Nasa se vuurpyl vir eers weggebêre

Nasa se Artemis 1-vuurpyl. (Foto: Jim WATSON / AFP)

Nasa se Artemis 1-vuurpyl, wat al weke lank wag om vir ’n toetsvlug om die maan gelanseer te word, is Maandagaand vir eers weggebêre. Dít terwyl die Amerikaanse deelstaat Florida hom op orkaan Ian voorberei.

Die vuurpyl van 98 meter en byna drie miljoen kilogram is gisteraand laat op ’n rollende platform wat stadig beweeg – om te verhoed dat die vuurpyl deur vibrasies beskadig word – van sy lanseringsplatform by die Kennedy-ruimtesentrum na die monteeraanleg geskuif.

“Dit was die regte en ʼn noodsaaklike besluit om ons mense en hardeware veilig te hou,” het Jim Free, amptenaar van Nasa, Maandag getwiet.

Die ruimte-agentskap het tot op die laaste oomblik gewag om te besluit of Artemis I binnenshuis geskuif moet word in die hoop om die vuurpyl kort ná die storm te lanseer. Dit nadat die lansering van Artemis oor die afgelope maand verskeie kere uitgestel moes word.

Daar is egter nou geen geleentheid meer vir lansering binne die huidige lanseringsvenster wat tot 4 Oktober strek nie.

Die volgende venster strek van 17 tot 31 Oktober en dan weer van 12 tot 27 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dr Pieter ·

Ek was bevoorreg om etlike dae voor die lansering van Discovery op 29 September 1988 by die Kennedy Space Centre in Cape Canaveral te wees. Hoewel ek nie die lansering self kon bywoon nie, bly dit onvergeetlik en ek volg elke lansering met groot belangstelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.