Trump stel hom weer verkiesbaar

Donald Trump kondig sy kandidatuur vir president van die Verenigde State aan. (Foto: ALON SKUY / AFP)

Dis amptelik: Donald Trump wil weer president word. Die oudpresident het hom Dinsdagaand verkiesbaar gestel as kandidaat vir die Amerikaanse presidentskap in 2024.

“Om Amerika weer puik en glorieryk te maak, kondig ek vanaand my kandidatuur vir president van die Verenigde State aan,” het Trump op sy Mar-a-Lago-landgoed in Florida gesê, enkele minute nadat hy die amptelike dokumentasie vir sy derde presidentslopie ingedien het.

Dié nuus is onder luide applous van honderde Trump-ondersteuners op die landgoed verwelkom.

Trump het in sy toespraak gereeld na sy opvolger, pres. Joe Biden, en sy administrasie gekap. “Amerika was onder ons leierskap ʼn besonderse en glorieryke nasie. Maar nou is ons ʼn nasie in verval.

“In twee jaar het die Biden-administrasie die Amerikaanse ekonomie vernietig… Hierdie is nie net ʼn veldtog nie, dit is ʼn strewe om ons land te red.”

Donald Trump kondig sy kandidatuur vir president van die Verenigde State aan. (Foto: ALON SKUY / AFP)

Biden het intussen in reaksie op Trump se aankondiging op Twitter gesê die Republikein het sy land gedurende sy presidentskap “in die steek gelaat”. Die 79-jarige president het al voorheen gesê hy is van voorneme om homself vir ʼn tweede termyn verkiesbaar te stel. Hy sal egter eers vroeg volgende jaar finaal daaroor besluit.

Trump is een van die eerstes om sy kandidatuur vir president aan te kondig en sy buitengewone vroeë toetrede tot die wedloop om presidentskap word deur sommige beskou as ʼn poging om ʼn voorsprong bo ander kandidate te kry.

Die Republikeinse goewerneur van Florida, Ron DeSantis, blyk in dié stadium Trump se grootste mededinger te wees. Ander kandidate kan dalk insluit Mike Pence, voormalige vise-president, Ted Cruz, ʼn Texas-senator, Glenn Youngkin, goewerneur van Virginia, Mike Pompeo, voormalige minister van buitelandse sake, en Nikki Haley, oudgoewerneur van Suid-Carolina.

Sou Trump wen, sal hy maar die tweede Amerikaanse president word om in nie-opeenvolgende termyne te dien. Grover Cleveland is in 1884 tot president van die VSA verkies, het in 1888 verloor en in 1892 weer gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Jean ·

Ek is ‘n groot Trump ondersteuner, maar ek glo DeSantis is ‘n beter kandidaat.

Gaitsigubib ·

RS ek stem saam met jou, De Santes is meer van n diplomaat en presidensieel as Trump. Dis was en is steeds wat Trump op die punt n beter kanidaat maak. Jy moet weet watter mate van onortodoksheid dit gekos het om die NWO onkant te vang. Trump is nie beinvloedbaar nie, dit is waarom hy deur so baie gehaat word.

Frank ·

Ai, ek hou steeds van Trump se patriotisme, maar ek dink in belang van die Republikeine en USA se toekoms, moet hy terugstaan vir DeSantis.

VaalDonkie ·

Ja ek dink ook so. Maar slegs omdat DeSantis se tweede termyn as goewerneur amper om is en hy dus niks het om te verloor nie. En dan kan Trump staan vir goewerneur van Florida is DeSantis se plek. Almal wen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Florida kan afstig en dan kan Trump hul president word.

chris ·

Ek glo De Santis se beurt sal kom.Trump moet net klaarmaak wat hy begin het .

Corne ·

Ek hoop Trump wen. Baie mense hou nie van sy arrogansie nie, maar ek dink hy is tops. Wens vir so iemand in Suid Afrika LOL!!!

SjN ·

Ten minste doen hy wat hy se, lewer nie net mooi politieke praatjies nie.

piet ·

Soos sy bou van die muur wat nie heeltemal so mooi verloop het nie en sy onvermoe om Amerikaanse troepe uit Afgahistan te kry nadat hy reeds ‘n jaar tevore ‘n ooreenkoms met die Taliban gesluit het. Om nie te vergeet van sy aanvanklike traagheid met die uitrol van die Covid vaksienes nie.

Dirk ·

Piet jy slaan die spyker op die kop. Trump het absoluut niks beteken vir Amerika nie. Behalwe om mooi uit te wys wie al die sleg mense in hulle regering wat moet vervang word.

Vexed ·

Ek is geen Trump ondersteuner of van enige ander politikus nie maar, natuurlik kon hy nie net die troepe uit ruk nie. Kyk watter ramp was dit toe Biden dit gedoen het. Die muur was amper klaar, en daar was nie ‘n vloed van onwettige immigrante oor die grens nie. Die Covid inspuitings was ‘n ramp wat baie skade veroorsaak het. Die feit dat hy die inspuiting so ondersteun maak hom ongeskik om enigsins ‘n president te wees. Maar nou ja, dit geld vir elke Westerse “leier” deesdae.

piet ·

Hy het ‘n jaar VOOR hy die amp verlaat het die ooreenkoms met die Taliban aangegaan en die finale datum van die onttrekking soos ooreengekom, was voor hy sy amp verlaat het. So hy het nie by die ooreenkoms gehou nie en toe moes Biden die gemors regmaak want die Taliban dreig toe omdat Trump nie die ooreenkoms eerbiedig het nie. Die sogenaamde “muur” is ook nie gebou nie. Wat gebeur het, is dat die bestaande strukture slegs opgeknap is van net meer as die helfte van die grensversperrings.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die debatte tussen Biden en Trump gaan interresant wees. Wanneer hulle oor Rusland moet praat, sal Biden oor Lesotho praat en Trump oor Peru. Albei al erg deurmekaar in die boonste laai.

Fran ·

Ek is ook ‘n Trump ondersteuner maar ek dink De Santis is ‘n beter kanidaat. Meer gematigde Amerianers sal eerder vir hom stem as Trump. Hy is jonger, meer diplomaties maar tog streng. Baie sterk leier.

Yolandie ·

Ek hou ook van De Santis, maar ek is jammer die Republikeine sal nie die party gewees het as dit nie vir Trump se eerste amps termyn gewees het nie. Met alles wat Trump moes trotseer het hy elke belofte wat hy aan die Amerikaners gemaak het nagekom al het hulle hom om elke hoek en draai aangeval en al doen hulle steeds. Die Biden regering haat hulle eie land en bestuur dit in die grond in. Hulle is ‘n verleentheid vir alle Amerikaners reg oor die wereld heen.

Chantel ·

What ever, dink net nie hy is soooooo ‘n goeie mens as wat hy voorgee nie. MAARRRR dit is my eie opinie

George ·

Hy hoef nie n goeie mens te wees nie, net n goeie leier, kyk Hansie, briljante leier, mens, not so much. Beter as ou Cyril.

Dirk ·

Trump is nie ‘n goeie leier nie, was nog nooit en sal nooit wees nie

JD ·

Daai Mainstream Media dieet doen jou wonders, doen so voort. Hulle het immers jou beste belang op die hart en praat altyd die waarheid

Harley Davidson ·

Beste Pres in die wêreld, ek hoop die Amerikaanse burgers stem in hulle hordes vir hom.

Koen ·

Daar is geen kans dat hy eers genomineer gaan word nie. GEEN!

JD ·

Ja nee, hy haatvroueso baie dat hy sommer 3 keer getrou het.
En is so groot rasis dat sy steun onder swart en hispanics met myle verbeter het.
Wat n grap dat mense nog MSM glo, shame

Harley Davidson ·

Hy het sy minister van buitelandse sake opdrag gegee om die plaasmoorde dop te hou ,dieselfde tyd wat jou pres op nasionale tv gelieg het en gesê het daar is nie plaasmoorde in sa nie.

Stephen ·

Was n ondersteuner van Trump maar hy skiet hom in beide voete met sy uitsprake. De Santis met Cruz is al wat Amerika sal red. Baie respek vir beide.

Dirk ·

Oh so jy stem saam met iemand wat stem regte, vroue regte, menslike regte weg vat. Wat haat aan hits? Wat dink dat al die haat wat by sy mond uitkom ooreenstem met die bybel?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Spaanssprekendes neem Amerika oor. Die Engelse word ‘n minderheidsgroep.

Andre ·

Daai swakeling Biden moet uit hy is n groot verleentheid vir die VSA.Mnr Trump ek hoop jy wen !!

Niklaas ·

Mooi so , Donald. Hoop jy wen weer . Laat ek liewer niks meld van ou Biden nie.

JohanR ·

Hoop nou de Santos gaan homself ook beskukbaar stel. Trump is kinderagtig en gaan aan soos ‘n kind van drie jaar oud. Het self de Santos gedreig as hy homself verkiesbaar stel.

Yolandie ·

Ja ek het ook gesê dis in swak smaak om de Santis aan te val. Maar wraggies weet dis hoe die Amerikaanse verkiesing spel werk. Jy moet jou opinent aanval al is jy in dieselfde party. Trump wil wen so dis nie die tyd vir tee partytjies saam hou nie.

ES ·

Ek dink hy staan ‘n goeie kans om weer te wen – of jy nou van hom hou of nie, hy het baie aanhangers wat vir hom sal stem maar ek dink dit gaan moelik wees teen DeSantis.

Vonny ·

Mal oor Trump. Hy doen wat hy sè.
# he calls a spade A spade…!!!

Trump BO!!!

piet ·

Dit sal interessant wees om te sien welke nonsens Trump vorendag mee gaan kom as sy eie party hom nie kies as presidentskandidaat nie. Hy sal seker daai kiesproses ook bevraagteken. LOL

Dooierus ·

De Santis is die beter man. Trump moet glip! Noem een goeie ding wat hy vir ons SA ners gedoen het. Hy kon nie eers Namibia uitspreek nie…..of weet waar dit is nie. Meng jou met die semels , ….

Phillip ·

As ek kon stem in Amerika so ek vir meneer Trump gestem het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.