Man in hof ná skietery by Chicago-parade

Robert Crimo (Foto: Twitter)

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy Maandag by ʼn Onafhanklikheidsdagparade in Chicago, VSA, op die skare losgebrand het, staan tereg op sewe aanklagte van moord.

Robert Crimo (21) “sal gestraf word vir die moordtog wat hy in ons gemeenskap ontketen het”, het Eric Rinehart, staatsaanklaer van Lake County, gesê.

Sewe mense is dood en meer as 30 beseer toe skote in die skare in Highland Park, Chicago, geklap het.

Die ses slagoffers wat Maandag gesterf het, is Dinsdag geïdentifiseer as Katherine Goldstein (64), Kevin McCarthy (37), Irina McCarthy (35), Jacquelyn Sundheim (63), Stephen Straus (88) en Nicolas Toledo-Zaragoza (78).

Amptenare het Dinsdag ook bevestig ʼn sewende slagoffer is dood.

CBS berig Kevin en Irina McCarthy was die ouers van ʼn tweejarige seuntjie wat tydens die chaos van sy ouers geskei is. Vreemdelinge het gehelp om die kind te versorg ná die skietery, en die polisie het hom nou met sy grootouers herenig.

BBC berig Crimo word daarvan aangekla dat hy 70 skote op die skare afgevuur het en homself as ʼn vrou vermom het sodat hy saam met vlugtende slagoffers kon ontsnap.

Rinehart het gesê dat nog tientalle klagte ingedien sal word voordat die ondersoek verby is.

“Hierdie is net die eerste van vele aanklagte wat teen Crimo aanhangig gemaak sal word,” het hy gesê onder toejuiging van die skare wat Dinsdag vir die nuuskonferensie vergader het.

Die skietery het Maandag in Highland Park in Chicago afgespeel (Foto: Jim Vondruska, AFP)

Die polisie het Crimo Maandag ná ʼn agt uur lange soektog in hegtenis geneem en hy is in besit van ʼn tweede geweer, soortgelyk aan die een wat in die aanval gebruik is, betrap.

Drie ander vuurwapens is ook by sy huis gevind.

In April 2019 is die polisie na sy huis ontbied, ’n week nadat hy glo gepoog het om sy eie lewe te neem. In September 2019 is die polisie deur ʼn familielid ontbied wat gesê het dat Crimo gewelddadige dreigemente gemaak het om “almal dood te maak”.

Die polisie het gereageer en beslag gelê op 16 messe, ʼn dolk en ʼn swaard by sy huis. Hy is nie in hegtenis geneem nie en geen verdere stappe is gedoen nie.

Amptenare het Dinsdag gevra dat ʼn veldtog van stapel gestuur word om bewustheid omtrent die staat se rooivlagwette te verskerp. Dié wette laat ʼn regter toe om te beveel dat beslag gelê word op die wapens van ʼn persoon wat as gevaarlik geag word, en dat die persoon verbied word om meer wapens te koop.

Crimo sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Alma ·

Moet sê ek het nogal respek vir die polisie in Amerika. Vasgetrek na n 8 ure lange soektog… Hier sou hy sekerlik weggekom het… Wie sou vir 8 ure gesoek het?

Papsak ·

Daar is opregte polisiebeamtes nie soos hier by ons nie daar doen hulle hulle werk en pas hulle land en mense op nie soos in SA waar polisie net wil eet en rond ry om mooi te lyk nie en vet pay te wil kry vir niks doen nie daai polisie ander kant verdien hulle pay

Annelize ·

Jip, kan sommer op ‘n myl ver sien hierdie is nou weer ‘n geval van die wielietjie draai, maar die hamster is lankal dood…

KatjieDeKat ·

Lekker lag ek nou, al is hierdie n somber storie. Ek se altyd: “The wheel’s still spinning but the hamster is gone”

Gaitsigubib ·

….lyk of n windmeule hom geklap het net voor die foto geneem is.

Andries ·

Die wapenhandelaar wat ‘n wapen aan hierdie “gesiggie” verkoop het moet sy lisensie verloor. Iewers sal Amerika maar moet begin agtergrond “checks” doen. Jy kan mos half amper sien die ou het net voor videospeletjies grootgeword (sonder ‘n ma & pa) en nou wil hy self bietjie gaan skiet.

Astrain ·

Want alles is mos deesdae okay, kinders word sonder riglyne en struktuur groot gemaak en ouers is gehoorsaam…

Perdeby ·

Hy lyk in elk geval of hy ‘n paar klappe van die wind meul weg het.

Kokerboom ·

Eish as mens na die karakater kyk moet VSA diepte ondersoek doen na psige van baie van hul jeug!!!

Elize ·

Die gesiggie spreek boekdele. Te min in die buitelug vir sport en te lank voor die skerms waar speletjies realiteit stil maak.

Dirk ·

Dit het niks met rekenaar speletijes te doen nie. Dit gaan oor die verkeerde opvoeding en ‘n groot gedeelte van Amerika wat dieselfde ideologie volg. Dieselfde ideologie wat Trump en sy mense volg.

Anonymouse ·

Net nog een van die Trump Taliban ondersteuners. Weet nie hoekom hulle nie terroriste genoem word nie. O wag! Ek weet hoekom.

Gaitsigubib ·

Mens moet maar deesdae nie tiktok of CNN gebruik as jou enigste bron van nuus nie. As mens jou eie gevolgtrekkings wou maak voor die feite bekend is sou ek eerder glo hy het Trump byeenkomstes bygewoon omdat hy hierdie goed lankal beplan het.

Dirk ·

Daardie maak nie ‘n verskil nie. Hierdie is Trump se mense en Trump en sy mense in die regering ondersteun sulke dinge. Trump het net gesorg dat hierdie soort mense net ‘n grooter stem begin te kry want die Amerikaanse Rep party hits dit aan.

Cobus ·

Vergelyk gerus die mense aan die konserwatiewe kant en die “gesiggies” by lgbtq blf gemors en jy sal sien wie pas by wie. Dit is hoe dit lyk as Biden die mees voor gestemde president in geskiedenis is, jy kry waarvoor jy vra nes SA se 92 JA-span.

Mallie ·

Wat gaan aan. Daar is nou te gereeld iemand wat op of skole of skares los brand. Is dit omdat hulle makliker toegang tot wapens het of is dit dat hulle iets rook?

MrMagic ·

Skuim van die aarde. Deur net na hom te kyk word ek al klaar siek.

Niklaas ·

Hierdie moordenaar lyk sommer baie onstabiel en versteurd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.