As jy saam met jou gesin die skares wil vryspring, luilekker op ’n stoep wil kuier, en weer na aan die natuur wil voel, is dit plaas toe met julle! Hierdie pragtige plase het hope doendinge vir die hele gesin.
Alles vir die sleutelwoord "LekkeSlaap"
Ontspan by dié openbare swemplekke
Die somer het nou behoorlik begin vlam vat en wie wil nou nié na ’n lang, warm werksdag of op ’n soel Saterdag of Sondag ’n bietjie afkoel in die water nie?
Agt romantiese plekke om die liefde te gaan vier!
Wil jy die liefde in die bos, langs die see, in die woud of in die Karoo gaan vier? Hier is ‘n paar romantiese plekke wat behoorlik aan julle hartsnare sal pluk!
Besoek vanjaar dié vooruitstrewende plekke
Plaaslike inwoners van verskeie dorpe verduidelik waarom hulle bestemmings so gewild is.
Selfsorgwenke vir jou Somervakansie
Die somer is uiteindelik hier ─ jy sien al maande lank uit na jou welverdiende somervakansie en dis byna tyd om jou tasse te pak. Maar wanneer jy ’n selfsorgvakansies beplan, is daar egter meer om aan te dink as net watter klere jy moet inpak. Hier is ‘n lysie propvol wenke.
Lekker doendinge by LekkeSlaap se gewildste vakansiebestemmings
Laat staan vir ’n oomblik jou dagtake en kyk watter wonderlike doendinge by dié sewe gewildste vakansiebestemmings vir jou wag, dan is die vakansie ook sommer ’n paar minute nader!
Ontsnap na stiller strande dié somer
Om ’n stil strand oor die feestyd op te spoor is nie maklik nie, maar hier is ’n klompie voorstelle en sommer nog blyplekke daarby wat moontlik steeds beskikbaar is!
Langpadwenke vir die Desembervakansie
Jou vakansieverblyf is lankal bespreek, jy is uiteindelik met verlof en die motor is gelaai ─ al wat nóú nog tussen jou en ’n welverdiende blaaskans staan, is die langpad!
10 skitterende swembaddens vir die somer
Die somer is hier en dit beteken dis weer tyd vir swem, sonbaai, stap op die strand en smul aan draairoomys. Hier is ’n paar bobaas-blyplekke met skitterende swembaddens waar jy dié snikhete somer alte lekker kan afkoel.
10 braaiplekke vir Erfenisdag
Suid-Afrikaners is mos maar mal oor ’n stukkie braaivleis, en as jy nog ’n plekkie soek om dié Braaidag ’n tjoppie oor die kole te gooi, sal ons vir jou wys waar!
Jou walviskyk-gids in Suid-Afrika
Suid-Afrika is een van die beste walviskyk-bestemmings ter wêreld en ons is elke jaar van Junie tot November bevoorreg om dié majestueuse soogdiere in die water te sien baljaar. Hier is ’n maklike gids sodat jy presies weet wáár om vanjaar walvisse te gaan kyk!
Jou bobaas-blommekykgids vir 2017
Dié blommekykgids vir beginners sal jou help om behoorlik jou eie blommekykreis voor te berei.
2017 se top-winterbestemmings
Verbeel jou jy kuier knus voor die kaggel met ‘n koppie koffie en ‘n boek… Ja-nee, die winter gee ’n mens oorgenoeg redes om ’n winterwegbreek te bespreek!
Breek weg na ons land se top-sneeubestemmings
Dis ysig koud van kus tot kus en oral tussenin, maar as mens in die sneeu kan baljaar maak jou ysige vingerpunte darem sin!
Sewe redes vir winterwildkyk
Wie’t nou lus vir wegbreek in die winter? Winter is ’n tyd vir hiberneer en voor die kaggelvuur sit met ʼn beker Milo… Of so het jy gedink!
ʼn Mengelmoes idees vir koue winters
Wonder jy nog wat jy dié winter kan doen om die koue te verdryf? Hier is 15 doendinge eie aan ’n winter in Suid-Afrika wat hope pret en plesier vir jonk en oud beloof!
10 sakpas-naweekwegbreke naby Gauteng
As jy moeg is vir die stad se gedruis, ure se gesit in die verkeer en e-posse wat onophoudelik instroom, is ’n vinnige naweekwegbreek nét die ding om jou siel te verkwik. Met dié lekker lys sal dit nooit weer nodig wees om ’n naweek tuis deur te bring nie.
Hiér is die herfs op sy mooiste
Herfs se bekoring lê nie net in die seisoen self nie, maar ook in die oorgang na winter wanneer die meeste blare al afgeskud is en onder jou skoene kners…
15 betowerende woudwegbreke in Limpopo
Rooikappie, Sneeuwitjie en die Slapende Skoonheid ─ wat het dié sprokies in gemeen? Woude, natuurlik! As jy al ooit gewonder het waarom soveel sprokies in woude afspeel, is dit hoogtyd dat jy jou eie feëverhaal met ’n woudwegbreek bewaarheid.
Reis met troeteldiere: Voordele en Raad
Moes jy dié Paasvakansie weereens koebaai waai vir Wagter wat jou met verlangende oë agter die hondeherberg se tralies dophou soos jy op die horison verdwyn? As troeteldier-eienaar is dié besluit wanneer jy ’n vakansie beplan waarskynlik keer op keer ’n taamlike tameletjie.