Die Noordwes-hooggeregshof het Maandagmiddag uitspraak gelewer oor ʼn dringende aansoek van die twee mans wat tereg staan op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van ʼn 12-jarige seun in Coligny in Noordwes.
Alles vir die sleutelwoord "Coligny-moordsaak"
Coligny-seun se nek het gebreek, sê pa
ʼn 12-jarige seun wat van ʼn bewegende voertuig afgespring het toe hy glo daarvan beskuldig is dat hy sonneblomme gesteel het, het gesterf weens ʼn gebreekte nek, het sy pa Maandag gesê.
Coligny-moordsaak: Dringende hofaansoek aangehoor
Die twee mans wat tereg staan op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van ʼn 12-jarige seun in Coligny in Noordwes, sal Maandagmiddag ʼn dringende aansoek in die Noordwes-hooggeregshof bring.
Coligny-moordsaak: Twee bly vir eers agter tralies
Die landdros wat vandag die saak aangehoor het, het homself van die saak onttrek omdat hy vrees vir die veiligheid van sy familie.
[Video] Betoging voor Coligny-hof
ʼn Groep mense het Vrydagoggend voor die Coligny-landdroshof in Noordwes betoog voor die hofverskyning van twee mans wat teregstaan vir die moord op ʼn 12-jarige seun.
Coligny: Seun se identiteit steeds nie bekend; mans in hof
Die 12-jarige seun wat in Coligny in Noordwes dood is nadat hy na bewering van ʼn bewegende bakkie afgespring het, was teen Donderdagmiddag, ʼn week ná sy dood, steeds nie geïdentifiseer nie.
Coligny-betogings: ‘Dís wat gebeur het’
ʼn Werknemer van die twee mans wat in hegtenis geneem is in verband met die dood van ʼn kind wat die betogings tot gevolg het, het Woensdag gepraat oor hoe die gebeure ontvou het en wat die oorsaak van dié gewelddadige betogings is.
Noordwes-betogings: ‘Polisie het beheer oor gebied’
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdag bewerings ontken dat die polisie nie beheer oor die situasie in Lichtenburg en Coligny in Noordwes, waar gewelddadige betogings al dae lank woed, het nie.
Coligny-betogings: Twee vas ná kind se dood
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn kind in Coligny wat gewelddadige betogings tot gevolg gehad het.
Betogings in Coligny en Lichtenburg: Taakspan aangestel
“Ek het by die heining gestaan en kyk hoe brand my vragmotors met my vrou en kinders wat agter my in die bakkie sit.”
Rasse-konflik is slegs ʼn rookskerm vir vandalisme in Coligny
Die bewering dat die plundering en die brand van winkels en woonhuise in Coligny die gevolg is van ʼn rassevoorval waar ʼn boer die dood van ʼn twaalfjarige swart seun veroorsaak het, is bloot ʼn rookskerm om winkels in Coligny te plunder.