Midde-Ooste: Drie Amerikaanse troepe sterf in hommeltuig-aanval

Argieffoto van die Amerikaanse president, Joe Biden. (Foto: Drew Angerer, AFP)

Drie Amerikaanse troepe is dood en 34 ander gewond ná ’n hommeltuig-aanval by ’n buitepos op die grens van Jordanië en Sirië.

Dit is die eerste sterftes van Amerikaanse troepe in die streek sedert oorlog verlede jaar in Oktober tussen Israel en die Iran-gesteunde Hamas uitgebreek het.

“Ons het gisteraand ‘n moeilike tyd in die Midde-Ooste beleef. Ons het drie dapper siele verloor … Ons sal reageer,” het die Amerikaanse president Joe Biden Sondag tydens ’n geleentheid in Suid-Carolina verseker.

“Hoewel ons steeds die feite van hierdie aanval insamel, weet ons dit is uitgevoer deur radikale Iran-gesteunde militante groepe wat in Sirië en Irak bedrywig is,” het die Amerikaanse president ook in ‘n nasionale verklaring gesê.

Iran het egter intussen bewerings ontken dat die rebelle verantwoordelik vir die aanval dié land se steun geniet.

“Hierdie aansprake word gemaak met spesifieke politieke doelwitte om die realiteite van die streek om te keer,” het ’n woordvoerder van die Iranse ministerie van buitelandse sake, Nasser Kanaani, gesê.

Die Amerikaanse sentrale bevel het Sondagaand gesê die aanval het by ‘n logistieke ondersteuningsbasis by Toring 22 in die noordooste van Jordanië plaasgevind.

Jordanië, wat aanvanklik volgehou het dat die aanval nié op sy tuisbodem nie, maar eerder in naburige Sirië plaasgevind het, het intussen gesê “’n gevorderde posisie op die grens met Sirië” is geteiken.

Jordanië sowel as Bahrein, Egipte en Brittanje het die aanval Sondag veroordeel.

Volgens die Amerikaanse sentrale bevel was daar ongeveer 350 Amerikaanse weermag- en lugmagpersoneel by die betrokke basis ontplooi toe die hommeltuig-aanval uitgevoer is.

Dié troepe het “‘n aantal sleutelondersteuningsfunksies” teen die Islamitiese Staat-djihadgroep uitgevoer.

Die voorval sal na verwagting spanning in die streek net verder verhoog en bydra tot toenemende vrese van ‘n breër konflik. Die prys van olie het reeds gestyg sedert die nuus oor die aanval bekend geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Steyn ·

Siener het mos geskryf die 3de wereldoorlog gaan in die woestynland begin?

Republikein in die Wes Kaap ·

Amerika, Ramaphosa hou julle dop. Slaan terug en SA sleep julle hof toe.

George ·

Kom ons kyk hoe reageer ou Biden wat so baie tese gehad het oor Bush.

Hendrik ·

Geen keer meer nie. Die meer liberale westerse leierskap was veronderstel om deur dekades heen onbeersde immigrasie voorkomend te onderdruk maar was eerder met ope arms toegeeflik. Volkome herstel sal selfs nie eens met n 3de wereldoorlog geskied nie.

domheks ·

“”oorlog verlede jaar in Oktober tussen Israel en die Iran-gesteunde Hamas uitgebreek het””
Nou wat se die cANCer nou? Julle tjommies brei nou vinnig uit na ander dele. Volksmoord?

trotsNAMSA ·

Amerika, o, Amerika wat haar neus in almal se sake druk. Wat soek julle in die Midde-Ooste ? (Olie / geld maak uit oorlog) sekerlik belangriker as julle Weermag nou “onskuldig” op Jordanië en Sirië se grense is ?

Arno ·

Amerika vergeet partykeer dat soldate kan sterf gedurende ‘n militêre operasies as die mense waarteen hulle baklei terug baklei. Dit is altyd vir my vreemd hoe hulle geskok optree wanneer van hulle soldate sterf. Asof hulle nie kan glo iemand het probeer om hulle aan te val in die Midde Ooste nie ????.

Bekkie ·

Ag die verdompde ou “siener” weet niks………….dit staan in die BYBEL oor wat gaan gebeur!

skurweberg ·

Beskou wêreldgebeure en SA is deel daarvan as ‘n stryd teen LIG en duisternis, op alle lewens terreine. Niemand en niks word oorgesien nie. Wees gewaarsku, die sosiale media is die instrument in hierdie stryd. Aan wie of aan watter kant an die spektrum staan jy?

electricmango ·

Daar is eenvoudig te veel mense vir die aarde. Of dit nou arabiere of amerikaners is wat sneuwel, daar moet ten minste 3 BILJOEN mense sterf om die mensdom weer n kans op aarde te gee. Drie dapper siele – hahaha. Komaan putin gooi die kernkrag bomme en kry die dinge agter die rug.

skurweberg ·

Die spektrum bestaan slegs uit twee parye “LIG en duisternis” Die Nuwe Wereld Orde” het reeds baie jare gelede gekies. Hulle is die onsigbare magte in die lug waarvan almal behoort te weet, Die gees wat daar, NOU aan die werk is in die mens wat aan God ongehoorsaam is.

JohanR ·

Moenie die VSA onderskat. Jy stamp en stamp en stamp aan die bye nes en skielik is die nes op jou. Ek wag nou om te sien waar die VSA hard gaan toeslaan…..dit kom. Syria, Iran, Yemen gaan dit kry.

Vriendelike Frikkie ·

Maak nie saak hoe jou gevoel oor politieke agendas is nie; Daar is nie wenners is enige oorlog nie. Beide kante sterf vir wat hulle glo of wat ‘n politikus besluit het. Beide kante het familie wat agterbly. Beide kante bloei…

Samuel ·

Die soldate het in ‘n oorlog gesterf omdat siek politici besluit het hulle moet in oorlog wees. Geen wenners aan enige kant nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.