Byna al die werkers van Pikitup, Johannesburg se vullisverwyderingsmaatskappy, het Maandagoggend vir werk opgedaag nadat sy vyf weke lange staking tot ʼn einde gekom het.
Alles vir die sleutelwoord "Samwu"
Ooreenkoms tussen Rand Water en vakbonde bereik
Rand Water het Maandag gesê die onderhandelingsproses met vakbonde is nou afgehandel.
Rand Water-staking dreig steeds
Die munisipale vakbond Samwu het Vrydag gesê hy gaan sy lede raadpleeg oor ʼn nuwe loonaanbod wat Rand Water gemaak het om ʼn dreigende staking by die reuse-watervoorsiener te verhoed.
Samwu distansieer homself van ‘chaotiese’ Kaapstad-optog
Die munisipalewerkersvakbond Samwu het Donderdag gesê die plundery van straatverkopers se stalletjies tydens ʼn optog deur die vakbond was die werk van “opportuniste en misdadigers”.
SAMWU betoog Woensdag in Kaapstad
Die stad Kaapstad het Dinsdag ʼn kennisgewing aan inwoners en sake-ondernemings in die middestad van Kaapstad uitgestuur dat lede van SAMWU Woensdag ʼn optog na die Burgersentrum sal hou om ʼn memorandum aan beamptes van die stad te oorhandig.
Antwoorde gesoek oor metropolisie-hoë se aanstelling
Die munisipale vakbond Samwu het die Tshwane-metroraad versoek om te verduidelik hoe ʼn senior metropolisiebeampte aangestel is nadat sy na bewering haar kwalifikasies vervals het.
Samwu-lede geteister, met pepersproei gespuit
Lyfwagte van Samwu-leiers het Woensdag glo vakbondlede by sy kantoor in Johannesburg rondgestamp en met pepersproei gespuit om hulle te verhoed om die gebou te betree, het The Star Donderdag berig. Daar is glo ook skote gevuur.