Hier is jou kans om in Maroela Media se eie musiekvideo van ons Plattelanders-liedjie te verskyn!
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Plattelanders"
‘Plattelanders’-kunstenaars binnekort in Centurion-teater
“Ons sing beter as wat ons dans. Kom kyk self,” het Mighael van der Walt op sy Facebook-blad geskryf. Muller Brandt meen jy kan sommer die hele gesin saambring. “Dit gaan ʼn gesellige aand van musiek, stories en dalk ʼn paar puns wees,” het hy geskryf. Van der Walt en Brandt tree op 3 Desember in die Centurion-teater in Pretoria op.
Hiér is Maroela Media se eie liedjie, Plattelanders!
Ons kuier so lekker saam hier op Maroela dat ons besluit het dis tyd vir ons eie Maroela-liedjie!
Radiodrama: ‘Plattelanders’ – episodes
Plattelanders is Maroela Media se nuwe radiovervolgverhaal van 120 episodes. Kom ontmoet die kleurryke karakters van Maroela-fontein. Kom deel in hulle lief, leed en natuurlik drama.
‘Plattelanders’: Nuwe radiodrama vol spanning, liefde en humor
Maroela Media se opname‑ateljee is weer die afgelope tyd in rep en roer soos Bettie Kemp en haar span akteurs werskaf om weereens vir gemeenskapsradiostasies ʼn splinternuwe radiodrama te bied. Dié radiovervolgvervaal, uit die pen van Joe Kleinhans, het hoof‑ sowel as spanningvolle storielyne wat só verweef is om die luisteraar vasgevang te hou.