Honderde vas ná betogings oor tiener se skietdood

(Foto: Kenzo TRIBOUILLARD/AFP)

Betogings het Donderdagaand vir ʼn derde agtereenvolgende nag in Frankryk voortgegaan in verband met die noodlottige skietery van ʼn tiener, met honderde mense wat in hegtenis geneem is.

Betogers het motors aan die brand gesteek en geboue gevandaliseer in stede oor die land heen.

Die 17-jarige tiener, net bekend as Nahel, is Dinsdag deur ʼn polisiebeampte doodgeskiet toe hy in ʼn huurmotor in die woonbuurt Nanterre gery en voorgekeer is. Beeldmateriaal wat versprei word, wys hoe twee beamptes probeer om die voertuig voor te keer, waarna een van hulle sy wapen uithaal en dit deur die venster op die bestuurder rig. Die beampte trek die sneller nes die bestuurder wegry. Die motor kom ʼn paar meter verder tot stilstand wanneer dit in ʼn botsing betrokke is.

Meer as 40 000 polisiebeamptes is oor die hele Frankryk ontplooi om te help om die voortslepede onluste te bestuur. Minstens drie stede rondom Parys het ʼn aandklokreël ingestel terwyl daar ook ʼn verbod op openbare byeenkomste is.

Volgens die polisie is meer as 420 betogers reeds in hegtenis geneem.

Pres. Emmanuel Macron het ʼn beroep op kalmte gedoen en gesê die betogingsgeweld is “onregverdigbaar”.

Die regering is desperaat om ʼn herhaling van die onluste van 2005 te vermy. Daar is weke lank betoog nadat twee seuns in ʼn polisiejaagtog doodgeskiet is en meer as 6 000 mense is in hegtenis geneem.

Altesaam 13 mense is verlede jaar in Frankryk dood nadat hulle geweier het om vir polisiebeamptes stil te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Harley Davidson ·

Die polisie beampte het net sy werk gedoen en as sy lewe in onmidelike gevaar was het hy reg opgetree,dit het miskien tyd geword om alle ” demokrasie ” te verban en weer orde te skep.

ES ·

Hulle voel seker soos wat ons voel oor ons polisie – jy wil nie stil hou nie want jy weet nie of jy met ‘n eerlike polisieman te doen het en of jy met ‘n krimineel te doen het nie.

George ·

Ja, hier gaan dit al vir 40jaar so tog het ons die rugby, krieket en sokker gehost.

Rooikoos ·

Jy worry oor rugby. Dis 1995 se rugby wat ons in die situasie gesit het in hierdie verrotte land!

Martie Smartie ·

Dis oor hulle bevolking bestaan uit n warboel van vreemdelinge en die Franse regering net soos Duitsland te sleg is om immigrante uit te hou. So kry maar vir julle Frankryk

Anna-marie ·

Die Geldmag koop die politici om om grense oop te maak in voormalige wit lande.

Kokerboom ·

Dis tragies om te aanskou hoe Europa verval.Oosterse ,Asiatiese en Afrika sogenaamde ekonomiese vlugtelinge gaan die streek se ondergang beteken.

KatjieDeKat ·

Dis nie vir my tragies nie. Hulle het nie omgegee dat Ons ondergaan nie.

Miskruier ·

Enige iets om die aandag weg te lei van die betogings oor die verhoogde pensioen ouderdom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.