit is dalk maar net die holruggeryde rympie en nie moed opgegee nie.

“Ek het egter moed verloor toe Solidariteit en AfriForum hul saak in die hooggeregshof verloor het.”

Uitspraak in die hooggeregshof

Maroela Media het vroeër berig regter Jody Kollapen het op 30 April 2020 in die Pretoriase hooggeregshof beslis dat die departement van toerisme ras as kriterium vir die toekenning van finansiële hulp aan KMMO’s mag gebruik. Solidariteit en AfriForum het die hof genader toe dit bekend word dat die departement van toerisme die bepalings van swart ekonomiese bemagtiging gaan gebruik om te bepaal watter ondernemings finansiële bystand kry weens die verliese wat hulle tydens algehele afsondering ly. Die organisasies beplan nou om die Grondwethof direk te nader met ʼn appèlaansoek teen die uitspraak.

Steyn se Magoebaskloof-hotel is een van finansiesminister Tito Mboweni se gunsteling-kuierplekke.

“Ek het self met minister Mboweni gesels en my griewe gelug. Ek betaal maandeliks al die vereiste belastings soos PAYE, WVF, belasting, en het al die nodige sertifikate en registrasies, maar nou voel dit of ek nie kan voordeel trek uit die belasting wat ek betaal nie,” het Steyn bygevoeg. “Trouens, spazawinkels wat waarskynlik nie by CIPC geregistreer is nie, trek nou voordeel uit die belasting wat ek betaal het. Dit is onregverdig. Dit moet nie gaan oor mens se velkleur nie.”

Mboweni ondersteun nie raskriteria nie

Tito Mboweni, minister van finansies. (Foto: GCIS)

Mboweni het intussen gesê hy ondersteun nie die kriteria wat finansiële staatshulp aan KMMO’s toeken op grond van ras nie. Hy het in ʼn vergadering van die parlement se staande en gekose komitees oor finansies gesê alle ondernemings wat finansieel deur die Covid-19-pandemie geraak word, moet steun by die staat kry, ongeag die ras van die eienaar.

Mboweni wil Mmamoloko Kybayi-Ngubane, minister van toerisme, uitdaag oor die standpunt van dié departement wat ras as kriteria vir finansiële hulp aan kleinsakeondernemings wil gebruik.

Hy het in die vergadering gesê hy kon aanvanklik nie glo wat Steyn vir hom sê nie. “[Steyn] het egter aangedring dat die staat werklik nie sy kleinsakeonderneming finansieel wil steun nie, omdat hy wit is. Hy het ook aangedring dat ek met die minister van toerisme oor die saak moet praat,” het Mboweni gesê.

Van die 41 werknemers by die Magoebaskloof-hotel is Steyn en sy seun die enigste wit personeellede. Hy het 39 swart werkers in sy diens.

“Daar sal altyd ’n vooroordeel wees teenoor opkomende swartbeheerde sakemanne, omdat daar vir so lank teen hulle gediskrimineer is. Maar laat ons eerder saamwerk en die Suid-Afrika van ons drome bou: nie-rassig, demokraties en welvarend, ” het Mboweni gesê.

‘Ek sal nie stilbly nie’

Uitsig van die Magoebaskloof-hotel (Foto: Magoebaskloof-hotel/Facebook)

Steyn het bygevoeg hy doen moeite om seker te maak dat hy slegs Suid-Afrikaners aanstel en hy doen moeite om plaaslike verskaffers en produsente te ondersteun. “Ek betaal eerder ʼn paar sent ekstra om plaaslike ondernemings te ondersteun as om iets by groot maatskappye aan te koop.”

Hy het intussen ook met ʼn internskapprogram begin waar werknemers indiensopleiding ontvang in die hotelbedryf. Hy bied ook gereeld sy konferensiefasiliteite gratis aan vir plaaslike stamme.

“En nou, die een keer wanneer mens op die knoppie moet druk vir hulp, word dit geweier. Ek sal nie stilbly hieroor nie. Ek weet daar is ander eienaars wat dieselfde probleme ondervind en net soos ek voel, maar uit vrees vir viktimisasie of dat ons ‘rassiste’ genoem sal word, bly hulle eerder stil. Ek wil egter baklei vir reg en regverdigheid.”

Steyn maak intussen van familiefondse gebruik om die hotel se deure oop te hou, maar dit is byna uitgeput. Sonder hulp sal hy waarskynlik teen volgende maand die hotel se deure moet sluit.

“Ek bly egter vol hoop vir ʼn uitkoms,” het hy bygevoeg. “Ons bied akkommodasie vir nooddienswerkers en konferensiefasiliteite waar dit benodig word.”

Solidariteit gaan Steyn ondersteun

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (Foto: Reint Dykema)

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Sondag gesê sy organisasie gaan namens Steyn optree. “Dit is ook ten behoewe van sy werkers wat net so hard deur die absurde besluit, om mense op grond van die ras van die eienaar te help, getref word,” het Hermann gesê. “Dit is ʼn dubbele slag, eerstens vir Deon en tweedens vir sy werkers.”

Solidariteit se regspan vergader reeds om verskeie regsopsies te oorweeg om namens Steyn op te tree, insluitend die moontlikheid om hom deel te maak van die aansoek in die Grondwethof.

Solidariteit sal Steyn ook ondersteun met sy aansoeke vir hulp by die verskeie fondse.

“Solidariteit en AfriForum se aansoek is namens die duisende Deons en hulle werkers wat op grond van die absurde rasideologie van die staat uitgesluit en benadeel word,” het Hermann bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

JJ ·

Laat jou wonder. Oor die hele wereld het nog nie een staatsamptenaar sy werk verloor nie en ek kan ook nie enigte berigte opspoor waar salarisse van staatsamptenare verminder is nie. Hierdie pyn wrd deur alle lede van die publiek en privaatsektor alleen gedra.

koos10 ·

JJ, moet asb nie veralgemeen nie, daar is BAIE staatsamptenare wat dwars deur hierdie ding gewerk het, en sommige het meer ure in gesit aangesien ander nie kon kom werk het nie. Polisie lede, weermag lede, onderwysers, verpleegsters, dokters, ens. So dink baie mooi wat jy verkondig, dis die mense wat sorg dat jy nog kan veilig wees.

Tanya ·

Koos ek dink JJ bedoel spesifiek STAATS AMPTENARE…. soos in Ministers, ens. Dit is beslis nie gemik (soos dit vir my lyk) op die noodsaaklike werkers nie.

Jannie van Niekerk ·

Die hartseer van die saak is dat al die swart werknemers WEER vir die ANC sal stem. Hulle neem die WIT werkgewers kwalik omdat hulle sonder werk sit. Die ANC sal nie kwalik geneem word nie want hulle het mos die mense “gered”. Wat die werknemers nie wil weet nie, is dat die regering weier om blanke besighede te help al is dit “Blanke Monopoliekapitaal” wat in die hulpfonds inbetaal is. Wit geld mag dus swart ondernemings help maar nie blanke ondernemings nie. Ek kry geen ANC ondersteuner jammer wat sy werk verloor het as gevolg van inperking as hy na dietyd nogsteeds vir die ANC stem nie. Blanke ANC ondersteuners ingelsuit.

Rose ·

Julle gaan baie geld verloor met die hofsake, die ANC het die opperhand hier. Hulle gebruik die Covid19 vir politieke voordeel en om n geldjie te maak vir hulself, Nou kan die staatskas wat klaar kaalgat is, nog verder gestroop word en dit met die blessings van die wereld onder die dekmantel van die pandemie.

Francois ·

Jy bedoel die kovic het die staatskas opgevul so nou ksn hulle almal weer voordeel trek uit die plundery

Michael 1 ·

Rasse diskriminasie is verkeerd en dit dwing my nou om wit besighede te ondersteun en die groot verloorder gaan swartmense wees en dit net omrede die anc leiers se rasistiese beleide.

Wondermaarnet ·

Ek stem saam. Ek ondersteun nou net wit. Ek betaal mos genoeg belasting.

Jaco ·

Ek ken heelwat swart sake eienaars wat van my kliënte is, ek het hul onlangs gevra en nie een van hul het al hulp ontvang nie….nou wonder mens waarheen daai geld gaan…?

Michael 1 ·

Dit is nou die anderkant van die muntstuk waarvan ons nie weet nie

Nell ·

As hulle so met kospakkies kan knoei hoef ons nie te wonder waar die geld heen gaan nie.

Marius ·

My belasting geld het geen kleur as dit betaal word nie maar het n kleur as dit uitgegee word baie vreemd

Jr ·

Read his history on Google and it soon becomes clear to me that he gave the verdict from his personal history of beliefs in the judiciary having the power to change as he says ” inequalities “. This is not the role of a judge. A judge must not give a verdict on personal beliefs and emotions. Which is precisely what he did. In his verdict there were no facts used as base. But politics. Specially selected in my opinion

Alet ·

My huis werker word binne 24 uur deur die WVF uitbetaal maar my wit werker word geweier.

Michael 1 ·

Ek het dit al n paar keer gehoor by mense wat besighede het ,dit sal goed wees om te sien of dit die waarheid is.

PieterP ·

Kan net hoop en bid dat die ANC hulle eerste 39 stemme verloor het.

AmY ·

Nou tyd dat ek weer my brood en koekies by die tannie in my kerk koop.
En my melk by die oom op die plot.
En my juwele by die meisie wat dit verkoop om vir haar studies te betaal.
En o ja, my buurvrou maak seep wat heerlik ruik.

Martie Smartie ·

Gaan kyk maar wie en wat is Jody Kollapen. Dan sal mens verstaan – wie se brood jy eet die se lied jy sing …

George ·

Ek verstaan ,maar Andry hoekom teken jy nie ook witmense aan nie.
Laat my ook met vrae.

Marius ·

Die Covid-19 tragedie leer ons as burgers baie van ons self en dan ook van die regering , wat ek as WIT belasting betaler moet onderhou . Hulle as ministers leef in weelde maar die mense op grondvlak word erg benadeel deur hulle swak besluite soos om net swart besighede te ondersteun . Dit laat mens wonder of al die geld wel na die regte plekke gaan en aan die regte partye betaal word . Hoeveel ministers gaan na die krisus n nuwe moter ry of in n groter huis bly – vra maar net ????

Ferryman ·

In die laaste tyd dink ek oor waar ek regte wil studeer. Dit is hierdie tipe dinge wat my finaal laat besluit het op Akedemia. Ek sal dan ook voorkeur gee aan blanke kliente. Ek sal waar moontlik ook in die toekoms slegs blanke besighede ondersteun.

Francois ·

Ek stem ongelukkig saam JJ en teen Koos10. Ek weet van sekere staatsamptenare wat elle week gaan vliek in werkstye. Kyk na die hulp van staatsamptenare voor die Kovic. Hulle weet hulle sal betaal word elke maand en boonop nog aandring vir n verhoging terwyl die in die private sektore moet veg vie n paar rand salaris. Dieselfde met die onderwysers. Bitter min doen daaglikse werk vir die kinders en tog vereis die staat jy moet aanhou betaal want hulle moet ook betaal word maar wie baklei so vir die mense in private sektore om net n paar rand huistoe te kan vat. So ek stem. No work no pay.

Alexz ·

Ou gesegde:
Wanneer jy ñ Zebra skiet en tref hom in die wit streep, dan vrek die swart strepe saam met die hele dier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.