Twitter dagvaar Musk vir kontrakbreuk

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Chris Delmas/AFP)

Twitter het Elon Musk Dinsdag amptelik gedagvaar omdat hy ʼn kontrak van $44 miljard om die sosialemediaplatform oor te koop, gebreek het. Dit kom nadat die voorsitter van die raad van Twitter vroeër onderneem het om regstappe teen Musk te doen.

Volgens die hofdokumente, wat in die Amerikaanse deelstaat Delaware ingedien is, is Musk se uittredestrategie “ʼn model van skynheiligheid” wat nie deur die hof geduld moet word nie.

Die dagvaarding versoek die hof om die transaksie af te dwing, aangesien geen monetêre boete die skade kan herstel wat reeds deur Musk aangerig is nie. Die miljardêr word deur die kontrak se bepalings verplig om $1 miljard te betaal indien hy kop uittrek.

“Musk se optrede bevestig bloot dat hy die bindende kontrak, wat hy vrylik onderteken het, wil vryspring en in die proses Twitter skade berokken,” lui die hofstukke.

“Twitter het skade gely en sal voortgaan om onherstelbare skade te ly as gevolg van Musk se kontrakbreuk.”

Ná weke se dreigemente deur Musk het hy verlede week sy plan laat vaar om die platform te koop en boonop Twitter daarvan beskuldig dat hy misleidende verklarings oor die getal vals profiele op die platform gemaak het.

Twitter se aandele het sedertdien erg getuimel.

“Twitter het agteroor gebuig om Musk van die inligting te verskaf wat hy aangevra het, insluitend die volledige datastel wat hy al weke lank ontgin. Uit die staanspoor was Musk se inligtingsversoeke ontwerp om die transaksie in die wiele te ry,” lui Twitter se hofstukke.

Hiervolgens het Musk ʼn “ongevraagde bod” gemaak om Twitter te koop, sonder om te vra vir die geraamde syfers rondom strooipos of vals rekeninge.

Twitter beweer verder dat Musk ʼn groot deel van sy Tesla-aandele gebruik het om die finansiering vir die transaksie te steun. Dit beteken indien die waarde van Tesla se aandele sou afneem, hy meer daarvan sou moes verkoop.

“Daar was nie net geen finansiering- of geskiktheidsvoorwaardes nie, maar Musk het reeds skuldverpligtinge verseker wat saam met sy persoonlike aandeleverpligtinge voldoende sou wees om die aankoop te finansier.”

Twitter het bygevoeg dat Musk se vermoë om Twitter te koop voor die bepaalde datum, 24 Oktober, uiters beperk is en dat dit eintlik net onderhewig is aan die goedkeuring van Twitter se aandeelhouers en regulatoriese goedkeurings.

Hoewel die sosialemediaplatform die hof gevra het om die ooreenkoms tussen hom en Musk af te dwing, kan die maatskappy se regstappe verskeie uitkomste oplewer.

“Daar is ʼn reeks moontlikhede uit die saak kan spruit, insluitend ʼn skikking of dat Musk ʼn skeidingsfooi betaal,” het Dan Ives, ontleder by Wedbush Securities, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

Moet lekker wees on soe iets te betaal met die geld in jot gatsak!

Martin ·

Twitter se uitvierende beamptes het te veel Suites episodes gekyk op Netflix… Musk moet maar vir Harvey kry om hom te verdedig.

Jean ·

Ek glo dit was sy plan van die begin af, want nou gaan twitter die bot informasie in die hof vir hom moet gee.

Renier ·

So dan kan Elon hulle terug dagvaar omdat hulle vals inligting beskikbaar maak. Hier kom weer n sepie…

Koos 100 ·

Hier is ‘n storie agter ‘n storie en dit het met geld te doen. Moontlik om die aandele se waarde te manipuleer?

Twallie ·

100%. As hy die koop stop, duik Twitter se aandele prys. Met die aankoop van Twitter as verskoning, kan hy ook ‘n groot meerderheid Tesla aandele dump sonder om te prys te laat daal, wat altyd gebeur wanneer die hoof aandeelhouer sy aandele verkoop.

Dis ‘n briljante besigheids maneuver, want al sy geld is vas in aandele. Hy loop nie met dit in ‘n bankrekening rond nie.

Twallie ·

Waarvoor moet hy vasgevat word? Hy is op die einde van die dag ‘n briljante besigheids man en hulle doen wat hulle doen vir geld.

Ons het meer mense met sy visie nodig ipv mense wat net gebruik wat mense soos hy oplewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.