Zuma, Shaik lyk heel gesond by geselligheid 

Jacob Zuma en Schabir Shaik

Oudpres. Jacob Zuma en die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik het tydens die opening van ʼn restaurant in Umhlanga, KwaZulu-Natal, heel gesond voorgekom.

Albei mans is vroeër op mediese parool vrygelaat weens hul gesondheidstoestand. Duduzile Zuma-Sambudla het foto’s van haar pa en Shaik op Twitter gedeel waar hulle heel gesellig lyk tydens die opening van die Zuma-restaurant. Die restaurant is nie na oudpres. Zuma vernoem nie en behoort ook nie aan hom nie.

“Die media het gedink hulle sou op die gholfbaan ontmoet, maar hulle het by die Zuma-restaurant ontmoet,” het Zuma-Sambudla by die foto’s geskryf. Shaik, wat al in 2009 op mediese parool vrygelaat is, is al verskeie kere op die gholfbaan gesien en daar is al jare lank vrae of sy gesondheid dan wel van so ʼn aard is dat mediese parool geregverdig was.

Zuma is in September verlede jaar op mediese parool vrygelaat. Die oudpresident is in Julie 2021 tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir minagting van die hof nadat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn. Hy het hom in Julie aan die polisie oorgegee en skaars ʼn maand lank tronkstraf uitgedien voordat hy in die hospitaal opgeneem is. Hy het kort daarna ʼn operasie ondergaan.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het destyds tydens Zuma se vrylating op mediese parool gesê die oudpresident is geregtig daarop gegrond op ʼn mediese verslag wat sy dokters by die departement ingedien het. “Gevangenes wie se daaglikse aktiwiteite aansienlik deur hul gesondheid belemmer word, kom in aanmerking vir parool, al is hulle nie terminaal siek nie,” het die departement se verklaring gelui.

Die howe het egter nie saamgestem nie. Die appèlhof het verlede week beslis Zuma moet terug tronk toe vir ʼn tydperk soos bepaal deur die DKD. Die hof het beslis dat Zuma se vrylating op mediese parool onregmatig en ongrondwetlik was.

Die DKD het egter te kenne gegee dat hy gaan appelleer teen die appèlhof se beslissing. Die DKD is van mening dat ʼn ander hof tot ʼn ander beslissing kan kom.

Die Jacob G Zuma-stigting het vroeër in reaksie op die uitspraak gesê dit is “niks anders nie as ʼn oefening in onmenslikheid en vernederende straf”.

Die stigting is verder van mening dat Zuma reeds sy vonnis teen 7 Oktober ten volle uitgedien het en dat niemand twee keer vir dieselfde oortreding gestraf kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

In dié kriminele hool is alles moontlik.

Aai ·

Hulle maak ‘n bespotting van mense wat rerig terminaal siek is.

RomeoTangoGolf ·

Die arrogansie van skelms is normaal en aanvaarbaar vir ‘n groot deel van SA se demografie. Kyk maar net na die stembus

Prinses Bella ·

Omgekeerde rassisme en bevooroordeling is nie meer net ‘n gerug nie, dis nou SA se nuwe realiteit. Ons is terug in die donker eeue waarvan ons gedink het ons onsself vrygemaak het. Die buiteland lag vir ons…openlik. Moenie dink die nuwe generasie is enigsens meer ingelig nou nie, hulle skreeu geykte herhalings van “colonialism” en “white privilege” on cue. Selfs die sogenaamde geletterdes wat in die buiteland werk…. dit maak mens moeg om selfs ‘n basiese gesprek met hulle te probeer voer. Ons boer agteruit instede van vooruit. 1994 was ‘n futiele en doodgebore oefening.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Unie van SA wat in 1910 gestig is was die begin van die einde. Ons het vir 80 jaar hard teen swaartekrag baklei om alles aanmekaar te hou. Nuwe oplossings moet gevind word. My voorstel is dat die land opgebreek word in kleiner onafhanklike lande wat makliker beheer kan word. Laat ons begin met die Wes Kaap.

piet ·

Republikein – Net 17% van die Wes-Kaap se bevolking is blank (en dit verminder by die dag). So ‘n ander regering mag dalk ‘n verskil maak maar nie die samestelling van die populasie nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

piet, ek praat nie van ‘n wit tuisland nie. Daai bus is lankal verby.Daar is genoeg historiese raakpunte tussen wit en bruin, insluitend taal en geloof, om iets nuuts te bou. Bruines word net so erg benadeel en moet deesdae opsy staan vir migrante. Ek begin wel twyfel of die hele metro geskik is vir afstigting. Kom ons begin by plattelandse distrikte en begin daar bou waar wit en bruin die meerderheid is. ‘n Oppervlakte van 25 000 vierkante km is voldoende om mee te begin. Vandaar word uitgebrei. Terloops, SA Stats se sensus gaan ons almal verras.

Boatsie ·

Smile maar jul twee skelms.
Mens spot nie met siekte; daai wiel draai.

Annelize ·

Hulle maak ‘n bespotting van mense wat werklik terminaal siek is, wyl hulle elkeen ‘n vet middelvinger vir die hele Suid-Afrika wys.
Die enigste terminale siekte wat hulle aan ly, is die Langvingers-sindroom.

Casper ·

Sheik se parool is deur Zuma se invloed toegestaan.Hy het nie eers verkoue gehad nie en Zuma makeer ook niks nie maar Frazer reken hy is ‘n baie siek man.

Papsak ·

JA EK STEM HY MAKEER NIKS NIE MAAR WEER BEWYS HULLE KRY ALLES REG

SjN ·

Twee wonderwerke wat die terminale siekte omskrywing verkeerd bewys het!!

marius ·

Hulle sal beide nie maklik gaan nie ….waneer hul tyd kom .

Danie ·

Wel die gesondheid troefkaart is die maklikste uitweg.En die dept justisie het daarvoor geval en n president geskep.

Louis ·

‘Haters’. Sy bedoel seker ‘law abiding’ en ‘tax paying citizens’. Kan jy so blatant wees?

My siening ·

Hoekom my komentaar elke keer geskrap vir die waarheid, Zuma en vriend en dogter hits rassisme aan in die land want hulle uitsprake is altyd op wit mense gemik. Nou kom ons sien wat gebeur!

Pampoen ·

Hierdie berig en die vorige een oor die transito rower, laat mens se moed in jou skoene afsak. Daars geen uitweg nie.

Daniel ·

Walglik, skaamtelose en gewetenlose karakters sonder integriteit

Prikkie ·

Kom ek probeer weer.

Zuma en Shaik lyk nie heel gesond nie, hulle IS gesond, in elk geval so gesond dat hulle kan uitgaan en die aand by ‘n restourant geniet.

Althes ·

Shame on you, ANC!! Jul maak van die regstelsel ñ joke – dis die wat misdaad en anargie soos onkruid groei.

Samuel ·

Die twee aardskelms maak ‘n bespotting van terminale siektes en so ook die DKD.

Ek stem saam met Republikein dat die Wes-Kaap moet afstig en ‘n Republiek word. Dit is so dat die blanke bevolking in die Wes-Kaap al minder raak as gevolg van Afrikane van elders wat hierheen stroom. Dit is alles as gevolg van die DA geleide Wes-Kaapse regering wat agteroor buig om hierdie swartes gedienstig te wees. Die Stad Kaapstad doen presies dieselfde. Hulle het té veel mag en voel niks vir die belastingbetalers nie. Ons kla seker met die witbrood onder die arm, maar dienslewering is amper iets wat nie bestaan nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Samuel, volgens die Wes Kaapse regering gaan nog 1 miljoen ekstra mense teen 2030 in Kaapstad woonagtig wees. Dis ‘n Bloemfontein binne die metro. Vandaar is dit afdraande vir die metro en die provinsie. Die ANC sal teen 2029 weer in beheer wees van die Kaap.

Andries ·

Vinkel en Koljander… Lyk nogals soos 2 kriminele! Sies man. Seker die belasting betaler vir daai netjiese pakke ook betaal. Wonder wie van julle se vingers is die langste

JM ·

Zuma, jy en Shaik lag nou, dalk jul laaste lag. Jul dag kom! Verseker!

Piet parys ·

Shaik se hof uitspraak moes herroep gewees het want dit was bedrog om te së jy is sterwend en gelieg onder eed . Sommer sy dokters ook . Maar sekere spesies kan mos weg kom met alles want hulle doen en ken die regte persone wat die toutjies trek .

Die wette geld mos net vir die ou in die straat wat nie geld het om toilet papier om sy dinges af te vee nie . VALLENDE KORRUPTE STAAT

Republikein in die Wes Kaap ·

Shaik het destyds ernstige nier probleme gehad. Sy bloeddruk was glo uitermatig hoog, asook hoë cholestrol en suiker vlakke. Boonop het sy sig verswak. Sy ommekeer was merkwaardig. Sy dokter moet goed wees.

Jannie van Niekerk ·

Verstommend. Wonderwerke gebeur nog. Mense wat al lankal by ou Sekelstert moes geraporteer het lewe nog!

whatever ·

Kan ons enigsins iets anders verwag van die kaders en hul kamerade?

Nettie ·

As jy jou straf in HIERDIE lewe vryspring, gaan jy voor die Groot Regter staan en SY straf moet aanvaar.

LANA is ELANè ·

En so wys beide van hulle ñ middelvinger vir die regstelsel van die land. So tipies van ANC kaders, hulle is almal heeltemal selfversekerd dat hulle verhewe bo enige hof is. Dit is hoekom hulle steeds aan die plunder is.

Jacobus ·

Die DKD se hy het reeds sy vonnis uitgedien en kannie twee keer gestraf word vir dieselfde oortreding nie. Dit is reeds die probleem hy het nog nie sy oorspronklike vonnis klaar uitgedien nie, wat verstaan die DKD nie. Kaders vir kaders en daar word baklei met belasting geld.

Korrelkop ·

As hulle wil spot met siekte is dit dalk tyd dat hulle regtig terminaal raak, dan kan hulle sommer daai profeet met die blikkie Doom kry om vir hulle te kom bid, of hoe?

Strandloper ·

Kom Gerrie ry die shake slang asb. Die kader dink hy is onaantasbaar

Oosie ·

Regstelsel is met oogklappe gebore, en wys alle rasse wie hul bevoordeel bo ander..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.