Jy sal dit nie in rugby kry dat die derde en die vyfde beste spanne ter wêreld ondersteuners oor sewe weke absoluut geboei hou nie, maar dit is wat die As-reeks van Donderdag af in Brisbane sal doen.
Lees meerAlles vir Woensdag 22 November 2017
Mnangagwa sal Vrydag ingesweer word
Die afgedankte adjunkpresident van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, sal Vrydag as die staatshoof van dié land ingesweer word.
Gupta-broer het my geïntimideer, sê oud-Eskom-voorsitter
Tony Gupta, een van die broers wat geïmpliseer word in bewerings van staatskaping in Suid-Afrika, sou die voormalige raadsvoorsitter van Eskom vra vir sakegunste, en as hy geweier het, het Gupta gedreig om hom by uBaba aan te meld, het LP’s Woensdag gehoor.
Esidimeni-verhoor: Getuie vertel van sussie se verkragting
Die getuie het gesê haar familie het eers van die verkragting te hore gekom nadat sy drie dae lank in die bed gebly het.
Nuwe polisiekommissaris aangestel
Pres. Jacob Zuma het Woensdag Suid-Afrika se nuwe nasionale polisiekommissaris aangestel.
ANC ‘onthuts’ oor gebeure in Zimbabwe
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die party was onthuts oor die militêre oorname in Zimbabwe wat Robert Mugabe se 37 jaar lange bewind tot ʼn einde gebring het.
Parys-boere: Tjixa ‘in diep slaap’ ure voor hy sterf
Om 05:00 die oggend van 7 Januarie 2016 het ʼn verpleegster by die staatshospitaal in Parys, waar Samuel Tjixa ʼn pasiënt was, op haar notas aangedui die pasiënt toon geen reaksie nie, sy bloeddruk is baie laag, hy is op 100% suurstof en het ʼn bruinerige afskeiding uit sy neus en mond. Om 06:00 was hy dood.
Afrigter dan in hof oor seksuele aanranding van seuns
Die voormalige waterpolo-assistentafrigter van Parktown Boys’ High School in Johannesburg wat tereg staan op 160 aanklagte wat strek van seksuele aanranding en verkragting tot poging tot moord, het Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.
ToekomsVenster: Die kerk, God se proeftuin
“Help ons om mekaar in liefde te omhels en te versorg. Help ons om voete te was! En help ons om so te lewe dat die mense iets van Uself in die kerk raaksien. Maak ons ʼn advertensie van die evangelie.”
Vermiste man dae later in rotsskeur op plaas gevind
“Ek was nog nooit so bly om iemand te hoor hoes nie.”
Hoekom nóg optogte en aksies ná Swart Maandag nodig is
Johnny Muller, ’n boer van Frankfort in die Vrystaat, wat op 23 September op sy plaas aangeval en in die kop geskiet het, is ook ten gunste van die optog. “Ek gaan saamstap omdat ek dit genadiglik oorleef het. Mense moet deelneem sodat die wêreld kan sien wat in Suid-Afrika aan die gang is.”
[Foto’s] Tsitsikamma: Plek van sprankelende water
Op die snelweg na die Tsitsikamma blom die fonteintjiebos dié tyd van die jaar al langs die pad in pers trosse teen die donkergroen inheemse woud. Broccoli-bome, noem ons seuns dié woude, skryf Carina Stander.
Swart Vrydag: Pasop vir skuld
Kyk hier watter winkelgroepe is deel van Swart Vrydag en kenners se raad.
Die wêreld in foto’s – 22 November 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Man voor kleinkinders met panga aangeval
Koos Ludeke was op die punt om die plaas saam met sy kleinkinders verlaat toe hy sien sy voertuig se band is pap.
Afrikaans oor die nuwe eter
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het ʼn simposium aangebied oor “Afrikaans oor die nuwe eter” waarin daar besin is oor die posisie, rol en moontlikhede van en vir Afrikaans in die uitsaaiwêreld
Akteur geloof ná hy vrou (63) uit motorwrak ‘red’
Die polisie in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië het die akteur Harrison Ford vir sy braafheid geloof nadat hy vandeesweek ʼn 63-jarige vrou uit ʼn motorwrak “gered” het.
Anika-saak: Maat vertel oor gerugte by skool
Maxie de Kock, die vrou wat saam met Anika Smit (17) op skool was toe sy in 2010 in die noorde van Pretoria wreed vermoor is, het Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof tydens die geregtelike ondersoek na haar dood getuig.
[Video] Dié Kersadvertensie roer die hartsnare
Dié advertensie beloof om die hartsnare te roer, nostalgie aan te wakker en om jou in die Kersluim te plaas.
Parys-boere: Verskeie onbeantwoorde vrae
ʼn Mediese dokter wat Woensdag tydens die sogenaamde Parys-boere-moordverhoor getuig het, kon verskeie van die vrae wat tydens kruisondervraging aan hom gestel is, nie beantwoord nie.