Laesecke was een van verskeie mense wat aangekla is van die reël van ʼn onwettige byeenkoms en verkeersontwrigting in verband met die Swart Maandag-optogte wat landwyd gehou is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Swart Maandag"
Feiteblad: Wat jy van plaasaanvalle behoort te weet
AfriForum glo dat dié aanvalle as prioriteitsmisdade erken en hanteer moet word. Die Suid-Afrikaanse regering se traak-my-nie-agtige-houding jeens die krisis is oorverdowend.
Nuuskommentaar: Koos Kombuis se Damaskus-oomblik oor plaasaanvalle
Koos Kombuis het al tevore erg deurgeloop oor sy stellings oor plaasaanvalle. Swart Maandag het egter by hom ’n kentering teweeg gebring sodat hy die dag self swart gedra het, blyk uit ’n nuwe rubriek.
Hoekom nóg optogte en aksies ná Swart Maandag nodig is
Johnny Muller, ’n boer van Frankfort in die Vrystaat, wat op 23 September op sy plaas aangeval en in die kop geskiet het, is ook ten gunste van die optog. “Ek gaan saamstap omdat ek dit genadiglik oorleef het. Mense moet deelneem sodat die wêreld kan sien wat in Suid-Afrika aan die gang is.”
Potch-student skuldig ná Swart Maandag-plasing
ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wat op Swart Maandag ʼn gewraakte inskrywing op Facebook gemaak het, is skuldig bevind nadat sy deur die universiteit aangekla is.
Ek is ʼn burger van God se ryk
As gelowige is dit by tye baie uitdagend om te onderskei hoe die Here wil hê ʼn mens, gegewe die provokasie, moet optree. Ek moet myself gedurig aan ʼn aantal realiteite herinner sodat ek nie koers verloor en die vlaktes inhardloop nie.
Antwoord op ANC woordvoerder se brief
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het dié ope brief aan die woordvoerder van die ANC, Zizi Kodwa, geskryf as antwoord op Kodwa se brief aan die organiseerders van die Swart Maandag-veldtog.
‘Rassistiese’ Swart Maandag-plasing: Student voorheen skuldig
Die student aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat op Swart Maandag rassistiese uitlatings teenoor wit mense gemaak het, is voorheen aan wangedrag skuldig bevind.
VL sê oor massa-optog teen plaasmoorde
Te midde van die nasionale bewusmaking rondom plaasaanvalle wat deur die Swart Maandag-optogte ontketen is, het Vrystaat Landbou gesê hy sal nie sy lede aanmoedig om deel te neem aan ʼn massa-optog teen plaasmoorde wat vir 25 November beplan word nie.
ANC-segsman skryf ope brief oor Swart Maandag
Zizi Kodwa, die ANC se woordvoerder, het in ʼn ope brief aan die organiseerders van verlede week se Swart Maandag-optog gesê hy glo hul pogings om die vlaag plaasmoorde te bestry is eg ondanks sekere mense wat “die geleentheid vir hul eie eng belange gekaap het”.
ANC segsman se ope brief oor Swart Maandag
Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het hierdie ope brief aan die organiseerders van Swart Maandag-veldtog geskryf:
Só is fopnuus gebruik om die Swart Maandag-veldtog te kaap
Marie-Louise Antoni skryf oor die gewetenlose metodes wat deur Suid-Afrika se ras-ultragroep gebruik is om die land se rassediskoers te verdraai.
Velkleur gee jou minder regte
Die laaste tyd het die flagrante dubbele standaarde in die Suid-Afrikaanse politiek alle perke oorskry. Dis dié dubbele standaarde wat ’n mens se bloed onwillekeurig laat kook.
Lesersbrief: Teen wie word nou gediskrimineer?
As die politici hulle ideologiese oogklappe kan afhaal, sal hulle miskien die volgende vraag kan beantwoord: “Van wanneer af is om onderskeid te kan tref, gelykstaande aan diskriminasie?”
Swart Maandag: Wat beteken jou (ou) vlag dan, Suid-Afrika?
Die herrie rondom die ou vlag het veroorsaak dat die seer en die noodkreet nie gehoor is nie. Die gevolg is dat die ou vlag nie verban is nie, maar wel dat die stem van mense wat gemoor en gemartel word, stilgemaak is.
Herrie oor ou landsvlag verskuif fokus van #SwartMaandag
“Opportunistiese joernaliste het egter meegedoen aan die verspreiding van stokou foto’s om die geloofwaardigheid van die geleentheid te probeer krenk, maar in die proses het hulle hul eie geloofwaardigheid ondermyn.”
Om te staak of nie te staak nie
Ons Mango-lede en die #SwartMaandag-protes teen plaasmoorde en -aanvalle het egter gewys dat daar ʼn tyd en plek vir openbare protes en “straat-aktivisme” is wanneer ons wil seker maak ons boodskap word gehoor wanneer ons geduld opgeraak het.
Herrie oor nóg ʼn student se Swart Maandag-uitlating
“Like…All this killing wouldn’t be necessary if you had just GAVE BACK THE LAND!!!!” [sic]
‘Malema ken nie die Afrikaner nie’
“Suid-Afrika het nou sterk leiers nodig om kalm en koelkop te bly in ’n tyd waar emosies hoog loop. Uitsprake soos dié van Malema skep rassespanning en kan nie bekostig word nie.”
Potch-student by MRK verkla oor ‘rassistiese’ Swart Maandag-plasing
“Suid-Afrika is op ʼn mespunt wat rassepolarisasie betref en ons kan net eenvoudig nie meer sulke uitsprake aanvaar nie.”