Mej. Wêreld 2018 gekroon

Vanessa Ponce de Leon van Mexiko is Mej. Wêreld 2018 (Foto: Miss World)

Die nuwe Mej. Wêreld 2018 is Saterdag in Sanya, China gekroon. Dit is die tweede opeenvolgende jaar wat die kompetisie in dié land aangebied word.

Vanessa de Leon van Mexiko het tydens die 68ste Mej. Wêreld-kompetisie met die kroon weggestap. Nicolene Pichapa Limsnukan van Thailand is aangewys as eerste prinses en Quiin Abenakyo van Uganda as tweede prinses.

Thulisa Keyi (26), van Oos-Londen in die Oos-Kaap, het Suid-Afrika verteenwoordig en deurgedring na die top-30.

Deelnemers van 118 lande het aan die kompetisie deelgeneem.

Thulisa se rok, ʼn eenvoudige swart rok met een lang swart-en-wit kraletjie-mou wat tot op die vloer strek, het onlangs die Designer of the World-afdeling van dié kompetisie gewen. Keyi en China se verteenwoordiger, Peirui Mao, is as gesamentlike wenners in die kategorie aangewys. Maroela Media het vroeër berig Biji Gibbs het Keyi se rok gemaak en hulle het saamgespan om die ontwerp te skep.

Suid-Afrika het al drie keer in die verlede met die Mej. Wêreld-kroon gespog (Rolene Strauss in 2014, Anneline Kriel in 1974 en Penelepe Anne Coelen in 1958).

Keyi is vroeër die jaar as Mej. Wêreld Suid-Afrika gekroon en Tamaryn Green as Mej. Suid-Afrika, wat later die jaar aan die Mej. Heelal-kompetisie sal deelneem. Green sal op 17 Desember in Bangkok, Thailand, aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem, waar die huidige Mej. Heelal, Suid-Afrika se Demi-Leigh Nel-Peters, die nuwe wenner sal kroon.

https://www.instagram.com/p/BrIQhPajwn8/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anton X ·

Ai, te pragtig. Ons het al die lelike eendjies hier in ons dorp. Sal wat wil gee vir so ‘n mooi cherrie. Lyk my ek moet Oos Kaap toe verhuis. Of Mexiko.

Jessica ·

Ag nee wat, dis alles die make-up maskers, trek dit af dan sien jy the real ugly ducklings. Make up does it all, jy sal skrik as jy langs hulle wakker word.

Griki ·

Ons meisie het pragtig en soos ‘n waardige dame gelyk met haar swart rok en wit-en-swart mou. Wow, in hierdie geval is minder beslis meer. Wens Tamaryn kan liewer daardie rok as die sg voëlrok dra by die mej Heelal-kompetisie.

Ben ·

Wow…..al het sy nie gewen nie, maar Thulisa het pragtig gelyk in haar mooi dress….soos n koningin!

Smirre ·

Die eerste prinses moes gewen het. Mej. SA. reg geplaas – onder top 30 en niks beter.

Hennie ·

Thulisa, ons is baie trots op jou. Jy lyk pragtig en is waardig om ons land te verteenwoordig.

lolla ·

was sy ons mej SA? ….. klink nie vir my so nie….. gewoonlik is ons beter verteenwoordig op die ranglys…. daar was pragtige vroue gewees

Pensioenaris ·

Moet se ons Mej S.A se rok was die mooiste. Absoluut pragtig.

Nettie ·

Maroela Media, dit is PENELOPE ANNE COELEN, nie Penelepe Anne Coelen nie.

Nettie ·

Sjoe, ek kyk die ander deelnemers se tradisionele rokke en ek kyk SA se “Miss World” se rok en kan nie anders om te dink “Wat ‘n teleurstelling” nie.

Ander deelnemers se rokke is só tradisioneel – dit vertel iets van die herkoms van die land en sy mense. Wat sê SA se “Miss World” se rok? Seker net wat dit veronderstel was om te sê – oormagtige hoeveelheid swart, bietjie wit – nêrens niks grys, wat sekerlik die Kleurlinge of Indiërs kan verteenwoordig nie.

Rina Kotze ·

Baie mooi en beter om na te kyk as al die slegte Nuus!

Ons eerste Prinses was vir die kompetisie Mej SA en het haar uitstekend gekwyt van haar taak!

Geluk aan Mej. Mexico. Ek verstaan dit was die eerste Mej Wêreld wat hulle opgelewer het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.