ʼn Vrou van Limpopo was onlangs by haar werk toe die natuur geroep en sy onwetend dieselfde toilet gekies het waarin ʼn Mosambiekse spoegkobra lafenis van die bloedige Thabazimbi-hitte gaan soek het.
Alles vir die sleutelwoord "slange"
Glibberige ryloper verras sanger in kar
Die sanger Andries Hendrik Potgieter het moontlik vir tot drie dae sy motor onwetend met ʼn glibberige ryloper gedeel wat vermoedelik ná ʼn musiekfees in Limpopo saam met hom en sy vrou na Pretoria gereis het.
Seun sterf ná swartmamba hom pik
ʼn 11-jarige seun is Woensdag dood nadat ʼn swartmamba hom in Botswana gepik het.
Honderde slange in motorhuis gevind
Ondersoekbeamptes wat moes vasstel of ’n Amerikaanse man werk terwyl hy met ongeskiktheidsverlof is, was uit die veld geslaan toe hulle ontdek dat Richard Parrinello 850 slange in sy motorhuis aanhou en onwettig van sy huis af vir ‘n ekstra inkomste verkoop.
Dwelmhandelaars gebruik krokodille, slange
Dwelmhandelaars in die noorde van Australië maak glo van slange en krokodille gebruik om hul voorraad te beskerm, het polisiebeamptes in Queensland Maandag gesê.
Poskantoorwerkers kry onaangename verrassing
Werknemers by die Sabie-poskantoor in Mpumalanga, het die skrik van hulle lewe gekry toe vier lewendige slange Maandag uit ʼn pakkie geseil het.
Slange bly glo in PTA-departementele gebou
Twee gevaarlike slange is glo verlede week in die departement van arbeid se gebou in die middestad van Pretoria opgespoor.