Huilende Osaka neem ‘onbepaalde’ breuk van tennis

Naomi Osaka reageer tydens haar wedstryd teen Leylah Fernandez van Kanada. (Foto: Getty Images/AFP)

Terwyl die viermalige Grand Slam-wenner Naomi Osaka die trane afgevee het ná ʼn verstommende nederlaag Vrydag by die Amerikaanse Ope, het sy gesê sy gaan ʼn onbepaalde breuk van tennis neem.

“Ek weet eerlik nie wanneer ek my volgende tenniswedstryd gaan speel nie,” het Osaka gesê terwyl sy oorweldig is deur emosie.

“Ek dink gaan vir ʼn wyle ʼn breuk van tennis neem.”

Daarmee het die verdedigende Amerikaanse Ope-kampioen haar Covid-19-gesigmasker opgesit, opgestaan en die nuuskonferensie beëindig nadat sy 5-7, 7-6 (7/2) en 6-4 teen die Kanadees Leylah Fernandez verloor het.

Osaka, derde op die wêreldranglys, het haar aan die Franse Ope onttrek en nie aan Wimbledon deelgeneem nie weens geestesgesondheidsprobleme wat volgens haar vererger is omdat sy ná wedstryde mediakonferensies moet bywoon.

Sy het ʼn aanbod om Vrydag se sessie te beëindig van die hand gewys voordat sy aangekondig het dat sy ʼn breuk gaan neem.

“Hoe stel ek dit?” het Osaka hardop gevra.

“Dit voel vir my of ek nie gelukkig is as ek wen nie. Dis eerder ʼn verligting. En wanneer ek verloor, is ek hartseer. Ek dink nie dis normaal nie. Ek wou nie regtig nie, maar ek voel …”

Nadat sy gesê het dat sy wil voortgaan met die mediakonferensie, het Osaka gesê: “Dit is moeilik om uit te druk. Ek is op ʼn punt waar ek probeer uitpluis wat ek wil doen.”

Sy het daarna haar voorgenome breuk aangekondig.

Die stap volg nadat sy vroeër op die baan haar raket verskeie kere gekap het.

“Ek is jammer daaroor. Ek is nie regtig seker hoekom nie. Ek het vir myself gesê om kalm te bly, maar miskien het ek gevoel daar is ʼn breekpunt. Gewoonlik voel dit vir my of ek van uitdagings hou. Ek was egter onlangs angstig as dinge nie in my guns verloop nie en dit voel vir my of jy dit kan aanvoel.”

Sy het dit vergelyk met ʼn kind se woedeuitbarsting.

“Ek was ʼn bietjie soos ʼn klein kindjie.”

Op ʼn vraag of dit Fernandez se dien of die spanning van die oomblik was, het Osaka gesê daar is ander kwessies wat sy probeer hanteer wat die ineenstorting veroorsaak het.

“Ek skat ons almal moet sommige dinge verwerk; ek weet ek moet sekere goed hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Niklaas ·

Gaan ek haar vreeslik mis? Neewat, nie eintlik nie. Sy was net té uitgesproke deesdae, en dan is daar haar emosionele kwessies ook.

Malan ·

Haar probleem het begin toe sy politiek en sport begin meng het. Politiek is iets waarvan sy niks weet nie. Los dit en jy sal weer goeie tennis speel.

Alexander ·

Met ‘n onbepaalde breuk gaan sy lank in die hospitaal moet lê. Julle bedoel seker ‘n breek.

Tanja ·

Ag dankie tog, nou hoef niemand meer na haar gekneul te luister nie. En al is sy 3de op die lys, was haar tennis nog nooit vir my so indrukwekkend nie, so sy kan maar permanent ń breek van tennis neem.

Cherokee ·

Sy neem ‘n breek soos in onderbreking. Tennis kan seker ‘n breuk ook veroorsaak, maar dit is ‘n breek wat sy neem.

Sobymykoolkop ·

Smaak my die kniestaan en buig voor blm het haar ingehaal.

Johanna ·

Siestog, dit klink of sy haarself uitgebrand het en haarself te vêr gedruk het om te presteer.. Miskien is sy ook onder druk van haar afrigter forster om te presteer. Alles wat TE is, is nie goed vir jou nie. Daar is n tyd vir elke ding onder die son. Dis nou haar tyd om n breuk te vat. Sterkte vir haar gesondheid

MakersMark ·

Dalk is sy moeg vir tennis. Neem permanent ‘n breek en sluit aan by ‘n politieke of “social justice” organisasie. Kniebuig en blm is natuurlik ‘n ander stokperdjie wat die tyd kan verwyl.

Hasie ·

Klink vir my sy sukkel om te aanvaar dat haar sterretjie het geval.Mense wat hul self so ophemel se trots en selfbeheptheid word aangetas.

Flip ·

Sy neem n BREEK om bietjie te rus voor sy dalk n BREUK opdoen wat haar in die hospitaal laat beland.

Henning ·

Osaka het vergeet sport gaan oor geniet – spel, speel. Sy het gedink dit gaan oor wen en verloor en geld. Sport is nie belangtik nie, dit is maar net deel van die vermaaklikheidsbedryf.

Marianne ·

Neem ‘n “breek” van iets. Doen wiskundige berekeninge -“breuk”. Medies – mantelvliesbreuk. Of hoe?

JohanR ·

Hierdie vrou se kop is nou al vir ‘n ruk nie lekker nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.