‘Praat met Poetin oor graanuitvoere,’ vra VSA

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Mahmud Turkia/AFP)

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het Donderdag ʼn beroep op die leiers van Afrika gedoen om tydens vandeesweek se Rusland-Afrika-beraad antwoorde by pres. Wladimir Poetin te eis oor die graanooreenkoms wat nou “armer lande tot ʼn krisis gaan dryf”.

Blinken het voor die beraad in St. Petersburg daarop aangedring dat Afrika-leiers moet weet dat stygings in voedselkoste, asook graan- en kunsmistekorte “ʼn direkte gevolg van Poetin se oorlog met Oekraïne is”.

“Hulle weet presies wie die skuld vir hierdie huidige situasie dra,” het Blinken gesê.

“My verwagting is dat Rusland dit duidelik van ons Afrika-vennote sal hoor.”

Altesame 49 Afrika-leiers, insluitend pres. Cyril Ramaphosa, gaan Donderdag en Vrydag die beraad in St. Petersburg, Poetin se tuisdorp, bywoon.

Poetin sal na verwagting Vrydag met die Afrika-leiers vergader oor verskeie kwessies wat met Oekraïne verband hou.

Pres. Cyril Ramaphosa land in Rusland. (Foto: Twitter)

Rusland het onlangs ʼn ooreenkoms laat verstryk wat Oekraïne toegelaat het om graan verby Rusland se oorlogskepe in die Swartsee na die res van die wêreld, waaronder Afrika, uit te voer.

Rusland het aangevoer dat hy nie die ooreenkoms hernu het nie, aangesien die struikelblokke in die pad van sy eie uitvoere, wat die ooreenkoms uit die weg moes help ruim, nooit nagekom is nie.

Volgens Blinken het Rusland se versuim om die ooreenkoms te hernu daartoe gelei dat graan “gelykstaande aan 18 miljard brode” nie verder uitgevoer kan word nie.

“Dit is nie net dat hulle [Rusland] uit die ooreenkoms kopuitgetrek het nie. Sedert hulle onttrek het, het hulle herhaaldelik die hawe van Odessa gebombardeer. Hulle het landmyne in die Swartsee gelê. Hulle het uitdruklik vaartuie gedreig. Ek dink dit stuur ʼn duidelike boodskap.”

Moskou het kort voor die beraad sy Afrika-vennote probeer gerusstel en gesê hy verstaan ​​hul kommer oor die kwessie.

Die Kremlin het gesê dat hy “sonder enige twyfel” gereed is om graan gratis na Afrikalande uit te voer wat dit nodig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

annie ·

Lees meer oor wat aangaan met die graanuitvoere. Die VSA verdraai die storie lekkerl

KatjieDeKat ·

Blinken, vra Jy vir Mnr.Putin daaroor. Iemand in jou posisie behoort die guts te hê om jou eie praatwerk te doen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Amerika se mag taan. Hul leiers word magteloos.

Trotse Boervrou ·

Stem 100% saam! Waarom steun Amerika nou so skielik op Afrika?

piet ·

Hoekom, dis nie die VSA se probleem nie. Afrika lande is mos buddies met Rusland, laat hulle dit self uitsorteer met big buddy. Hoekom moet VSA elke keer intree om ander se gemors reg te maak? Afrika verkies mos in elk geval Rusland bo die VSA.

KatjieDeKat ·

Presies, niks met die VSA te doen nie. Maar blykbaar het Blinken nie die memo gekry nie, want hy is besig om te snater oor die aangeleentheid. Dis my punt, hy wat die VSA verteenwoordig, wil nou weer sy neus indruk waar dit nie hoort nie!

Pieter ·

lol hulle kan maar daar bly… Ons soek julle nie terug nie hoor!!!

skurweberg ·

Soos dit nou in Suid Afrika gaan kan ons hierdie beraad nie maar net ‘n krisisberaad noem nie?

Andrew ·

Bog.As die VSA so baie vir Afrika omgee hoekom skyf hulle nie alle skuld summier af nie. Beter nog, skenk elke jaar van julle 100 plus % oorskot graan om die 3% wereld mark verlies op te maak.

Nommer 7 ·

Banke gee ook baie om vir hulle kliente, maar hulle skryf nie die skuld af nie

Francois ·

Terwyl Zuma reeds in Rusland is vir “mediese behandeling” (wat seker nie in SA beskikbaar is nie), kon hy sommer na die berade toe gaan om met Putin te gesels sodat Rhamaphosa by die huis kon bly en met sy werk hier kon aangaan? Hulle behoort mos aan dieselfde politieke party.

HPJ ·

Die VSA moet eintlik hulle “puppets “die DA vra Want die DA is mos in hulle sak Kyk hoe vinnig het Winde na sy base in Washington gehardloop met die wapen beweing MAAR die graan uitvoere sou nie n probleem gewees het nie as,die Weste hulle deel nagekom het nie Maar met eensydige pers is dit maklik om Rusland te blameer Waar is die uitvoere van Rusland wat die ooreenkoms gewaarborg het NERENS want die morele verote Weste wil net he

Katinka ·

Ek glo nie ‘n woord wat VSA sê nie, Putin word altyd sleg gemaak.

Althes ·

Die ANC wou mos spiere bult langs Rusland.
Die speletjie kos dat die ysters in die vuur nou warm raak.

Martie ·

Regtig, Suid Afrika het oorgenoeg graan vir onsself. Die probleem is die wat ons so moet uitdeel aan die res van Afrika sodat hulle kan bly vermeerder en minder en oorlog maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.