Donald Trump en Hillary Clinton het pas gemaklik hul onderskeie partye se voorverkiesings in New York gewen. Die kanse dat hierdie twee kandidate in November teen mekaar te staan gaan kom, word al hoe sterker.
Alles vir die sleutelwoord "Donald Trump"
Nuuskommentaar: ANC über alles – duikvlug van die narre
Twee mense, een ’n president en die ander ’n presidentskandidaat in die VSA, is al dikwels as narre uitgebeeld. Albei het hulle nou byna gelyktydig ernstige teenspoed op die lyf geloop. Donald Trump se voortgesette vrysêery het hom nou moontlik noodlottig gewond, terwyl pres. Jacob Zuma nou in ’n oorlewingstryd gedompel is met die aanslae teen hom wat al meer bedreigend word.
Trump, Sanders en die begin van die einde van die tweepartystelsel in Amerika
Teen die verkiesing in 2024 kan ons moontlik vier tot vyf partye sien wat op meer gelyke voet met mekaar meeding. Intussen sal Amerikaners moet kies tussen Clinton, met haar hope bagasie en oninspirerende aanslag en Trump, met sy bombastiese houding en beperkte kennis van die politiek van die dag.
Populiste stoomroller deur demokratiese wêreld
Oor die hele demokratiese wêreld is populiste aan die opruk. Wat beteken dit vir die demokrasie? En vir Suid-Afrika?
Clinton teen Trump nou meer waarskynlik
Daar kan nog nie met absolute sekerheid gesê word dat Clinton en Trump hul onderskeie partye se kandidate gaan wees nie. Sanders kan nog vir Clinton inhaal en beide Cruz en Rubio het nog ʼn buitekans om Trump te uitoorlê. Dit sou egter naïef wees om te dink dat Clinton en Trump nie tans as gemaklike voorlopers beskou kan word nie.
Trump nou loshande die voorloper
Trump se oorwinning in Suid-Carolina beteken egter nie dat die leierskap van die Republikeinse Party en ander leiers in die konserwatiewe beweging in die VSA warmer vir sy kandidaatskap sal word nie, skryf Jaco Kleynhans.
New Hampshire bevestig revolusie in VSA-politiek
Die vraag wat politieke kenners hulself solank kan begin afvra, is wat op die populistiese oorname gaan volg? Populisme is goed om revolusies te laat plaasvind, maar glad nie goed om stabiele regerings te help vestig nie.