Dupont oefen met kopskerm voor kwarteindstryd teen SA

Frankryk se Antoine Dupont. (Foto: Franck Fife/AFP )

Frankryk se wense dat kaptein Antoine Dupont hierdie naweek fiks genoeg sal wees om teen Suid-Afrika in die Rugbywêreldbeker-kwarteindstryd te staan te kom, het Woensdag ʼn hupstoot gekry toe die skrumskakel vir die tweede agtereenvolgende dag met ʼn kopskerm geoefen het.

Die 26-jarige Dupont het vroeër vandeesweek die groen lig gekry om na vol kontaksessies terug te keer ná ʼn operasie aan sy gekraakte wangbeen tydens die groepwedstryd teen Namibië op 21 September.

Dupont, wat na verwagting Sondag vir die gasheerland sal uitdraf teen die Springbokke, het Dinsdag vir die eerste keer die beskerming uitgetoets in Parys se lowerryke voorstad Ruel-Malmaison.

“Ons wou sien of dit ʼn impak het op sy visie,” het aanvalsafrigter Laurent Labit vir die Hane Dinsdag gesê. “Ons wou ook sy gehoor toets met die kopskerm, selfs al het die (oefengrond) Rueil-Malmaison nie dieselfde klank of atmosfeer as Stade de France nie. “ʼn Besluit sal teen die einde van die week gemaak word,” het hy bygevoeg.

Die Hane sal Vrydag hul span bekendmaak vir die stryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bre ·

Ek staan bankvas agter ons Bokke maar kom ons hoop dat hierdie mannetjie nie groot skade gaan opdoen met verdere rugby beserings nie. Is dit werklik die moeite werd om met n gekraakte wangbeen (want ek glo dat hy nie heeltemal genees het nie) te speel as jy weet dat so iets weer kan gebeur?

vuurvliegie ·

Begin jy al klaar redes soek dat Duport nie mag of kan speel nie. Hy is ‘n ware leier wat die pas aangee. My geld is op die Franse want hulle het gees en die wil om te wen. As die Franse die spel vinnig maak gaan die ou Bokke nie byhou nie.

Bre ·

Vuurvliegie, raak. jy bekommerd. Hoekom my aanval. Lees my skrywe behoorlik. Ek voel regtig jammer vir jou.

kragaap ·

As die groot en sterk bok voorspelers die vaste fases dikteer gaan die swakker franse voorspelers sukkel en hul agterlyn gaan heeltyd op die agtervoet wees, “Duport” ingesluit…. geen pak voorspelers kan met die bokke saamgesels op hul dag nie. Vra die all blacks….

Cassie Carstens ·

Ek is bly dat hy so gou herstel het, maar ek glo nie hy kan al heeltemal gesond wees nie. Wat as hy in ‘n losskrum sou beland en iemand val net sleg op hom? Wat as ‘n verdediger hom keer en hy kry weer seer? Wie gaan dan aanspreeklikheid aanvaar? Ek dink dis ‘n groot fout om hom te laat speel. Hy moet dink aan sy toekoms. “n Span draai nie net om een speler nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.