Zondo sê eers Donderdag oor Zuma-aansoek

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, hoof van die kommissie van ondersoek na staatskaping. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Uitspraak in oudpres. Jacob Zuma se aansoek dat adjunkhoofregter Raymond Zondo hom as voorsitter aan die kommissie van ondersoek oor staatskaping moet onttrek vir die duur van sy getuienis voor die kommissie is weer uitgestel.

Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die Zondo-kommissie, sê Zuma het Woensdagoggend ʼn beëdigde verklaring by die kommissie ingedien wat die voorsitter moet oorweeg.

Zondo sal dus nou eers Donderdag omstreeks 10:00 sy besluit bekend maak.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo en oudpres. Jacob Zuma.

Zuma se regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane, het vroeër vandeesweek verskeie redes aangevoer waarom Zondo hom moet onttrek, waaronder dat hy Zuma goed ken, dat Zuma soos ʼn verdagte eerder as ʼn getuie hanteer word, dat Zondo bevooroordeeld teenoor Zuma is en dat die aanstelling van die kommissie ongrondwetlik was.

Al hierdie bewerings is deur adv. Paul Pretorius namens die kommissie ontken.

Die uitstel van die besluit tot Donderdag sal twee gevolge hê.

Eerstens beteken dit Zondo sal Zuma in die oë kyk terwyl hy sy besluit bekend maak, want Zuma moet hom Donderdagoggend weer by die kommissie aanmeld nadat hy Woensdag ʼn begrafnis bygewoon het.

Tweedens gee dit Zondo die geleentheid om sy besluit deeglik voor te berei en te omskryf, wel wetend dat Zuma waarskynlik daarteen gaan appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johanncb ·

As die Regter nou onttrek, beteken dit dat al sy werk tot nou verlore gaan! Bly asseblief, Regter Zondo!

FM ·

Regter Zondo is sterk. Ek hoop dat hy buitengewone krag sal kry om hierdie hele klag met SUKSES sal afhandel.

Adam Adriaan ·

As Zondo hom onttrek dan is die regbank ook gekaap. Ek glo Zondo sal hom nie onttrek nie.
Hy is nie besig met ‘n verhoor nie. Hy kan nie Zuma skuldig of onskuldig bevind nie. Hy kry maar net alle feite bymekaar, om korrekte afleidings en gevolgtrekkings te maak, deur die NVG

Tanja ·

ag tog! zuma sal een of ander verskooning uit dink om nie in die oë gekyk te word nie

Johnny ·

Zondo is bang vir hierdie klomp korruptes. Die manier wat hy senuagtige grappies maak met en giggel saam met die getuies, is pateties, om die minste daarvan te sê.
Verder is hierdie aansoek bloot ‘n uitbreiding van Zuma se Stalingrad taktiek, want hy het nou al twee dae van sy toegewese 5 dae opgebruik met hierdie absurde aansoek. En nou gaan hy nog weier om vrae te beantwoord ook. En Zondo gaan weereens net senuweeagtig rondtrippel, in plaas van die vent behoorlik vasvat en laat verstaan wie is eintlik in beheer van sake by die kommissie.

Dup ·

Die aanvalle op die kommissie en die (blanke) getuienis leiers raak al hoe feller soos hulle nader aan die waarheid kom.Ek sal nie verbaas wees as sommige van hulle reeds doods dreigemente gekry het nie.

Objektief ·

Laat Zumavir sy eie kostes betaal, dan sal hy ophou om allerhande truuks te probeer

Kokerboom ·

Regter Zondo sit hierdie verfoeilike benoude kat nou vir eens en ALTYD in die hok!!ASB!!!

Tanniepetoors ·

Vertragingstegniek nou al regtig ou nuus en afgesaag. Pinnochio het n baie lang neus gekry elke keer wanneer hy die waarheid met vreemde draaie vertel het. Mnr Zuma, Pinnochio is ‘n baie mooi kinderstorie met baie lewenslesse. Ek dink jy en jou regspan moet dit gaan lees. Daar is ‘n tekenprent ook beskikbaar.

Lian ·

Ek is nie so seker nie. Dit lyk eerder of tyd doelbewustelik gemors word want nou hoef Zuma net Vrydag verby kry . Hier is vreeslijk baie gerieflike verskonings soos ‘ vlugte wat wat’, ‘siek nota’s’, ‘ begrafnisse’

tweeling ·

Ek vertrou nie vir Z se advokaat nie. Ander ding sê nou maar zondo is ook goeie vriende met een van die ander getuies wat ons nie eens van weet nie. Wat dan? Z sal sy dag in die hof kry, al het hy al 3 dae van die kommissie gemors, gaan pas maar solank die overall aan. Zondo weet as hy nou hier los gaan hy sleg slaap vir die res van sy lewe. Ek is seker hy is in verbinding met die NVG oor hoe hulle dinge staan om Z te vervolg en watse impak Z se “no show” op hulle vordering sal hê

Maggies ·

As Zuma ‘n getuie in die saak wou wees, moes hy al lankal sy samewerking gee. Hy is ‘n verdagte want hy handel soos iemand wat iets wil wegsteek.

FM ·

Bekenning van skuld en hy is lafhartig. Hy weet dat Nkandla onder hom uit is. ‘n Druppel teen die emmer terug in die land se finansiële kis.

Cherokee ·

Zuma het tog oor die jare gesê hy wil ‘ook sy kans in ‘n hof hê’. Sy wens in dier voege word bewaarheid, maa…ar menings en opinies is daar om verander te word!

Coolbanana ·

Ek hoop Zondo het die kapasiteit om deur te druk anders gaan Zuma takties wen..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.