Zuma nie nou terug tronk toe

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het te kenne gegee dat hy gaan appelleer teen die appèlhof in Bloemfontein se beslissing oor oudpres. Jacob Zuma se mediese parool.

Die appèlhof het Maandag beslis Zuma moet terug tronk toe vir ʼn tydperk soos bepaal deur die DKD. Die hof het beslis dat Zuma se vrylating op mediese parool onregmatig en ongrondwetlik was. Die uitspraak van die appèlhof beteken dat twee howe nou reeds bevind het dat Zuma nooit op mediese parool vrygelaat moes word nie.

Die DKD is egter van mening dat ’n ander hof tot ’n ander beslissing kan kom.

“Die DKD oorweeg hierdie pad op grond van die interpretasie en toepassing van die Wet op Korrektiewe Dienste en ander relevante voorskrifte,” het Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, gesê.

Die Jacob G Zuma-stigting het vroeër in reaksie op die uitspraak gesê dit is “niks anders nie as ’n oefening in onmenslikheid en vernederende straf”.

Die stigting is verder van mening dat Zuma reeds sy vonnis teen 7 Oktober ten volle uitgedien het en dat niemand twee keer vir dieselfde oortreding gestraf kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Lillian ·

Ag asseblief, hou op ons intelligensie te onderskat, hy was nog nooit agter tralies nie.

minnie muis ·

die stort kop sal nie tronk toe gaan nie…… en al die geld wat hy en sy makkers laat wegraak is seker veilig in sy kinders 21 .. se rekeninge oorsee ?

Danie ·

Ek wonder aan wie behoort die fondse om te appelleer teen bevele.Dit is duidelik soos daglig dat die regstelsel deur die kaders misbruik word net soos in die geval van onse dame by die PP.Dalk moet die SP n bevel uitreik dat slegs hy kan toestemming gee.

Henry ·

Dan kom n uitslag en dan appeleer hulle weer en so sal dit aangaan en aangaan

Adri ·

So word die bal van kader na kader aangegee totdat een besluit alles is nonsens.

Nie Verbaas ·

Die Jacob G Zuma-stigting het vroeër in reaksie op die uitspraak gesê dit is “niks anders nie as ’n oefening in onmenslikheid en vernederende straf”. Nee julle is verkeerd Jacob Zuma stigting en julle bewys julle vlak van intelligensie. Wat onmenslik en vernederend is, is die feit dat n persoon met sy totale tekort aan kapasiteit n president kon word. Dit is n totale belediging vir burgers met n brein.

Suzette ·

Stem saam en so word ‘n voorbeeld aan “our people” gestel – onaantasbaar, Dit is heeltemal in orde om korrupsie, anargie, diefstal, afbreek, terrorisme, kaping en die lys gaan aan, te gebruik om te kry wat hulle wil he in hierdie land – sal niks oorkom nie.

annie ·

Die DKD is magtiger as ons Grondwethof. Misdadigers kry net ‘n paar vriende en ‘n ‘goeie’ dokter en jy’s so vry soos ‘n voëltjie. Laat Zuma se gesondheidstoestand bekyk word. Nou word sy ouderdom skielik voorgehou as rede vir begenadiging maar hy wil steeds in die politiek betrokke wees reeds op sy sterfbed en stokoud? Ons het nie ‘n grondwet wat werk nie.

Onnie ·

Ongelooflik! Die “tronk” baklei namens Zuma, met ons belastinggeld, om hom daar uit te hou?? Skokkend!

Franz ·

Nou wat is die doel van die HOWE,as die departement van korrektiewe dienste hulle kan ignoreer en self besluit wie moet tronk toe gaan en vir hoe lank.Wat n Sirkus.

henndrik ·

Dit is reg maar as hulle die saak verloor is die kostes op die besluitnemers persoonlik, nie die belastingbetaler nie

SjN ·

Daar word n bespotting van die regstelsel gemaak, sluit toe soos deur die howe bepaal.

Kokerboom ·

Die sirkus duur voort. Die narre voel ‘n veer. Die land is gekaap. Die onderdane ly maar dans lustig voort.

David ·

Ag, onthou tog as ek tronk toe gaan…die kinders op skool het my altyd Zuma genoem!

My siening ·

Jy is die vernedering en hulle moet jou en jou hele rassiste familie meer verneder want skelms mag nie jammer gekry te word nie!

Boatsie ·

DKD is ‘n party wat veronderstel is om buite die besluit vd Appêlhof te staan en wie gee hul die reg om ‘n besluit van dié hof te bevraagteken. Dit was ‘n volbank regters wat 1000 keer meer weet as DKD se hansworse.
Waarvoor druk hul nou hul neuse hier in. As die hof besluit ‘n skelm al is dit Zuma, moet toegesluit word, respekteer daai besluit en doen jou werk.
Lyk so al asof Zuma se clonies is wat die water warm maak vir Arthur Fraser nou spring hy bietjie rond.

Johan Botha ·

Dit was in die eerste plek onmenslik en vernederend om die land te verraai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.