Twitter-aandele tuimel ná Musk kop uittrek

Elon Musk. (Foto: Patrick Pleul/POOL/AFP)

Twitter se aandele het Maandag erg getuimel nadat Elon Musk die afgelope naweek sy plan laat vaar het om die sosialemediaplatform vir $44 miljard (sowat R750 miljard) te koop.

Die platform se aandele het met 5,46% gedaal tot by $34,80 per aandeel. Dit het reeds voor die naweek met 5,10% gedaal.

Musk, uitvoerende hoof van Tesla, het aanvanklik $54,20 per aandeel aangebied in sy poging om Twitter te koop.

Hy het egter Vrydag kop uitgetrek en Twitter daarvan beskuldig dat hy misleidende verklarings oor die getal vals profiele op die platform gemaak het.

Die sosialemediareus sê die getal vals profiele is minder as 5%. Nietemin hou Musk vol dat die syfer in werklikheid veel hoër is.

Kort nadat Musk die nuus bekendgemaak het dat hy die transaksie laat vaar het, het Bret Taylor, voorsitter van die raad van Twitter, onderneem om die miljardêr te dagvaar kragtens die bepalings van die ooreenkoms wat stipuleer dat ʼn kontrakbreukfooi aan Twitter verskuldig is.

“Ons is vol vertroue dat ons suksesvol sal wees,” het hy gesê.

Volgens verskeie Amerikaanse mediaberigte het Twitter Wachtell, Lipton, Rosen & Katz, die vooraanstaande regsfirma in New York, aangestel om hom in die saak te verteenwoordig.

Musk het onlangs in ʼn Twitter-plasing uitgevaar oor die hele debakel.

“Eers het hulle gesê ek kan nie Twitter koop nie. Toe het hulle nie die inligting oor vals profiele bekend gemaak nie. Nou wil hulle my in die hof dwing om Twitter te koop. Dan moet hulle die inligting oor vals profiele in die hof bekend maak.”

Dan Ives, ontleder by Wedbush Securities, sê Twitter en sy direksie is nou op sy hoede “aangesien die maatskappy en Musk nou gaan koppe stamp in ʼn hofstryd”.

“Ons sien niemand anders wat op die oomblik belangstel om Twitter te koop te midde van die regsgeding nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Twallie ·

En wat maak van Musk ‘n “stuk gemors”? Die feit dat hy susksesvol is of die feit dat hy vrye spraak aanmoedig?

Dirk ·

Musk is ‘n stuk gemors oor hoe hy mense behandel, nie oor sy sukses of vrye spraak nie.

Andrew ·

Nie heeltemal nie. Hulle kan jojo met jou geld speel en ouens soos george soros kan virkiesings koop.

Vexed ·

Ek glo ook nie so nie. As ek hom ken sal ek waarskynlik glad nie van hom hou nie, maar, ek reken hy is ok daarmee… so sal maar my energie spaar.

Rudi ·

Musk kry deesdae te veel aandag. Hoekom? In my oë is hy ‘n pyn

Niklaas ·

Dalks is ek verkeerd , maar ek kry die indruk dat die eienaars van Twitter so gou as moontlik van Twitter ontslae wil raak om onbekende redes. Dalks is daar onderliggende ongesonde finansiële probleme wat verdoesel word. Vandaar die groot angstigheid om te verkoop en dit maak mens skepties.

Andrew ·

Vooraf beplan. Twitter is arrogant en n politiese gedrewe platform wat deur “fanaitcals” beheer word. Musk het hulle bluff mooi gespeel en daar val die prys toe, baie moontlik nader aan die prys wat dit moet wees. Op die ou end moet hulle ook nou al die data losmaak, moontlik jare in prysige hofgedinge betrokke wees, dit terwyl die aandele prys net verder gaan sink. Die als dui oop n Twitter te koop teen n heelwat lear prys.

Twallie ·

Ek verstaan nie aldag mense nie. Almal het van Musk gehou, mense was opgewonde oor wat hy volgende gaan uitdink, sy ruimtevaart idees ens.

Toe ewe skielik wil hy die Twitter sirkus koop en al die lefties raak oornag kens, en nou haat almal hom want hy wil wat doen? Vrye spraak op die platform aanmoedig wat mense se regte tot vrye spraak onderdruk het, want almal moet mos op dieselfde belaglike woke manier dink.

Wys jou net. Daar is iets fout met die mensdom.

Martin ·

Wat ‘n mors van geld… Daar is mense wat van die hand tot die mond leef en dan is daar skynheiliges wat ryk erf en in weelde leef wat nie weet hoe dit voel om op te offer en te werk vir hul geld nie.

E ·

Klink my Musk is n goeie skaakspeler, Twitter is nou in ‘n hoek, hulle sal “full disclosure” moet gee of het geen voet om op te staan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.