Die vyfde eendagwedstryd Donderdag op St Georgepark tussen Suid-Afrika en Indië het vir die gasheerspan op ʼn goeie noot afgeskop.
Lees meerAlles vir Dinsdag 13 Februarie 2018
DA is onbillik, sê advokaat vir Kaapstad-burgemeester
Die Demokratiese Alliansie is onbillik en probeer om Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille, sonder behoorlike regsprosedure ontsetel, het haar regspan Dinsdag aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê.
Flou optrede teen Zuma dui op groot interne verdeeldheid
Die ANC se huiwering om kragdadig op te tree om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak, dui op groot interne verdeeldheid in die regerende party en vrese van die ANC-leierskap dat die party kan skeur indien daar sterker teen die president opgetree word.
Sakemanne verwelkom ANC-besluit oor Zuma
Business Leadership South Africa (BLSA) en Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (SAKKN) het Dinsdag die besluit deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee, om pres. Jacob Zuma te herroep, verwelkom.
Advokaat vurig in verdediging van Henri van Breda
Adv. Piet Botha het Dinsdag ʼn vurige verweer in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer vir sy kliënt, die moordbeskuldigde Henri van Breda en regter Siraj Desai moes hom in ʼn stadium versoek om te “bedaar”.
Werkloosheidkoers daal effens
Suid-Afrika se werkloosheidkoers het na 26.7% gedaal in die laaste kwartaal van 2017, van 27.7% in die vorige drie maande, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdag gesê.
Zuma se herroeping nie die papier werd waarop dit geskryf is nie, sê DA
Die skrywe wat die ANC aan pres. Jacob Zuma oorhandig het om hom te herroep, die party wat hom ontplooi het om as staatshoof op te tree, is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie, het die Demokratiese Alliansie Dinsdag gesê.
ToekomsVenster: Hoekom vra die kerk so baie kere vir geld?
Here, baie dankie dat ek kan bydra tot ’n goeie saak. Ek bid dat my offergawes ’n groot verskil sal maak in die lewe van ander en dat baie van U sal hoor.
Foto’s: Trouklokkies lui vir bekende sangerspaar
Die troufoto’s is Dinsdag eksklusief deur die bekende aanlyn tydskrif Troukoors gepubliseer.
Plan vir Kaapstad se onvoltooide hoofweë kry momentum
Die Stad Kaapstad het ʼn voorlopige bieër vir die ontwikkeling van die Roggebaai-gebied in die middestad aangewys wat beoog om die onvoltooide hoofweë in die middestad te voltooi en verder ook behuising in die gebied op te rig.
Kaapstad-waterkrisis: Waterverbruik bereik rekord-laagtepunt
Dag Zero is intussen ook verder aangeskuif.
Die wêreld in foto’s – 13 Februarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Zuma moet nou besluit
Die politieke galgestrop is om pres. Jacob Zuma se nek en môre is die dag waarop hy sy eie politieke lewe gaan neem – of die ANC gaan dit vir hom doen.
Wanderlust: Hoofstuk 2
Maar ek hou van daai tyd af van kampvure en swartpotte en koffieketels met regte koffie. Ek maak ook “moer-potte” en gooi enige ding wat ek in die hand kan kry bymekaar. En ons kyk vandag nog sterre en geniet stiltes en wonder oor goeters wat mens nie kan sien nie …
Man op Pta-kleinhoewe aangeval
“Hy het nie diefwering op die boonste vloer nie, hy het wakker geword van hulle wat deur die venster op hom spring.”
Sewe flieks – net betyds vir Valentynsdag
Verlang jy na die dae toe daar nog nie iets soos “It’s Complicated” bestaan het vir ʼn verhoudingstatus nie? Toe romanse gesteelde oomblikke saam met jou geliefde beteken het en karakters in flieks oor die liefde mekaar, wel, liefgehad het? Hier is ‘n paar flieks spesiaal vir Valentynsdag – net vir jou!
Bylmoorde-saak: ‘Onus rus op staat om saak te bewys’
Die verdediging het ook aangevoer dat die omstandigheidsgetuienis wat deur die staat voorgehou is die beskuldigde se weergawe ondersteun en nie die staat sʼn nie.
Jacob Zuma herroep
Pres. Jacob Zuma is Dinsdag deur die ANC herroep.
Metrobeamptes vang man met brandweerradio
Beamptes van die Tshwane-metropolisie het ʼn personeellid van ʼn private ambulansdiens in hegtenis geneem nadat ʼn brandweerradio glo in sy besit gevind is.
Staatsbegrafnis vir grootse Wallaby
Die regering van Nieu-Suid-Wallis het ʼn staatsbegrafnis aangebied vir die beroemde Wallaby-voorspeler Nic Shehadie (91) wat Sondag in Sydney oorlede is.