Foto’s: Vier in hof ná Moskou-aanval

Dalerdzhon Mirzoyev, een van die verdagtes in die Moskou-aanval. (Foto: TATYANA MAKEYEVA / AFP)

Vier beseerde mans het Sondag op aanklagte van terrorisme in ’n hof in Rusland verskyn in verband met Vrydagaand se aanval op ’n konsertsaal aan die buitewyke van Moskou.

Die dodetal ná die aanval staan in die stadium op 137.

Drie van die mans is geblinddoek by die Basmanny-distrikshof in Moskou ingeboender terwyl ’n vierde in ’n rolstoel die hofsaal binnegestoot is.

Die mans is geïdentifiseer as Dalerdzhon Mirzoyev, Saidakrami Murodali Rachabalizoda, Shamsidin Fariduni en Muhammadsobir Fayzov en word deur lewenslange tronkstraf in die gesig gestaar.

Saidakrami Murodali Rachabalizoda, een van die verdagtes in die Moskou-aanval. (Foto: Olga MALTSEVA / AFP)

Mirzoyev, ’n burger van Tadjikistan, het reeds sy skuld “ten volle erken”. Rachabalizoda het ook skuld beken.

Die mans sal waarskynlik tot minstens 22 Mei in aanhouding bly. Hul aanhouding kan egter verleng word afhangende van ’n verhoordatum.

Sewe ander is in Rusland in hegtenis geneem in verband met Vrydagaand se aanval. Hulle word daarvan verdink dat hulle by die aanval betrokke was.

Een van die verdagtes in die Moskou-aanval. (Foto: TATYANA MAKEYEVA / AFP)

Maroela Media het vroeër berig vier aanvallers geklee in kamoefleerdrag het Vrydagaand die Crocus City-konsertsaal in Moskou se noordelike Krasnogorsk-buurt binnegegaan, losgebrand en daarna brandbomme gegooi.

Die aanval word bestempel as die dodelikste aanval nóg in Rusland in byna twee dekades.

Washington het Moskou vroeër hierdie maand gewaarsku teen ’n moontlike aanval in Rusland, en selfs ’n amptelike waarskuwing aan burgers in die land uitgereik.

Die waarskuwing is egter deur die Kremlin as propaganda afgemaak en ’n poging om by die presidentsverkiesing in te meng.

Die Amerikaners is van mening dat Oekraïne nie by die aanval betrokke was nie.

“ISIS dra uitsluitlik verantwoordelikheid vir hierdie aanval,” het Adrienne Watson, woordvoerder van die Withuis se nasionale veiligheidsraad, Sondag gesê.

Een van die verdagtes in die Moskou-aanval. (Foto: TATYANA MAKEYEVA / AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

etienne ·

Ek raai die volgende berig gaan wees : Die vier verdagtes het per abuis uit n gebou geval.

KB ·

Kom ons kyk hoe lank bly hulle leef, voor hulle ook die Navalny-paadjie gaan loop.

piet ·

Ja nee wat, daai Russiese polisie speel nie. Daai ouens reeds dik getik en hulle gaan dit vir seker nie maak in die Russiese tronk nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Poetin het baie vyande. Sy mense kan nog meer aanvalle verwag.

Louis ·

Victoria Nuland het voordat sy ontslaan is gesê Rusland kan ‘n paar onaangename verrassings te wagte wees. En nou sê Watson dat ISIS uitsluitlik verantwoording dra. Sal interessant wees om te sien hoe dinge ontvou.

ES ·

Hulle gaan net soos Poetin se opposisie in die tronk “inmekaarsak”.

Mari ·

‘n UUR nadat die nuus gebreek het van die aanval het Amerika gesê die aanval was deur ISIS-K. Hoe kon hulle so gou weet?? Hulle weet dan nou nog nie wie die Nord Stream
gaspyplyn opgeblaas nie. Hulle het ook gemaak of hulle nie weet wie die Kerch Brug opgeblaas het nie.

Mari ·

Was hierdie vier in Amerika betrokke en gevang, sou die Demokrate hulle seker tot George Floyd status verhef het.

Bostoe ·

As die Russiese polisie vier krokodille daar ingesleep het sou hulle ook erken het hulle het die aanval geloots.

Aai ·

Mari die Amerikaners het Rusland so ruk terug gewaarsku dat hulle aangeval kan word deur ISIS groep.

Alliwyn ·

Die Russe beweer die terreurdaad kom van Ukraine. Tyd sal leer of dit wel Isis-K was.

Andre ·

@Aai want dit is ‘n welbekende feit dat ISIS ‘n produk van die CIA is.

Mari ·

Ek het glo dat hierdie aanval die maaksel van Victoria Nuland en die CIA is.

Marthinus W ·

Vra enige persoon wat tydens oorlog agter vyandelike linies moes werk. Sodra jou missie voltooi is, of as jy uitgevang is, kies jy koers “huis toe”.

Wanneer IS n aanvoel doen, sterf die lede gewoonlik, aangesien dit beskou word as martelaarskap – hulle sterf as martelaars vir Allah. Hierdie vier het in n wit Renault na die Oekrainese grens toe gejaag. [Hulle “huis”?] Die afgelope maand het Olaf Scholz, Jens Stoltenberg en ander erken dat Amerika reeds sedert 2005 in Oekraine bedrywig is, met opleiding, ens. En, hulle het erken dat daar 12 CIA-basisse in Oekraine, aan die grens met Rusland, bestaan [het, tot met Rusland se aksie in febr 2022]. Ek sal die aanval op die CIA en Kief se rekening plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.