Biden ‘siek en sat’ vir massaskietery

Pres. Joe Biden praat oor die massaskietery in Texas tydens ‘n geleentheid by die Withuis. (Foto: Stefani Reynolds / AFP)

Die emosies loop hoog in die VSA nadat 19 laerskoolleerders en twee onderwysers van Texas die jongste slagoffers van ’n massaskietery geword het.

Een van die slagoffers is intussen geïdentifiseer as die graadvier-onderwyser Eva Mireles. Sy is doodgeskiet terwyl sy haar leerders probeer beskerm het, het haar tante Lydia Martinez Delgado Woensdag aan die New York Times gesê.

“Ek is woedend dat hierdie skietery voortduur. Hierdie kinders is onskuldig. Vuurwapens behoort nie maklik vir almal beskikbaar te wees nie.”

Die hoogs ontstelde president Joe Biden het op sy beurt opnuut onderneem om ’n manier te vind om wapeneienaarskapwette te verskerp.

“Ek het gehoop, toe ek president word, dat ek dit nie weer hoef te doen nie.

“Nóg ’n slagting … ’n laerskool. Pragtige, onskuldige kinders in graad twee, drie en vier. Ek is siek en sat daarvoor. Ons moet optree. En moenie vir my sê ons kan nie ’n impak op voorvalle soos hierdie maak nie.”

Dinsdag se skietery by die Robb Elementary School in Uvalde was die agtste massaskietery in die VSA vanjaar en het maar 10 dae ná ʼn skietery by ’n supermark in New York gebeur. Tien mense is tydens dié voorval om die lewe gebring.

‘n Vrou huil en omhels ‘n jong meisie terwyl sy op haar selfoon buite die Willie de Leon-burgersentrum praat waar berading in Uvalde, Texas, aangebied sal word.(Foto: Allison dinner / AFP)

Maroela Media het vroeër berig die 18-jarige Salvador Ramos het eers sy ouma geskiet voordat hy na die Robb Elementary School gegaan en met ʼn pistool en nog ʼn vuurwapen in die skool losgebrand het. Ramos is later deur die polisie doodgeskiet.

Die skool het sowat 500 leerders tussen sewe en 10 jaar oud en verskaf onderrig aan meestal Spaanse en ekonomies benadeelde leerders.

Beeldmateriaal wys hoe klein groepies kinders ná die skietery deur geparkeerde motors en geel skoolbusse vleg. Sommige het hande vasgehou terwyl hulle onder polisiebegeleiding uit die skoolterrein gevlug het.

(Foto: Jordan Vonderhaar/Getty Images/AFP)

Altesaam 13 kinders is ná die voorval by die Uvalde Gedenkhospitaal opgeneem. Die Universiteitsgesondheidshospitaal in San Antonio het op sy beurt gesê ’n 66-jarige vrou en ’n 10-jarige dogtertjie – albei in ’n kritieke toestand – sowel as twee dogtertjies, onderskeidelik 9 en 10, is in dié hospitaal opgeneem.

Minstens een grenspatrolliebeampte wat op die voorval gereageer het, is gewond toe die owerhede en skieter skote op mekaar afgevuur het, het Marsha Espinosa, woordvoerder van die departement van binnelandse veiligheid, gesê.

Die jongste massaskietery het ook emosies in die buiteland ontlok.

Pous Franciskus sê hy is “hartgebroke” gelaat deur die slagting.

“Dit is tyd om te sê genoeg is genoeg vir onoordeelkundige wapenhandel. Laat ons almal daartoe verbind wees om te verseker dat sulke tragedies nie weer kan plaasvind nie,” het die pous ná sy weeklikse algemene oudiënsie in die Vatikaanstad gesê.

Senator Chris Murphy, ’n demokraat van Connecticut, waar die Sandy Hook-skietery in 2012 die lewens van 20 kinders en ses personeellede geëis het, het Woensdag in die Senaat in Washington opnuut ’n beroep gedoen op daadwerklike optrede om verdere geweld te voorkom.

“Dit was nie onvermydelik nie; hierdie kinders was nie ongelukkig nie. Dit gebeur net in hierdie land en nêrens anders nie. Nêrens anders gaan jong kinders skool toe en dink dat hulle dalk daardie dag geskiet sal word nie.

“Ek is hier om te pleit, om letterlik op my hande en knieë te gaan en my kollegas te smeek: Vind hier ’n pad vorentoe. Werk saam met ons om ’n manier te vind om wette te aanvaar wat dit minder waarskynlik sal maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jean ·

Vat eerste die “secret service” se wapens weg dan kan jy kyk of dit werk.
VSA kort beslis beter beheer met wapens koop.

Samuel ·

Wat het die geheime diens nou met hierdie skool skietery te doen?

Trotse Boervrou ·

Verskerp jou wette teen die skurke in jou land Biden. Vuurwapeneienaars het NIKS hiermee te doen gehad nie! Die Pous moet homself ook eerder by sy kerk bepaal.

Robert ·

In the meantime… 40 Billion Dollar vir wapens vir Ukraine? Dit maak ook nie sin nie…

Dewald ·

Die mense in Ukraine veg vir hulle lewens, teen een van die wereld se grootste millitere magte, ek dink kwalik jy kan dit vergelyk met die moord van graad 4 kinders. Ek is bankvas agter verantwoordelike vuurwapen besit, vir die regte redes. Gee vir my een goeie rede waarom ‘n 18-jarige twee 5.56 gewere kan koop? Sport? Nee… Self verdediging? Nee….

Samuel ·

Ukraine is in ‘n oorlog gewikkel en nie speel-speel nie.

Kalmkop ·

Intussen beland die meeste van die wapens wat aan Oëkraine gestuur word in die hande van onwettige wapenhandelaars. VSA het reeds erken hulle weet nie waarheen die wapens gaan sodra dit afgelwer is nie. Franse het al reeds bevestig dat van die wapens wapens wat aan Oëkraine verskaf is op die swartmark verhandel word.

Wakkerslaper ·

Verantwoordelike landsburgers het alle reg om vuurwapens te mag besit. Misdade word nie deur vuurwapens of verantwoordelike eienaars gepleeg nie. Misdade word deur MISDADIGERS gepleeg.

Dewald ·

In Suid-Afrika, ja. In Amerika, ‘n ander saak. Vir welke rede gaan koop ‘n seun op sy 18de verjaarsdag 2 semi-automatiese 5.56 gewere? Dis veels te maklik vir enige iemand (soos hierdie misdadigers) om wetteglik vuurwapens te bekom.

VaalDonkie ·

Die Amerikaners moet ook eers deur ‘n keuringsproses gaan, net soos hier in SA. Dis net baie vinniger daar.

Impartial ·

Kyk objektief daarna. Om die risiko te verminder moet dit maar ongelukkig n algemene instelling wees om vuurwapen wette sterk aan te pas.

Christine ·

Daar is ‘n GROOT probleem met die Amerikaanse jeug …. Geen respek, opvoeding, dissipline nie. Hulle is woke en liberaal en onder die invloed van demoniese magte.

AH ·

Dit klink of jy nou die tipiese Suid-Afrikaanse jeug beskryf. Ook hier is daar nie respek, goeie huislike opvoeding en dissipline nie……….

Andre ·

Gewoonlik saam met een of ander voorstel om wapens te verwyder. Toevallig.

Hennie Biebouw ·

Elke keer wanneer ‘n vermoedelik versteurde individu hierdie tipe gruwel misdaad pleeg, spring al wat politieke opportunis op die bandwagon om op een of ander manier politieke daaruit te slaan. Dit opsigself is laakbare gedrag. Wettige wapen eienaars is nie probleem in die VSA nie. daar bestaan bewerings dat dié skieter op sy verjaardag die vuurwapen gekoop het. Dit is problematies, en moet aangespreek word. Meer as 90% van Amerikaners steun deeglike agtergrond toetse vir wapen aankopers, so plaas dus strenger reëls in plek. Maar laat vaar die heksejag op wettige wapeneienaars.

‘n Mens kan natuurlik ook nie hierdie tipe gebeure aanspreek, sonder om te kyk na die sterftes van onskuldige mense , en selfs kinders , in die inner cities van blou beheerde stede nie…..Chicago, Oakland, New York, Los Angeles, Minneapolis, Baton Rouge en dies meer..

Net omdat iets met reëlmaat gebeur in teenstelling met massaskietery, beteken nie dis minder belangrik nie.

KatjieDeKat ·

Doodreg! Plaas New Orleans en veral Detroit ook by jou lys. Elke liewe dag, om van naweke nie eens te praat nie!

Faraway ·

“Toegang” tot alle skole moet onmiddelik hersien word soos by Lughawens!!!

marius ·

Waneer gemors meer regte het as wetsgehoorsames en regeerders hul siele verkoop vir geld gebeur dit . Afrikaners is siek en sat vir plaasmoorde .

VaalDonkie ·

Hierdie goed gebeur ook altyd net voordat daar ‘n verkiesing in die VSA is. En dis altyd ‘n malletjie wat in ‘n inrigting moes wees.

WLM ·

Ongelukkig word alle dissipline gemerk as fisiese mishandeling wat jou noodsaak om jou kind te verskree, wat dan lei tot emosionele mishandeling wat eintlik erger is aangesien dit ons kinders emosioneel afbreek en hul selfbeeld aftakel. Ek se nie dit is wat hier gebeur het nie maar dis ‘n probleem in ons samelewing en ongelukkig is daar ouers wat wel hul kinders mishandel wat die samelewing noop om wette teen dissiplinering in te stel. Kinders word grootgemaak om nie meer konsekwensies vir wangedrag te he nie en in my opinie is dit deels waarom die tipe goed gebeur. Net ‘n opinie.

T-Man ·

Vat die vuurwapens weg dan kry jy n toename in mes aanvalle… die probleem is nie die vuurwapens nie, die probleem is kriminaliteit.

Witbaard ·

Jy is die President mnr, doen iets daaromtrent. Jy is net so useless soos ons eie president.

johan ·

Dis goed Biden en andere is ontsteld oor kinders van 7 tot 10 wat vermoor word. Maar hulle staan voor in die tou om daarvoor te veg dat kinders van 9 maande oud of jonger deur aborsies vermink en vermoor word. Wat ‘n klomp skynheilige politici!

pestilensie ·

Solank as wat die mens liberale eiegemaakde” gelowe “in die plek van God stel ( Amerika n voorloper) Sal daar verwarde jong mense wees

Johanna ·

Wapens word te maklik verkoop aan enige persoon.. die regering is skuldig. Die owerhede moes lankal iets daaromtrent gedoen het. Dan moet disipline in die hande van Ouers gelos word.. as die kind n Mxx pakslae kort moet hy dit kry.. liewers n pakslae as wat jy jou kind vir die hel grootmaak.

Andre ·

Elke moord is afskuwelik, net soos aborsies en adrenochrome.

Vlakvarkie ·

In my opinie… Hierdie is ‘n kultuur probleem en nie ‘n wapen probleem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.